Eerste poging

Goed hier gaan ons. Nadat ek nou al vir ‘n rukkie lank ander mense se blogs gelees het (en self so false poging gehad het op ‘n stadium) gaan ek nou probeer om ook deel van hierdie aktiwiteit te word. Sal maar sien hoe dit gaan. Miskien los ek die storie na ‘n rukkie.

Waaroor ek sal skryf weet ek nognie. Miskien sal dit sommer sulke filosofiese gedagtes wees of dalk maar verbale diarree.

8 Responses to “Eerste poging”

  1. Roer Says:

    Baie welkom Flippie.

  2. flippiefanus Says:

    Baie dankie Roer

  3. Rustig Says:

    Welkom by die kring van “bloggers”. Dit het my ook amper 4 probeer slae gevat voor ek besluit het dit is nou die laaste en ek gaan deur druk. Is lekker soms raak die woorde maar op. Dit raak net beter soos dit aangaan.
    Sien op Emil Jung jy sĂȘ jy was in Kanada. Ek het juis aansoek gedoen om te immigreer na Kanada. Woon al amper 11 jaar in Europa. Nog steeds SA burger.

  4. flippiefanus Says:

    Rustig, dankie vir die inloer. Ek het al na jou blog gaan kyk en dit lyk asof jy nogal interessante wedervaringe gehad het daar in Europa. Ek stel ook nogal belang in kook. Sal so nou en dan jou kook idees uitprobeer.

  5. Rustig Says:

    Jy is baie welkom!

  6. Sonkind Says:

    Skryf oor enige iets, maar SKRYF net. Dis lekker vir ons om te lees en dis terapeuties om te skryf.

    Baie welkom! Jy moet net langer bly, dan sien jou hoe lekker raak dit :lol:

  7. Zee Says:

    Ek lees flippiefanus orals rond en moes maar ook net kom loer!

  8. flippiefanus Says:

    Zee. Dankie vir die inloer.

Leave a Reply