Ek blog nie meer nie, ek woer nou net.
Nee, nee, moenie verkeerd verstaan nie. Dis nie dat ek nou gaan ophou nie.
Die woord “blog” val nie vir my so lekker op die tong tussen die ander Afrikaanse woorde nie, veral omdat dit nie die Afrikaanse “g” bevat nie maar die Engelse “g” wat nie so lekker pas nie. As mens dit met die Afrikaanse “g” uitspreek dan klink dit weer amper soos “bog”. Wie wil nou hê sy of haar blog moet met bog verwar word?
So toe dink ek mens moet ‘n mooi Afrikaanse woord kry vir “blog”. Soos almal weet kom “blog” van “web log” af. So wat is dit in Afrikaans? Seker maar ‘n “web joernaal”. Dis 3 lettergrepe, veels te lank. Nou kom ons maak dit korter en noem dit ‘n “woernaal”. (Ek sit nou al klaar en giggel terwyl ek dit skryf.) ‘n Woernaal is dan nou ‘n mens se blog. Die werkwoord blog is dan sommer net om te “woer.” Vandaar die opskrif. Nou wat is ‘n blogger dan? Ag seker maar ‘n “woeraar”.
Hier is huiswerk. Skryf bietjie … die gebloggery van die bloggers op hulle blogs. OK ek sal maar die antwoord gee: Die gewoer-woer van die woeraars op hul woernale.
So wat dink julle daarvan?
Cool
Lekker woer-woer!!!
Ek woer van woerer se woernale oor die woersfeer.
Flippie, ‘n jonge kuiken het jou hier voorgespring!
Gaan kyk bietjie hier:
http://mywoek.wordpress.com/oor-mywoek/
Slim kind, dink ek!
Dankie Boendoe! Ja, my Afrikaanse woord vir blog is woek. Gaan kyk maar self hoe ek hier by ytgekom het.
Ons kan lekker woer-woer
Baie dankie Wippie en Sammi
boendoe: ja toe spring die springkuiken my voor.
Ruhan: So ek woer en jy woek.
Ek het so bietjie gaan kyk na jou woek. Heel oulik. Jy het net lanklaas iets geskryf. Seker maar besig met die skoolwerk.
Rosa: ja om te woer-woer is baie lekker
Jup! Lanlaas geskryf want die luigeid oorval my behoorlik!
Ruhan Skryf weer vir ons bietjie oor jou skool ervarings of iets. As jy so nou en dan ander ouens se blogs (of woeks) besoek en dan daar kommentaar los gaan jy dalk meer interaksie kry en dan raak dit al lekkerder. Dan verdwyn die luigeid sommer vanself.
Cool!
ons gaan woeks en woer-woer….klink my al hoe beter!
Jy woer, Ruan woek, sommige van ons wroeg. Nee o hel – dit klink amper soos die gezoem van die bye
KOm ons speel woer-woer hier op die woere. LOL!
Kuberjoernaal waarop mense insrywings maak?
Nee wat woer klink beter.
Namens alle Afrikaanssprekendes wil ek jou graag vir hierdie woord bedank. Ek gaan dit beslis gebruik. Woernaal. Fantasties.
Wat noem ons Email in Afrikaans? E-pos en posduif is te verbeeldingloos.
Alle geval, Catherine het een gestuur.
Tussen die gewoer en gewoek gaan dit dalk woes raak!
Krista: dankie
Rosa: Ek hoop so.
Sonkind: die gezoem van die woere.
Carina: welkom
Nelba: Ek hou van woorde met min lettergrepe.
Bertus: Bly jy hou daarvan.
Sammi: ek het hom gekry, dankie
Dellie:
FF – so, iemand wie rondswerf van woernaal na woernaal, hier ietsie lees en daar ietsie kyk, is besig om te woertoer? En wanneer daar nou iemand is wie so ietwat sy cool verloor en opgewonde kommunikeer, is hy besig om te woermoer?
KrisKras:
mens kan regtig oorboord gaan met al die moontlikhede lyk dit my.