Twee koeke

Die paadjie waarlangs die klein prinsie stap eindig meteens in ‘n pragtige tuin. In die middel staan daar ‘n groot gewelhuis met ‘n digte laag rankplante wat die huis versier. Die prinsie herken die huis. Dis sy tante, die hertogin, se huis. Hy is baie lief vir sy tante, so onmiddelik vergeet hy sy sorge en hardloop na die voordeur. Die deurwag laat hom in en lei hom na waar die hertogin in die ontspanningskamer sit ek boek lees.

“Prinsie! Wat ‘n aangename verrassing!”

“Goeie dag tante”

“Maar is dit nie dan vandag jou verjaarsdag nie? Jammer dat ek nie by jou partytjie kon wees nie, maar ek moes vanoggend ‘n belangrike gas onthaal.”

Die prinsie dink terug aan sy partytjie en voel so bietjie sleg dat hy dit sommer so verlaat het.

“Prinsie, kom saam met my. Ek het ietsie vir jou.”

Die hertogin staan op en lei die prinsie na die eetkamer. Op die tafel staan daar twee koeke. Een is met blou versiersuiker versier en die ander een met rooi versiersuiker.

“Kies van watter een van die twee koeke jy ‘n stukkie wil hê dan sny ek dit vir jou.”

Sonder om eers lank oor die saak te dink sê die prinsie, “Altwee!”

“Nee prinsie dis te naby aan ete. Jy kan net een stukkie kry. Ek gaan gou kombuis toe om met die kok te praat oor vanaad se ete. As ek terugkom vertel jy vir my watter een jy gekies het.”

Net toe die hertogin by die deur uit is kom daar ‘n rooi skoenlapper deur die oop venster ingevlieg. Dit vladder tot bo die rooi koek en bly daar vladder. Terselfdertyd verskyn daar ‘n klein onnatuurlike liggie, amper soos ‘n vuurvliegie, wat bokand die blou koek sweef.

Verwondered staar die prinsie na die rooi skoenlapper bo die rooi koek en na die onnatuurlik liggie bo die blou koek. Watter een moet hy kies? Hy staan daar met sy wysvingertjie waarmee hy so op sy saamgepersde lippies tik terwyl sy ander hand sy elmboog vashou.

Watter een gaan hy kies?

14 Responses to “Twee koeke”

  1. flippiefanus Says:

    Ai al julle woerloerders, julle moet ‘n lekker naweek he^. Ek gaan bietjie wegbreek die naweek. Woer weer volgende week verder .

  2. annerkant Says:

    Laaste by die vorige inskrywing, maar wraggies eerste hier. :) Hoop nie ek raak nou te voor op die wa nie. :)
    Flippiefanus, hoop jou naweek het jou batterye goed gelaai! Wanneer jy terugkom moet jy asseblief uit kom le, ek kan nie die simboliek verstaan nie. Dit gaan waarskynlik oor keuses, maar hoe kies ‘n mens tussen ‘n liggie (wat jy dink onnatuurlik is) en ‘n skoenlapper? Keuse tussen die natuur en die bo-natuurlike? Kan tog nie wees nie. Hoop Mefri maak ‘n draai. Sy sal verseker weet! :)

  3. Sonkind Says:

    Ek sou raai die prinsie kies die blou koek. n ek gaan nou ‘n wilde raai vat met die uitleg. Die liggie bo die blou koek is nie regtig onnatuurlik nie – dis die lig wat die prinsie se pad figuurlik sal aanwys.

    Die skoenlapper is ‘n verleiding om die prinsie te verlei om die rooi koek te kies, maar ‘n skoenlapper is eintlik ‘n wurm van oorsprong – so dis nie iets goeds nie.

    En nou dink ek dat ek ‘n spul onsin kwytraak – Mefriiii!!!! Kom help!

  4. Emil Says:

    Lekker naweek. Na al die gesprekke is ‘n goeie rus geoorloof :wink:

  5. Mefri Says:

    ʼn Briljante voorstel Emil, geniet die naweek en lekker rus.

  6. Sammi Says:

    Rooi en blou koeke?
    Ek dink nie een van die twee nie.
    Flippie, ek hoop jy het ‘n heerlike naweek!

  7. flippiefanus Says:

    Aaa dit was nou ‘n lekker naweek. Ek het nou weer krag vir die werk. Hopenlik kan ek uithou tot Kersfees vakansie tyd. Dankie vir al julle goeie wense.

    Annerkant, nee jong die idee is nie hier dat ek dit vir julle uitle nie. Julle is welkom om soos Mefri en van die ander te se^ wat julle hieronder verstaan. Miskien sal ek eendag die hele storie uitle, maar die storie is nognie klaar nie … (Ek is al amper bang dat die regte uitleg julle sal terleurstel :oops: )

    Sonkind, miskien het jy ‘n punt beet, ;-) maar dalk oor ‘n ander rede.

    Emil en Mefri: dankie ek het lekker gerus. :-)

    Sammi: Dankie. Nie een van die twee nie? ons sal maar moet sien. ;-)

  8. Sammi Says:

    Flippie – Jy’s terug!! :grin:
    Hoop jy is goed genoeg uitgerus vir die volgende episode.

  9. annerkant Says:

    Almal te bang om ietsie op die tafel te sit? :) Ek begin hierdie storie geniet. Wel, ek soek asseblief ‘n stukkie van elke koek, anders wil ek niks he nie. ;)
    Flippiefanus, bly jy het so lekker uitgerus!

  10. flippiefanus Says:

    Sammi, dalk binnekort. :-)

    Annerkant jy sal eers vir die hertogin moet vra. ;-)

  11. Mefri Says:

    Ek dink nie jy vra regtig vir ons watter kleur koek hy gaan kies nie of grou en alweer te diep?

    Op die oog-af lyk die omstandighede dieselfde waarin die nuwe keuse gemaak moet word.

    Die eerste keuse word ‘op eie stoom’ gemaak en in die tweede geval word hy ʼn keuse gebied’ en tyd om daaroor te besin- voorheen het hy impulsief gereageer sonder voorkennis van die gevare – daar was nagevolge en hy moes self sy pad terugvind gedagtig aan die gevare, en die hindernisse (brug) . Sy bestemming was nog in sig, daarom neem ek aan dat hy nie moed-op gee of innerlike donkerte ervaar nie.

    Hy ‘dink’ en ‘oorweeg’ nou en hy ‘dink terug’ en ervaar ʼn gevoel ‘sleg = spyt’- en hy het die ‘nagevolge’ op sy besluit ervaar.

    Die vraag is: het hy geleer deur sy vorige ervaringe en is hy opgewasse om die ‘lesse en nuutgevonde kennis’ te implementeer – is nog jonk en onervare ten opsigte van besluitneming.

  12. flippiefanus Says:

    Mefri ja dis eintlik Prinsie wat homself afvra wat om te kies. maar dis so gestel dat die leser ook sommer daaroor kan dink.

    Merkwaardig die hele kwessie van die nagevolge en of mens daaruit leer. Die gevolge van impulsiewe besluite het ‘n neiging om nadelig te wees.

  13. Mefri Says:

    Ek het maar moeilik geleer aan hierdie les, en soms vergeet ek wat ek geleer het – dis dan wanneer ek wens dat my voet my eie sitvalk kan bykom.

  14. Die finale besluit … vir nou « Flippiefanus Says:

    [...] kan sien dat hy nie weet watter koek om te kies [...]

Leave a Reply