Sterretjies en die internet
So rukkie terug het Johan Swart gewonder of daar al meer “files” op die internet is as sterretjies in die waarneembare heelal. Wel tipies nerd het ek gedog dis nogal ‘n interessante uitdaging om aan te pak. Aanvanklik het ek gedog ek sal dit sommer self probeer estimeer, maar ‘n vinnig paar soektogte op die internet het gewys dat die informasie baie makliker bekombaar is. (Pretbederwers!) Nogtans het ek besluit dis tog interessant om dit te vergelyk.
Wat die “files” op die internet betref neem ek aan mens kan kyk na die aantal webblaaie. Ek besef dis nie heeltemal dieselfde nie maar die verskil behoort minder as ‘n grootte orde te wees. Wat die aantal webblaaie betref het ek die volgende aanhaling gekry.
The Internet contains over 2.1 billion pages (July 2000 estimate by Cyveillance). Every day more than 7 million new pages are being added. It is predicted that there will be more than 4 billion pages by early 2001.
As mens nou die aanname maak dat die internet eksponensieël groei dan impliseer hierdie informasie ‘n verdubbelingsperiode van omtrent 200 dae. Sedert 2000 moes die internet dan gegroei het met ‘n faktor van omtrent 13000. Dit bring die huidige aantal webblaaie by ‘n bedrag van omtrent 27 biljoen (27 miljoen miljoen) webblaaie.
Ons kan ‘n toets doen om te bepaal of hierdie estimasie akkuraat is. Mens gebruik ‘n soekfasiliteit soos Google of Yahoo en soek dan vir iets soos “1″ of “a” wat in redelik baie van die webblaaie behoort te verskyn. Hierdie soektog lewer 35 miljard (35 duisend miljoen) resultate vir beide “1″ en “a” as mens Yahoo gebruik en omtrent 20 miljard as mens Google gebruik. Die verskil is nogal groot, maar beide bedrae is nogtans in dieselfde order grootte. Mens kan aanvaar dat daar dalk baie webblaaie is wat nie ‘n “1″ of ‘n “a” bevat nie, maar ek sal verbaas wees as dit so baie is dat die totale aantal soveel as 27 biljoen is. Daarom verwag ek dat die ware aantal nader aan 35 miljard as 27 biljoen sal wees. My skatting is hier by die 100 miljard. Dit impliseer dat die internet nie heeltemal eksponensieël groei nie, maar eerder meer lineêr groeie.
Goed so kom ons gebruik dan nou ‘n bedrag van 100 miljard (100 000 000 000) vir die aantal webblaaie.
Om te bepaal hoeveel sterre daar in die heelal is bepaal ons eers hoeveel sterrestelsels daar naastenby is en dan bepaal ons wat die gemiddelde aantal sterre per sterrestelsel is. Daar is al ‘n verskeidenheid van estimasies gedoen van die aantal sterrestelsels in die heelal. Die beste daarvan is danksy die Hubble teleskoop gedoen en dit kom neer op ‘n bedrag in die orde van 100 miljard. Oeps!
So daar is al klaar soveel sterrestelsels as wat daar webblaaie op die internet is.
Hoeveel sterre is daar in ‘n sterrestelsel? Dit kan blykbaar nogal baie verskil maar die aantal sterre in meeste sterrestelsels is blykbaar in dieselfde grootte orde as ons Melkwegstelsel. Ons Melkwegstelsel het na raming 200 tot 400 miljard sterre. So kom ons gebruik ‘n gemiddelde bedrag van 100 miljard sterre per sterrestelsel. Dit beteken dat die totale aantal sterre in die grootte orde van tien duisend triljoen (10 000 000 000 000 000 000 000) is.
So ek dink dis duidelik dat daar baie meer sterretjies in die heelal is as webblaaie op die internet. ‘n Interessante vraag is nou: hoe lank sal dit neem vir die internet om ook naastenby soveel webblaaie te bevat as wat daar sterretjies is? Wel as dit eksponensieël groei sal dit na raming nog so … 20 jaar vat.

(Ek vra mooi om verskoning, maar jy het huiswerk…)
Pikkelik: Ek het gesien.
Filippus
Sjoe dis verstommend… ek sien jys lief vir syfers, is jy ‘n wiskundige? Ek het groot respek vir die syfer manne…! Jou opmerking dat groei teen ‘n faktor van 13000 plaasvind het my aandag getrek…! Die aarde was volgens die Bybelse berekening in die jaar 1988 presies 13000jaar oud.
As jy ‘n syfer man is gaan jy die bybelstudie (Time Has An End) waarin die Bybelse tydlyn van geskiedenis van hierdie aarde uiteengesit is baie geniet. Die boek is deur ‘n ingenieur geskrywe(Die omie is nou al 87 jaar oud) en sit die teoloë ore aan in soverre dit inligting wat oor die Bybelse tydlyn handel, aanbetref. Sy uitgangspunt is dat daar geen foute in die Skrif is nie en dat dit absoluut waar en betroubaar is. As jy sien hoe perfek God die tydlyn van geskiedenis in die Skrif verskuil het sal jy nie ophou lees nie…!
Daar is genoeg inligting in die Skrif geskrywe sodat wanneer die “tyd van die einde” (wat deur Daniël en ander Bybelse profete gesien is) aanbreek, God die ware gelowiges se geestelike oë en ore vir daardie waarhede sal open sodat hulle dit beter sal kan verstaan. Die tyd van die einde het aangebreek… Dinge wat nog altyd in Skrif geskrywe staan is besig om soos ‘n blom oop te gaan….! Vandat God die seëls (vir die verstaan van Sy Woord) begin open het is daar baie inligting en teksverse wat deur leke so ek beter verstaan word.
Ons dien ‘n Skepper wat net eenvoudig onbegryplik is…!
Die tafel is gedek veral op die gebied van massa kommunikasie dat hierdie eindtyd boodskap die ore en oë van die hele wêreld binne ‘n relatief kort tydperk kan bereik…..! Die eerste wêreldlande gaan geen verskoning hê wanneer Jesus in 2011 kom nie, hulle sit met alles wat kan oop en toemaak …. internet, tv, sateliet dishes, radio, ens. ens. Diegene wat in derde wêreldlande sit hoor hierdie boodskap nou bigtime via die Short Wave en Medium Wave uitsendings van hoofsaaklik Family Radio.
Ek dink teen 2011 gaan die wêreldbevolking by die 7biljoen draai en behoort die hele wêreld van hierdie eindtyd inligting bewus te wees.
As die ware gelowiges dit nie gaan uitbasuin nie gaan die klippe dit uitroep…!
“Die eerste wêreldlande gaan geen verskoning hê wanneer Jesus in 2011 kom nie”
Johannes, as ek mag vra, waarop is jou stelling gebaseer?
Flippie, ek het ‘n baie dom vraag om te vra, kou my kop af as dit moet. Is 1 miljard dieselfde as 1 biljoen? Is 1 biljoen dieselfde as “one billion”?
Apparently the name Google originated from a ‘googol’ which is 10 to the power 100, a number so large that it is greater than the number of atoms in the observable universe. Does a defined number larger than this have any practical applications?
ah ha, dankie vir die navorsing
(andrew – dit hang af watter taal jy praat.)
Johannes, wanneer is iemand ‘n wiskundige? Ek gebruik wel wiskunde in my beroep. Die Bybel is nie ‘n wiskundige handboek nie. Mens moet versigtig wees om nie allernade betekenisse aan goed in die Bybel toe te ken wat nie oorspronklik so bedoel was nie.
Laat ek jou so vra: is kennis van en geloof in die voorspelling dat Jesus in 2011 kom volgens jou ‘n voorvereiste om gered te word?
Andrew ek is nie seker hoe en waar die verskil is nie maar wat ek weet is dat “1 billion” in Amerika in “1 miljard” in Afrikaans.
Jou vraag oor of daar praktiese waardes groter as 10^100 is, is ‘n interessante vraag. Ek vermoed die aantal Planck volumes wat in die heelal inpas is dalk groter. Ek het nie nou die bedrae in my kop om dit nou uit te werk nie.
Plesier Johan
Filippus
“genade” alleen, deur die Woord van God alleen.
As 2011 die jaar van die wederkoms wel waar is, (wat ek met my hele hart en siel en verstand glo omdat ek die Bybelstudies wat daaroor handel self in die Skrif gaan opcheck het) sal jy dit nie net uit my mond as witness hoor nie, maar andere ook. Soos wat die boodskap van die opstanding in die harte van diegene wat waarlik deur God wederbaar was nou al vir amper 2000jaar brand gebly het, so sal die waarheid oor Sy wederkoms brandend bly totdat Hy weerkom.
Daardie vuur sal inteendeel namate ons die dag sien naderkom net al hoe groter word….! Ek stel dit weer : so min as wat die “skrifgeleerdes en wetsgeleerdes” die Woord (Jesus) wou glo toe Hy Homself aan hulle kom toon het, netso min sal die christene die boodskap van Sy wederkoms glo.
Soos wat Johannes die doper maar net ‘n stem in die woestyn was…! So sal die ware gelowiges met Jesus se wederkoms ook maar net ‘n stem in die woestyn wees…! Whats new? Nothing is new! Die mens se hart van 2000jaar gelede verskil gladnie met die harte van die moderne christen van vandag nie. As God nie letterlik iemand se kop in die water indruk en sê drink nie, sal die mens vanwee die “hardheid van die hart” eerder vrek (van eiewaan en trots) as om te erken dat hy verkeerd was.
My beroep op my mede afrikaans-sprekende broers (en susters) is dat hulle maar self in die Bybel gaan opcheck, en nie hulle trust in enige mens plaas nie. Jy weet so goed soos ek dat 95% plus christene wêreldwye net eenvoudig nie hulle Bybels lees nie….! And thats a fact…! Hulle leef in die valse gevoel van vrede soortgelyk aan die grootheidswaan waaraan die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes in die tyd van Jesus geleef het: “ons is Israel die uitverkore volk, ons is uit die geslag van Abraham, ons is besny…. so wie is hierdie Johannes die doper wat mense in die Jordaan doop, en wie is hierdie Jong Rabbi wat daarop aanspraak maak dat Hy die Messias is”
Om bogenoemde attitude in vandag se moderne afrikaans te verwoord : “ons is uitverkore christene, ons is gedoop, ons is lidmaat van die die mees getrou gemeente, ons glo in Jesus Christus wat eendag weer gaan kom… so wie is hierdie ouens wat daarop aanspraak maak dat die Bybel aan ons openbaar die wederkoms in 2011 gaan plaasvind..?Ons is veilig, Jesus kan maar vandag kom… ek is veilig, ek is fine… dont bother me, gaan praat jou wederkoms stories op ‘n ander plek….!”
Die Waarheid is:
(Rom 9:27) En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
Goeie navorsing – as mens maar dieselfde deurdagte pad kan volg in die estimasie van 2011!!
Jammer Flippie ek wou nog sê, die Bybel is nie ‘n wiskundige handboek nie, Hy is meer as dit.
Die Skepper en Sy skepping is in volmaakte harmonie met mekaar, soos wat die Woord en die Wetenskap in volmaakte harmonie met mekaar is. Ongelukkig poog die wetenskap(likes) gedurigdeur om die Woord verkeerd te bewys.
Wanneer die volgende woorde wat God deur die mond van Sy profeet in die dae van Israel gespreek het, in die jaar van onse Heer 2011 in vervulling gaan sal die volkere van hierdie wêreld weet dat die Bybel die Woord van God is…
(Eze 28:25) So sê die Here HERE: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.
(Eze 28:26) En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is.
Hierdie Skrifgedeelte praat duidelik nie van die fisiese volk Israel nie, maar van die ware ewige Israel….!
Maar dan gaan dit vir baie (veral christene) te laat wees. Intussen is die meeste wat ons kan doen, maar net om die basuin te blaas….!
Dankie Emil.
Johannes ek het nie in wat jy geskryf het ‘n antwoord op my vraag raakgelees nie. Miskien is dit wat jy alles geskryf het ‘n manier om te se^ dat kennis van, en geloof in, die voorspelling dat Jesus in 2011 weer kom, wel volgens jou en andere ‘n voorvereiste is om gered te word. (Korregeer my as ek verkeerd is in hierdie aanname.) Daarmee stem ek dan nie saam nie want nerens in die Bybel word daar gese dat mens veroordeel word as jy nie weet wanneer Jesus weer kom nie. In teendeel daar word gese dat niemand weet wanneer Jesus weer kom nie.
Flippie
Die kennis aangaande 2011 is nie ‘n voorvereiste tot redding nie, die hoor van die Woord van God en die gepaardgaande wedergeboorte is die enigste voorvereiste. In my openingssin van my kommetaar in posting no 9 dui ek aan ““genade” alleen, deur die Woord van God alleen”
Redding is alles God se werk. God red slegs op twee maniere. Die eerste manier is dat iemand alleenlik vir ewig kan leef deur volkome aan God se Woord gehoorsaam te wees. Ons weet dat hierdie moontlikheid alreeds in die leeftyd van Adam en Eva vir die mens ‘n onmoontlikheid geword. Van toe af sou die mens op die volgende manier van redding aangewese wees, naamlik God se genade en Sy genade alleen.
Die volgende drie dinge sou dus nodig wees vir enige iemand om gered te word:
+ hy moes deur God voor die grondlegging van hierdie aarde tot saligmaking uitverkies wees
+ die uitverkorene se sondeskuld moet vereffen wees hetsy deur homself of deur ‘n plaasvervanger wat in die plek van die uitverkorene die straf vir sy sonde moes verduur
+ die uitverkorene moet gedurende sy leeftyd ‘n nuwe hart (maw ‘n nuwe siel of gees) van God ontvang het, iets wat net by die wonderwerk van wedergeboorte moontlik is
Vir aldrie bogenoemde handelinge is die mens volkome in die hande van God. In veiliger “hande” kan die mens nie wees nie. In aldrie bogenoemde aksies het die mens geen beheer of inspraak nie, geen…. absoluut geen (al dink die mens hy kan vandag die besluit neem, hy kannie)
Omdat saligmaking alles God se werk is kan ‘n baba wat in die moederskoot is , ‘n verstandelik vertraagde, ‘n hoogs intellegente proffesor in teologie, dus ook gered word. Die uitverkore siel moes dus van die oomblik van kontrasepsie onder die “hoor” van die Woord van God kom sodat God die genadegawe van wedergeboorte kan bewerkstellig, aldus die volgende Skrifgedeelte :
(Rom 10:17) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Wanneer iemand dan by wedergeboorte ‘n splinter nuwe hart (siel-gees) ontvang, ontvang hy dus geestelike ore en oë sodat hy God se Woord kan “hoor”.
Flippie alhoewel die Bybel duidelik is dat niemand weet wanneer Jesus kom nie, is die Bybel kristal helder dat as die “tyd van die einde” aanbreek “kennis” sal vermeerder…
(Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
(Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
kennis van wat? Kennis van die “tyd van die einde”….
Ja die Bybel dui aan dat die dag soos ‘n dief sal kom. Maar in die Skrif is dit ook duidelik dat die dag diegene wat waak nie soos ‘n dief sal oorval nie:
(1Th 5:4) Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5) Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
(1Th 5:6) Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
Waak beteken niks anders as om te leer wat die Bybel ons leer aangaande die “tyd van die einde”. God het telkemale Sy profete (die ware gelowiges) gebruik om aan die mens bekend te maak dat Hy oordeel gaan bring. Noag se ark, Abraham met die verwoesting van Sodom, Gomorra en twee ander stede en dan laastens Jona wat die boodskap van oordeel aan die stad Nineve moes bring….!
Die laaste finale oordeel het alreeds in 1988 aangebreek toe die aarde sy 13000ste verjaardag gevier het….! Die mensdom weet dat daar eendag ‘n oordeelsdag gaan wees, die “seuns van God” (die sluit alle ware gelowiges in) sal weet wanneer. Die hele wêreld gaan hoor dat 2011 die jaar van die wederkoms gaan wees, bykans niemand gaan dit glo nie, net diegene wat deur God daartoe gedring gaan word om uit die Bybel te gaan seker maak.
Hierdie boodskap word tans wêreldwye deur Family Radio uitgesaai….! As jy vannaand in jou kar ry (as jy in SA is) skakel om 19h30 in op die AM 1197khz frekwensie en luister daarna. As jy wil …? As die sein effens swakkerig of krakerig is kan jy op hulle website luister… hulle stream hierdie boodskap parrallel met hulle radiouitsendings. Selfs die ouens in hulle plakkerhuisies kan inskakel… die armstes van armes.
Johannes Goed nou verstaan ek wat jy bedoelhet met daardie frase. Wel dan stem ons oor een ding saam.
Ek verskil egter van jou oor jou veroordeling van Christene in die algemeen. Hoe het jy bepaal dat meer as 95% van Christene nie hul Bybel lees nie? Beweer jy dat enige Christen wat wel sy/haar Bybel lees noodwendig tot dieselfde gevolgtrekking oor 2011 moet kom as jy? Dis sou eenvoudig nie kon waar wees nie. Jy is die eerste persoon wat ek teekom met hierdie storie en ek ken baie Christene wat wel Bybel lees.
Jou interpretasie van die skrifgedeeltes stem ek ook die mee saam nie. Die kennis waarvan in Daniel gepraat word is tog duidelik dieselfde kennis wat later in die Nuwe Testament gesien word as die evangelie. Met ander woorde die hele meganisme waarmee Christus die mensdom verlos het. Dit het niks te doen met die tyd van die wederkoms nie.
“Waak en nugter” wees het ook niks te doen met om hierdie tyd te probeer bepaal nie. Nee dit het juis daarmee te doen dat mens ten alle tye moet reg lewe. Volhard in die geloof ens waarvan daar baie gepraat word in die Nuwe Testament.
Dit help veel jy lees die Bybel as jy dit met sulke oogklappe aan lees. Jy moenie Bybel verse so uithaal en ad hoc betekenisse daaraan toeken nie. Sien dit in die konteks van die hele Bybel en waaroor die Bybel werklik gaan. Jy gaan hier op ‘n “tangent” af oor iets wat in die groter konteks totaal onbelangrik is. Terselfdertyd mis jy dit waarop dit werklik neerkom, naamlik om te glo en om reg te lewe, jou naaste lief te he en hulle nie sommer net te veroordeel nie.
Laastens as jy regtig glo dat ons redding volledig God se werk is en ons gee vrye wil oor die saak het nie, watse nut het dit dan vir jou om al hierdie goed te verkondig?
Thanks Flippie for explaining what a ‘miljard’ is.
I have noticed an increase in the number of Jehovah Witnesses operating in my area for a while now and wondered what was going on. It must be related to Jesus’ 2011 return. Eventually they will get it right; they must just keep at it. Now if only His return would coincide with the 2010 Soccer World Cup, then we would have the best event EVER! Oh rats I forgot, there is fire involved.
“…This will happen when the Lord Jesus is revealed from heaven in blazing fire with his powerful angels…” – 2 Thessalonians 1:6
Flippie
As gelowiges aanvaar ons mos dat daar wel ‘n einde gaan kom, nie waar nie? Hoekom dan NIE 2011 nie?
Johannes klink vir my na ‘n redelike mens wat baie omgee oor mense, almal. Hy klink nie na iemand wie voel dat sy ego in die gedrang is nie. Soos ek voorheen gesê het, hy maak hom oop vir kritiek.
Snaaks genoeg, ek vind sy verduideliking baie aanvaarbaar.
Hi Sammi,
“Eventually they will get it right; they must just keep at it.”
This must not be interpreted as Jesus’ return but the end of humanity which will happen sooner or later.
Ja Sammi, Johannes is ‘n redelike mens, anders sou ek nie met hom kon redeneer nie.
Dit kan 2011 wees, dit kan 2009 wees of dit 3000 wees. Ons weet nie. Die punt is dis nie van sentrale belang tot ‘n mens se redding nie. Daarmee het hy op die ou ent saamgestem.
In #14 bespreek van die spesifieke punte waar ek nog met hom verskil. Voel jy dat ek onredelik was?
Andrew
If one studies all things, one chooses with a complete understanding what one believes in. Surely you can only make that deduction once one has spent the time doing that. One-sided research is hardly research.
The mother of all sciences is understanding that. Nee wat, ek sê weer, ek VOEL baie gemaklik met Johannes se interpretasie.
Flippie
ons verstaan mekaar net anders. Jip, ek dink vir JOU was jou laaste punte besonders hard. Jammer, maar jy het gevra.
Ek het mos al voorheen gemeld dat mans definitief van Mars kom en vrouens van Pluto
O aarde Sammi: “Nee wat, ek sê weer, ek VOEL baie gemaklik met Johannes se interpretasie.” Verstaan ek jou reg?!! Glo jy nou in die 2011 storie?
“Jip, ek dink vir JOU was jou laaste punte besonders hard.” Ek dog nou weer my laaste punt het die hele probleem met die logika nou mooi saamgevat.
Ek het nie bedoel om kras te wees nie, waar wanneer dit by redenasie kom: I take no prisoners
Ek dink Johannes kan dit vat.
Hallo flippiefanus. Sonder om betrokke te raak by die 2011 debakel, wou ek net sê dat ek jou inskrywing geniet het. Hoe mens van internet files na die wederkoms gaan laat my net my kop skud. Sterkte ouboet. Emma.
Flippie
Dit gaan nie vir my oor die jaar nie. Ek het nie Johannes se kennis nie MAAR ek verstaan wat hy probeer vertel en dis baie meer as net die jaar.
Ek dink nie enige mens wie hartstogtelik omgee vir sy medemens kan vat aan ‘n harde hand van ‘n ander omgee mens nie.
Pluto?
Ons skud maar almal ons koppe hier op die woernale se woerery! Ouboet is skerp, maar Ousus moet so nou en dan ook kan ingryp. Ja?
Emma baie dankie. Ja dit is soms nogal verstommend waar die gespreke heen kan gaan. Maar wat dis seker deel van die pret. Terloops ek het daar by Boendoe probeer verduidelik hoe ek die probleem sien.
Mmm Sammi, goed as ek jou reg verstaan wil jy my nou oor die vingers tik oor spesifiek my laaste stelling aan Johannes. As Johannes ook so daaroor voel sal ek hom om verskoning vra.
Maar dan gaan ek jou nou eers ‘n vraag vra.
Het jy al die KaramasovBrothers van Dostoevski (sp?) gelees? daarin is een karakter Alexei wat soort van die ideale Christen versinnebeeld. Wat my van hierdie karakter getref het was dat hy geen takt gehad het nie. Hy het altyd dinge op die eerlikste manier moontlik gese selfs al het sy woorde baie seer gemaak. ten spyte darvan het die mense geweet he se dit nie om seer te maak nie maar bloot omdat dit die waarheid is.
So nou wil ek vir jou vra glo jy mens moet eerder takvol wees as om die waarheid te praat?
Flippie
gaan ek doeks.
Goeie vraag inderdaad! Ek weet jy wil nie seermaak nie, ek weet jy praat die waarheid soos jy verstaan. Johannes praat ook die waarheid soos hy verstaan.
Nie almal het die “gift of the gab” nie. Nie almal kan in woorde verwoord wat hul eintlik probeer sê nie. Niemand kan in een inskrywing oordra wat hul rerig bedoel nie. Om dit reg te kry moet mens ‘n boek skryf.
Dit raak nou laat en weereens my afsluit tyd. Noudat ons Andrew goeie “entertainment” gegee het,
Andrew, het jy gedink ” HKGK tussen Sammi en Flippie?” Naahh! Ons verstaan mekaar!
Oja, Flippie
Netgou, julle sê eintlik dieselfde!
One theory goes that we have evolved to lie, if we didn’t we would kill each other.
Ek voel nou baie slim, het uitgewerk waarvoor staan HKGK.
Sammi: Ek neem aan deel van die “gift of the gab” is om tussen die lyne te lees. Ek is nie goed daarmee nie, daarom verkies ek om dinge meer reguit te se^.
Lekker slaap Sammi. Ek gaan ook nou rustig raak.
Flippie ek neem geensins aanstoot. Inteendeel ek waardeer ‘n teenoorgestelde standpunt.
Oor vrye wil net die volgende opmerking, in een van my vorige posts het ek dit probeer beklemtoon dat die mens oor alles ‘n vrye wil het behalwe oor een ding, naamlik die wonderwerk van redding.
Toe Adam en Eva voor hulle sondeval wel by magte was om “vir” God te kies het hulle vir een of ander onverklaarbare rede “teen” God gekies. In sy siels-gees dimensie sou die mens dus na die sondeval so dood wees soos wat Lasarus fisies dood was tot hy al vier dae in die graf was. Soos wat Lasarus volkome op Jesus aangewese was om hom uit die dood op te wek, netso is die mens in sy gees/siels dimensie volkome op God aangewese om hom uit sy geestelike dood op te wek.
Flippie dink jy regtig dat as enige mens die vrye wil het om vir God te kies…?
Die 95% plus is gebaseer op voorbeelde wat God vir ons in die Bybel aangeteken het. So het bykans die hele geslag van Israel gedurende 40jaar in die woestyn omgekom asgevolg van hulle ongeloof. As jy wil hê ek moet vir jou voorbeelde aanhaal sal ek dit met graagte uitwys. My vraag aan jou is, wat is jou gutt feel …. watter persentasie christene lees wel hulle Bybels (kom ons wees meer spesifiek, watter persentasie christene het hulle Bybels net eenkeer in hul leeftyd deurgelees…?)
Oor die sake waaroor ons verskil het ek alreeds aangedui dat ons van mekaar mag verskil. Solank jy jou siening met die Woord van God kan rugsteun, en solank ons albei aanhou om vir alles waaroor ons verskil steeds die Bybel as Bron van Waarheid voordurend sal deursoek. Daar is immers tog net Een Waarheid… soms beteken dit net eenvoudig dat ons op God moet wag …!
(Lam 3:26) It is good that a man should both hope and quietly wait for the salvation of the LORD.
Flippie wat dink jy wil die volgende Skrifgedeelte vir ons sê
Ecc 8:5) Whoso keepeth the commandment shall feel no evil thing: and a wise man’s heart discerneth both time and judgment.
Lekker lag ek vir Emma hierbo – internet files tot wederkoms. Jong, as Johannes Coetzee iewers aan die woord is, moet ek erken kan selfs ek nie meer wag vir daardie oënskynlik wederkoms nie, al is dit net om nie meer met Bybelverse gebombardeer te word nie. Dis al haas erger as die etlike miljoene files op die Internet – selfs na 20 jaar stop dit ook. Ek vrees Johannes Coetzee ken het einde niet
2011, 1923, 3000 – soos flippiefanus sê: wat maak dit saak? Ek koes solank vir nog Bybelverse!
Johannes: “… ek neem geensins aanstoot. Inteendeel ek waardeer ‘n teenoorgestelde standpunt. ” Baie dankie. Ek het nie regtig verwag dat jy sou aanstoot neem nie (Sien jy Sammi
)
“…dat die mens oor alles ‘n vrye wil het behalwe oor een ding, naamlik die wonderwerk van redding.” Dis hier waar (soos Emil dit stel) ek en jy verskillende aksiomas het. Volgens hoe ek glo het die mens juis ‘n vrye wil om vir God te kies en tot bekering te kom. Ek het dit ook beskryf in my reeks insklrywings “Jy besluit”. Wat daarna gebeur is wel grotendeels in God se hande soos ek dit beskryf het in “Burgerskap in God se volk.”
“Flippie dink jy regtig dat as enige mens die vrye wil het om vir God te kies…? ” Ek verstaan nie wat jy vra nie?
Jy se 95% kom uit die Bybel maar dan maak jy dit van toepassing op *Christene* vandag. Wat van die ander mense? Ek stem nie saam met die assosiasie wat jy maak tussen die Israeliete en Christene vandag nie.
Ek sou se^ dat 99.999..% van Christene darem al die Bybel een of meer keer gelees het. Ek sal ook baie versigtig wees om selfs op grond van Bybellees iemand te veroordeel. Mens word nie gered op grond van hoeveel keer jy die Bybel lees nie maar op grond van jou geloof. Anders sou dit mos beteken dat ongeletterde mense nie gered kan word nie.
Pred 8:5 “Wie ‘n bevel gehoorsaam, beland nie in die moeilikheid nie. Wie wysheid het, weet wanneer en hoe om te handel.” Ek dink die betekenis van die versie is redelik duidelik. Die vogende versie begin met: “Elke ding het sy tyd en sy manier.” in Pred 3 word daardie bekende deel gegee oor ‘n tyd vir dit en ‘n tyd vir dat. Dit begin ook met “Elke ding het sy vaste tyd, …” Die wederkoms het ook sy vaste tyd maar dit se^ nie ons weet wanneer dit is nie.
Johannes dis waar. Ons stry waarskynlik ook dinge wat nie regitg belangrik is nie. Meeste van die goed stem ons grootendeels mee saam.
Emil, you made me laugh so much I had to wipe my eyes. I owe you a Tafelberg beer! Shit, I’m still laughing … brilliant.
Flippie
Presies my punt gewees, ons vrouens kan definitief nie sin maak uit ‘n man se oogpunt van redeneer nie.
Ek kan ook nie sin maak van wat hier bo gese^ word nie Sammi. Is ek ‘n vrou in ‘n man se liggaam?
Dom vraag: Wat het die wederkoms te doen met hoeveel “web pages” daar is? Dan wil ek sommer vir Johannes vra of hy ‘n Jehova getuie is? Jammer Flippie dat ek hier op jou werf staan en gorrel. Ek wil nie eers meer blog kommentaar lees nie. Is soos Emil sê, dat waar Johannes “preek” is 2011 in die storie. Ek wil nou weet waar op aarde staan dit in die Bybel. Christene glo in die wederkoms, maar nerens staan wanneer nie. Watter Bybel lees jy Johannes?
Moenie vir my sê dat jy ook een is wat glo in die “Bible Code” nie. Ek het die boek gelees en dit is die grootste klomp nonsense. Daar is bewys dat ‘n Wiskundige in Australie die “code” so kan manipuleer, dat dit enige boodskap kan uitkom soos hy dit wil hê. Asseblief Johannes, dalk moet jy die liefde en genade van God versprei. As jy ‘n doem profeet wil wees stel ek voor jy word of NG predikant of Rooms Katolieke Priester.
Jammer Flippie.
Sammi ek dink nie daar is regtig soveel verskil tussen hoe mans en vrouens redeneer nie. Dis maar alles persepsies.
Rustig jou opinie is welkom. Ek dink dis bloot die feit dat Johannes so hamer op die 2011 storie wat maak dat hy in die spervuur is. Die ander aspekte van sy oortuigings is nie so ver van die kol af nie. Ek gun hom maar sy lang relase hierso want op ander plekke word die mense kwaad vir hom. Andrew het nou nie lang relase nie maar ai hy is so ver van die kol af en tog gun ek hom ook maar sy stories.
Flippie die lang relase kan ek hanteer. Tog voel ek dat die 2011 is darem net te veel. Ek twyfel nie oor die wederkoms nie. Ek het kleintjie dood aan die mense wat datums daarop sit. Daar is wel tekens van die tye, maar nerens ‘n datum nie. Nou is belangrik!
Ek stem heeltemal saam met jou Rustig.
Hi! Stem saam, niemand ken die dag of uur nie, net God self. Weet nie waarom 2011 so belangrik is nie, die wederkoms kan môre ook wees (wat natuurlik wonderlik sal wees)!!
Eendjie inderdaad!
O bloed, ek en Johannes word in dieselfde kamp geskeer.
Johannes, we need to talk. You and I share a common goal and that is to discredit religious moderates. Once we have accomplished that, it’s just you and me, one on one. What do you say, should we join forces for now?
Flippiefanus, ek het net vinnig kom groet, sjoe maar dit gons behoorlik gesellig hier by jou, ek het my disnis gelag vir party van die kommentare. Hallo ((((Sammi))))
Flippie, ek het jou inskrywing baie geniet! Verseker het ons nog ‘n hele paar jare om te gaan voor ons die sterretjies kan inhaal!
Hallo Mefri, dankie vir daai drukkie – ek het SO gehoop dat jy my vroeer sou kom “red”!
Andrew, jou kop raas alweer!
Sammi, I had to break the ice. All this stuff about Armageddon is just too heavy and poor Johannes … the guy is suffering inside and it hurts me to see someone like that, which is why I do what I do.
I’m so very grateful that I do not have to carry that morbid mumbo jumbo around with me. Lighten up everyone, enjoy your life for a change and stop worrying about the end of days and punishment and torture and turmoil and destruction and fire and brimstone and …
Andrew ek kan verstaan dat jy morbied sal wees oor die verwagting van Christus se wederkoms, maar vir ‘n Christene is dit alles behalwe ‘n morbiede saak. Johannes wil bitter graag he^ dat Christus reeds in 2011 moet terugkom. Dis nie iets wat hy vrees nie dis iets waarna hy uitsien.
Wipneus baie dankie. Ja die sterretjies is darem maar baie.
Mefri o ja ek geniet myself ook gate uit vir alles wat hier kwytgeraak word. Dis goed dat jy so bietjie vir Sammi ondersteun.
Flippie jy laat dit amper klink asof EK bekommered is oor die wederkoms.
Andrew miskien is jy, wie weet?
Andrew (wat is die lewe sonder die “hu” in humor….?)
Ek weet die bloggers hou nie baie van “Bybelversies” nie, maar ongelukkig was die volgende teksvers die eerste gedagte wat by my opgekom het by die lees van jou comments (no 49), vat dit dus maar vir wat dit vir jou werd is:
(Rom 8:18) For I reckon that the sufferings of this present time are not worthy to be compared with the glory which shall be revealed in us.
Ek is net vandag egter baie dankbaar vir al die vorige ouens wat op brandstapels gebrand het… net sodat ek vandag die Waarheid sonder vrees vir fisiese dood kan uitbasuin. Ek weet nie of ek ‘n brandstapel sou kon handle nie, ek is oor die algemeen maar bang vir geweld…!
Andrew dankie vir die uitnodiging om “forces te join” maar ek sal ongelukkig vir jou van geen waarde kan wees nie, ek is maar ‘n “nothing” wat net nie sal kan stilbly oor die Einde nie. My mission is nie om die kerke en kerkstrukture of godsdiens te probeer aanvat nie, dis God se werk. Hy is capable genoeg om met hulle te handel na Sy goeddunke…
Die vraag is waarom sal jy nou graag met my forces wil join “for now”? Dis daai “for now” wat daarop dui dat jy alreeds van plan is om my dalk een of ander tyd te drop…!? Ek het ook geleer dat ek nie alleen staan in hierdie “geveg” nie. Jy is seker bekend met die volgende Skrifgedeelte :
(2Sa 22:30) Want met U loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur.
(2Sa 22:31) Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.
(2Sa 22:32) Want wie is God buiten die HERE, en wie ‘n rots buiten onse God?
Dalk moet jy met die vaardige Frikkies soos mnre Nathan E Bond en Kie forces join wat dit blykbaar hul lewensmissie gemaak het om teen al wat godsdiens is te baklei….! (As Filippus my sal toelaat sal ek jou die link na hulle website toe gee…dalk weet jy alreeds van hulle?)
As jy egter bereid is om die Swaard op te neem … ja wel dan kan ons praat. Maar dan moet ek jou waarsku. Die geveg is nie ons s’n nie, en ‘n mens se kop kan enigetyd waai… kyk maar wat met ou Johannes die Doper gebeur het. En so dapper is ek nie naasteby nie.
Dis seker maar waarom ek maar by die Rots skuil en “grootbek” op die vyand kan skreeu:
“Jou einde is insig…. die Skrif is aan die muur. Inteendeel jou einde begin op 21 Mei 2011 en jy gaan 5 maande later finaal op 21 Oktober 2011 vernietig word”
*** “Jy gaan nie alleen geformat word nie, jou hele harde(gat)skyf, jou geheue, jou databasis, jou DVD-drives, jou network cards, jou capture cards, jou bloginskrywings, jou alles gaan geheel en al vernietig word en vervang word met technology not from this world…..!”
Hopende natuurlik dat my familie, my vriende en my vyande die basuingeklank van die shofar sal hoor, daarop ag sal gee en dat hulle sal begin skuiling soek.
O ja en Filipus…. ek vrees daardie dag bru…. ek vrees dit big time. Dis amper soos om na ‘n Desember vakansie uit te sien, maar eers moet die eksamen geskryf word….!
Dis daai bang-bly gevoel….! Jy weet mos.
NS ek het maar die gedeelte van my comments wat met *** gemerk is ingesit net terwille van die onderwerp wat onder bespreking, ek sien die ouens murmereer seriously dat daar van die onderwerp afgewyk word wanneer ons oor die “sterretjies wat so baie is soos die seesand is” praat. Dis alles jou skuld johan swarts, alles jou skuld…!
hmm…archive.org se wayback machine lys 85 billion chached sites.
Wat moet ek daaruit aflei? 85 billion soos in 85 miljard? Dan klink dit my die totaal is nogsteeds binne die grootte orde van 100 miljard reg?