Die noodwendigheid van oorlog

Vandag is “Remembrance day” in Kanada en verskeie ander lande. Daar was ook onlangs verskeie inskrywings oor hierdie dag of oor oorlog in die algemeen. Die algemene sentiment is dat oorlog ‘n slegte ding is en dat ons alles in die stryd moet werp om oorlog te bekamp. Inderdaad, maar wat gaan dit kos om hierdie edel doel te vermag?

Mens kry die indruk dat oorlog veroorsaak word deur die mense wat oorlog maak. Dis met ander woorde die leiers se skuld dat oorloë plaasvind. Hier moet mens natuurlik onderskei tussen die aggressors wat die lande inval en die mense wat hulself probeer verdedig. Om oorlog te bekamp moet mens dus die aggressors aan die pen laat ry.

Daar is weer ander wat argumenteer dat die aantal oorloë tog vanself besig is om af te neem danksy die verspreiding van demokrasie en kapitalisme. Verder is daar nog argumente wat beweer dat die uiters gesofistikeerde wapens van vandag eintlik sorg dat oorloë vinniger beëindig word omdat die leiers gouer besluit om maar liewer vrede te maak. Wanneer laas was daar ‘n 80-jarige of 100-jarige oorlog gewees? Sodoende sneuwel daar ook minder soldate as in die uitgerekte oorloë van die verlede.

Hierdie argumente is wel geldig, maar slegs as mens kan aanneem dat daar vir almal die nodige grondstowwe en hulpbornne (kos, water, energie en so voorts) is aan hul behoeftes te voorsien. Dit maak nie saak hoe demokraties die lande is of hoe kapitalisties nie, as daar nie genoeg is vir almal nie dan sal daar baklei word oor dit wat beskikbaar is.

Oorlog was van die vroegste tye af ‘n integrale deel van die mensdom se bestaan op aarde. Soos die mens meer geword het, het die beskikbaarheid van hulpbronne verminder. Die gevolg was dat verskillende groepe teen mekaar geveg het vir toegang tot die beperkte hulpbronne. Dis merkwaardig om te sien hoedat die mensdom dan op stadiums ontdek het hoe om die beskikbare hulpbronne meer effektief aan te wend. Byvoorbeeld, instede daarvan om te jag en voedsel uit die omgewind te versamel is dit meer effektief om diere aan te hou, te plant en te saai om kos te verbou. As gevolg van hierdie “fase oorgange” in die kulturele ontwikkeling kon die bevolkingsdigtheid weer aansienlik toeneem voordat die mense weer nodig gehad het om te veg vir hul oorlewing.

Vir geruime tyd het die bevolking van die aarde nou onverstoord toegeneem. Vandag is die bevolking van die aarde hoër as ooit tevore. Daar is reeds sprake dat ernstige voedsel tekorte wat die mensdom in die gesig staar. Daar ook is reeds sigbare aanduidings van tekorte aan energiebronne (of die effektiewe aanwendig van beskikbare energiebronne). Wanneer sulke hulpbronne uitgeput raak is daar ‘n goeie kans dat daar oorloë sal uitbreek vir toegang tot dit wat oor is. In ‘n sekere mate kan mens die VSA se onlangse oorloë in die Middeooste sien as sulke energie oorloë. Die toekoms mag dalk net nog meer sulke oorloë vir ons inhou.

Om oorloë te beperk sal dit dus nie help om leiers te straf of om slegs kapitalisme en demokrasie te versprei nie. Dit is noodsaaklik dat die probleem van ‘n oorbevolkte planeet aangespreek moet word. Wel hoe verminder mens die bevolking van ‘n planeet op ‘n moreel etiese manier? My vermoede is dat dit nie sommer so maklik is nie. Dit sou help as almal danksy kultureel ontwikkeling oortuig kon word om kleiner gesinne te hê, maar die diversiteit van kulture op die planeet maak so iets nie prakties moontlik nie.

Die enigste oplossing wat ek dus sien is om die grondoppervlakte te vergroot. Nee, nee, ek bedoel nie ons moet die see drooglê nie. Ons moet ander planete en mane kolonialiseer en die mensdom se voete van die aarde af begin oplig. Dis tyd dat ons die ruimte invaar. ;-)

Mars --- miskien jou kinders se tuiste eendag.

Mars --- miskien jou kinders se tuiste eendag.

49 Responses to “Die noodwendigheid van oorlog”

  1. NetJane Says:

    To infinity and beyond? ;)

    Ek wonder altyd of dit reg is om iets verkeerds te doen vir die regte redes? Of om iets reg te doen vir die verkeerde redes? Oorlog suig.

  2. Johan Swarts Says:

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  3. demoerin Says:

    Dit is dalk die groei van kapitalisme wat juis dinge soos die energie oorloë van die US aanwakker. Die probleem is dat die afgelope 100+ jaar se oorloë nie ter wille van oorlewing was nie, dit was juis alesbehalwe – van kolonialistiese gierigheid tot magsbehebtheid. Oorlog op die oomblik is nie noodsaak nie, maar tog is dit nog ‘n definitiewe realiteit.

  4. flippiefanus Says:

    Johan

    Linux het sy voordele, maar dit het ook sy nadele. Een van sy nadele is dat die plugins nie altyd so op datum is nie. Die gevolg is dat ek helfte van die multimedia goed wat op woernale verskyn nie kan kyk of na luister nie. So daarom kon ek nog nie na die Silwer Ponie storie luister. En toe wen ek een … !

    So baie dankie Johan dat ek dit gewen het, maar ek moet nou bieg dat ek nie heeltemal weet hoekom nie.

    Ek sal daar by jou ook gaan dankie se^.

  5. flippiefanus Says:

    Netjane welkom hier. Ja ek dink nie mens kan regtig ooit oorlog goedpraat nie.

    Demoerin: Kolonialisme is op die ou ent ook maar ‘n stryd oor hulpbronne. Dis net ‘n baie oordadige vorm daarvan. Nogtans is dit some baie moeilik om regtig te verstaan hoekom oorloe plaasvind en nou praat ek nie eers net van dit wat in die leiers se koppe aangaan wat tot die besluite oorgaan nie.

  6. Johan Swarts Says:

    FF – ek moet nou ry vir ‘n vergadering Kaapstad, maar sodra ek terug is, sal ek ‘n link post om die mp3 te download :)

  7. Andrew Says:

    Hi Flippie, that’s a beautiful photo of Mars! Are those the CO2 ice caps top and bottom of the picture? There seems to be something white to the right as well.

  8. flippiefanus Says:

    Johan, baie dankie ek waardeer dit.

    Andrew ja ek dink so. Daar behoort meer informasie daaroor te wees op Hubble se webtuiste. Ek kan dalk kyk of ek vir jou die skakel kan kry.

  9. Emil Says:

    Ek hou van Nial Ferguson se konklusie in sy werk The War of the Worlds:

    We shall avoid another century of conflict only if we understand the forces that caused the last one – the dark forces that conjure up ethnic conflict and imperial rivalry out of economic crisis, and in doing so negate our common humanity.

    ‘n Boek wat almal wat in geskiedenis belangstel, moet lees.

    Freud and Augustinus verwys na die “internal beast.” So skryf die latere in City of God:

    Take awat the barriers created by laws, men’s brazen capacity to do harm, their urge to self-indulgence, would rage to th full.

  10. Andrew Says:

    Dankie Flippie, net daarvoor gaan ek jou nomineer vir die Silver Ponie.

  11. flippiefanus Says:

    Emilikus, die mensdom het nou maar eenmaal daai neiging om homself te probeer bevoordeel te koste van ander en dit gebeur ongelukkig dit hierdie neiging dsoms ie verskriklike afmetings van ‘n oorlog aanneem. Op alle moontlike fronte moet mens probeer om die saak aan te spreek. Daarom stem ek saam, as mens dit wel op die ou ent kan regkry om elkeen sy eie hulpbronne te verseker sal daar steeds die aberrasies wees wat wil moeilikheid maak. Dus moet mens hulle ook op ‘n manier inperk.

    Andrew, sjoe nou moet ek definiteif werk maak van die saak. ;-)

    http://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/solar-system/mars/2001/24/

  12. Andrew Says:

    Dankie vir die skakel. Jy het nou ‘n lekker lees onderwerp oopgekrap. Dit lyk nou vir my asof die suid pool CO2 ys is maar die noordpool is water ys met CO2 bo-op. Laat my weet wat jy kon kry.

  13. Roer Says:

    Soos altyd lekker gelees Flippie. Ek het iewers gelees ‘war is man’s ultimate inhumanity to Man’. ‘n Mens sou dink met die mens wat kastig so ‘highly evolved’ is, hy darem al aan beter maniere gedink het om probleme uit te sorteer, maar dis seker in ons [onperfekte] natuur.

  14. Andrew Says:

    May I point out, without being difficult, that humans are no more evolved than any other species on the planet? It just happens that we have larger brains per body mass than any other species. Dolphins are second in this comparison. It’s only an interesting fact, nothing more.

  15. Emil Says:

    And without adding to Andrew’s lack of difficulty, even evolusionist will agree that the addition of Speech and Reason (in the Western sense of understanding) to humans’ evolution do indeed suggests that we might have evolved one step further than other animals :wink:

    Mars, flippiefanus, is ‘n god van oorlog!

  16. flippiefanus Says:

    Andrew jy kan hier ook meer informasie kry oor Mars:
    http://www.nineplanets.org/mars.html

    Roer, dankie vir die inloer. Ja mens sou gehoop het dat oorlog in vandag se tyd iets van die verlede sou wees. Hellas…

    Andrew in terme van basiese fisiologie is die mens nie beter as die diere nie, maar soos Emil uitwys onderskei die mens se verstand hom wel van die diere. Dit maak op die ou ent ‘n baie groot verskil.

    Emil: “Mars, flippiefanus, is ‘n god van oorlog!” Ironies is dit nie. ;-)

  17. Andrew Says:

    Good morning everyone, our language abilities make us different from other species not more evolved. We also have more junk DNA. To be more evolved means more time was spent evolving, and that would mean we do not share common ancestry with all other species on this planet. DNA evidence says we do.

  18. flippiefanus Says:

    Andrew, ek dink jy kloof nou hare. Jy probeer nou ‘n definisie vir “more evolved” gee wat mynsinsiens bra arbitrer is.

  19. Andrew Says:

    Flippie, I know it seems as if I’m splitting hairs, but I’m trying to make a very important point. We humans do not enjoy any special significance, we are just another life form on this planet. We are as different to other species as a platypus is different to other species. All life forms on this planet evolved in parallel, branching off at different intervals, thereby adding to the ever increasing diversity. (… until the next mass extinction occurs which may not come in the form of an asteroid or nuclear war.)

    Eventually humans will be gone but the universe and perhaps other life forms will continue to exist and evolve for who knows how long. This universe was not created with humans in mind.

    O ja, dankie vir die skakel, ek sal gaan lees.

  20. flippiefanus Says:

    Well Andrew, the fact that humans have the brains they have and everything that follows from that makes them rather special, don’t you think? You can see how much effect they have on the environment they live in. Eventually humans may colonize other planets and solar systems. None of the animals on earth are able to do that.

  21. Andrew Says:

    The platypus has the ability to detect minute electrical signals in murky water created by the muscle movements of its prey such as shrimp, using only its bill. We can’t do that. Does that mean that they are more evolved or that God created the universe with them in mind?

    Sea stars are the only known life forms that pump seawater through their bodies like a hydraulic system in order to move around. Are they more special than the rest?

  22. Andrew Says:

    After thought: Sea stars also have the amazing ability to extent their stomachs outside their bodies to enable then to digest prey such as black mussel that they have pried open. I have taken several photographs of this in my marine tank. It is a less popular temperate tank by the way. I would have it no other way. :-)

  23. flippiefanus Says:

    Andrew, I guess you are discovering all sorts of amazing things about God’s creation. For a Christian it is not important whether these things evolved that way or not. Regardless of how He did it, the bottom line is God created them that way.

  24. Wipneus Says:

    Ek deps die maan vir my nageslag! Mooi foto Flippie!

  25. flippiefanus Says:

    Dankie Wippie. Jy moet eintlik vir ou Hubble dankie se^. Jy kan maar die maan kry, maar dis groot. Daar’s baie spasie.

  26. Andrew Says:

    Extract from the BBC production The Genius of Darwin.

    “One piece of research shook Darwin to his core. He knew how some insects, like this parasitic wasp, lay eggs in the larvae of other insects so that their young when hatched can feed on them. They also sting each part of the prey’ nervous system so as to paralyze it but not kill it. To keep the meat fresh. So the victim may be aware of being slowly eaten away from inside but unable to move a mussel to do anything about it. How do we face this deeply disturbing truth? Duck under a security blanket; a faith in God? But then Darwin wondered what kind of god would create an animal that can only exist in this horrible way. Isn’t it better to embrace reality, bleak as it sometimes may be, than to avoid it and live a lie?”

  27. flippiefanus Says:

    Andrew, wat het van jou avatar geword?

    Die meeste wat jy nou eintlik uit hierdie voorbeeld kan kry is dat God wreedheid onder insekte toelaat. Aarde tog, Andrew ek is ook wreed met insekte. Ek maak die goed voor die voet dood. Net gister het ek uit pure frustrasie ‘n vlieg in my hand gevang, die ding disnis gegooi teen die vloer en toe daarop getrap. Ek het ook ontdek dat daar ‘n klomp brandbytjie nes maar by my stoep. Toe het ek vuurhoutjies gevat en die nes gebrand sodat die kleintjies kan doodgaan daarbinne. Beteken dit nou flippiefanus bestaan nie regtig nie? I am a figment of you imagination Andrew! ;-) Kan jy sien dat die gevolgtrekking wat jy maak nie volg uit die voorbeeld wat jy gee nie?

  28. Andrew Says:

    Mr. Miyagi wants to know if you caught the fly with your chop sticks.

    Sorry for the avatar blip, I was commenting under a fictitious email address elsewhere and didn’t notice when it came up by default. Talking of which when does the cache expire? I want to showcase some of the photographs I’ve taken from my marine aquarium and hopefully stimulate an interest in our amazing evolutionary past. There are so many people that to this day dismiss evolution on religious grounds and miss out on a fascinating topic.

  29. flippiefanus Says:

    Nee ek is nou nie Mr. Miyagi nie maar snaaks genoeg het ek dit twee keer na mekaar reggkry om die vliee so met met kaal hand te vang. Ek dink dis meer ‘n aanduiding van die frustrasie wat ek met die vliee gehad het. :-)

    Weet jy wat jy moet doen Andrew? Jy moet vir jou ‘n blog begin en dan noem jy dit iets soos “My Sea Aquarium” en dan wys jy fotos daar van al die kreatiertjies wat jy daar aanhou.

    Ja dis vir my ook tragies dat daar so baie mense is wat ‘n stryd maak tussen hulle geloof en wetenskap terwyl daar nie so stryd hoef te wees nie.

  30. Andrew Says:

    I’ve just changed my avatar again, this time it’s a starfish with six ‘legs’ and not the usual five. (Try deleting your browser’s temp files if you want to see it.) These weird little creatures have the ability to re-grow damaged parts of their bodies. The one I have in my aquarium lost a ‘leg’ at some point and has since replaced it with two more.

    We share common ancestry with these animals going back some 560 million years to the late Precambrian period. Which means this shared common ancestor is about your and my 280-million-greats-grandparent.

    To all the creationists out there who are by now freaking out, wait there’s more. Starfish are considered our relatively close cousins. Less than four percent of all animal species are closer cousins to us than starfish are.

    Yes Flippie, you and I and starfish are related, we must have a reunion some time to catch up. *What’s next, a reunion party with algae? Shucks why not, any excuse will do.* Sammi jy’s reg, my kop raas ‘n bietjie, maar jy moet die lawaai van die binne kant af hoor. :-)

    Reference: The Ancestor’s Tale by Richard Dawkins.

  31. Sammi Says:

    Ai jai jai Andrew, ek raak bekommerd oor jou.
    Van wanneer af gaan ek ‘n arm of been verloor en dit gaan natuurlik vervang word deur sommer twee ledemate?
    Jy kan 1m redes gaan vind om creationists verkeerd te probeer bewys. Sover dink ek het jy omtrent 10 opgenoem.
    Nee man, jy gaan jouself siek maak deur alles so oor te analiseer wat in die natuur gebeur. Elke organisme op die aarde en in die oseane het hul eie doel.

  32. Andrew Says:

    LOL Nee Sammi ek se^ nie ons kan lede mate soos hulle groei nie, ons verskil te veel. Ek wys maar net dat ons verwant is aan alle diere op die planeet. Die ‘common ancestor’ wat ons deel met see sterre het waarskynlik meer soos ‘n wurmpie gelyk as ‘n see ster of ‘n mens. Hierdie is maar net ‘n voorbeeld wat ek gebruik het omdat ek ‘n paar komentare terug van hulle gepraat het.

    Dit laat my terug dink hoe ek my vorige meisie se siel uitgetrek het deur vir haar te se^ haar voor ouers was ‘a bucket of green slime’. :-)

  33. Sammi Says:

    Dan is dit geen wonder sy is jou vorige meisie nie!

  34. Andrew Says:

    Maar wat ek vir haar gese^ het is tog die waarheid, behalwe nou vir die ‘bucket’, en eerlikheid is die hoeksteen van enige gesonde verhouding. Plus wat ek gese het is ook nogals romanties dink ek. :-)

  35. flippiefanus Says:

    :lol: Andrew dit moes hoogs amusant gewees het om ‘n vlieg te wees toe jy en jou (vorige) meisie gesels het.

    Hoe het hulle bepaal dat ons naby verwant is aan die seesterretjies?

  36. Andrew Says:

    Flippie through what scientists call molecular rangefinding we know that by far the largest part of the animal kingdom join up with humans earlier (further back in time) than the example I gave above. So by implication, all animals more recent are more closely related. (about 4%)

  37. Andrew Says:

    EDIT

    “So by implication, all animals more recent are more closely related.”

    I didn’t say it right.

    … all animals that we share a more recent ancestry with are more closely related.

  38. Andrew Says:

    And by the way, that fly against the wall that was watching me dazzle my girlfriend with romantic poetry; we share common ancestry with them about 590 million years ago, although this is a rough estimate. The further back we go the greater the margin of error.

  39. flippiefanus Says:

    Mmm interessant. Hoe werk hierdie “molecular rangefinding”?

  40. Sammi Says:

    Net voor ek gaan doeks – Andrew, ek dink jy moet by NASA gaan aansoek doen – eerste bemande stasie op Mars klink goed :roll: BAIE verskillende kreature wat jy kan gaan ontleed :lol:
    Hierdie planeet dazzle jou!
    Nag, julle!

  41. Andrew Says:

    It is discussed in the prologue of the book.

    http://books.google.co.za/books?id=ZicUataX4G0C&pg=PA377&lpg=PA377&dq=molecular+range+finding&source=web&ots=AjZjWrJR2s&sig=qIqbiBH5UffbQkbocVL0NTtqCmw&hl=en&sa=X&oi=book_result&resnum=9&ct=result#PPA12,M1

  42. Andrew Says:

    Flippie dis tyd vir my om goe-baai te se^. Ek wil my aandag aan iets anders skenk in die maande wat kom. Dankie dat jy die tyd afgestaan het om met my te gesels. Ek dink jy is ‘n great ou.

  43. flippiefanus Says:

    Baie dankie Andrew. Hoop jy gaan eendag jou eie blog begin en dat ons daar kan verder gesels. ;-) Dankie vir jou bydraes hier.

  44. Sammi Says:

    Sjoe Andrew, toe vat jy dit letterlik op?!

  45. Retha Says:

    Toe vat hy wat letterlik op?

  46. flippiefanus Says:

    Retha, Sammi het sommer getreg. Sy het vroeer vir Andrew voorgestel om deel van die eerste bemande ruimtestasie op Mars te word … en toe skielik groet Andrew ons. :-)

  47. Retha Says:

    O, nou verstaan ek.

  48. Attie Heunis Says:

    Baie goed gestel.

  49. flippiefanus Says:

    Attie Heunis, baie dankie.

Leave a Reply