Wanneer bome vere groei

Een herfsoggend toe ek nog in Kanada gewoon het, het die wêreld my verras met ‘n skouspel wat ek nog nooit van tevore gesien het nie. Dit was asof die hele wêreld oornag in ‘n sprokielandskap verander het. Al die bome was spierwit. Te pragtig!

Spierwit bome in 'n sprokie paradys

Spierwit bome in 'n sprokie paradys

Ek dog toe eers dat dit oornag moes gesneeu het, maar toe ek oppad werk toe langs een so boom verbystap sien ek dat dit nie sneeu is nie. Dit lyk kompleet asof die bome oornag vere gegroei het. Klein delikate wit kristalletjie is aan die stamme en takke van die bome geheg. Die kristalletjie is ‘n vorm van ryp wat in Engels bekend staan as “hoar frost“. Dit vorm in die nag as die lug baie vogtig is en die wind baie koud is.

Veeragtige rypkristalletjies

Veeragtige rypkristalletjies

Dis nou weer daardie tyd van die jaar in Kanada wat mens sulke skouspelagtige landskappe kan sien. Laat my terugverlang.

(Prentjies danksy Flickr)

25 Responses to “Wanneer bome vere groei”

  1. Sammi Says:

    Watter pragtige beskrywing, Flippie -bome wat vere groei!
    Ek kan verstaan jy verlang terug, sense, sensibilities en al daai goeie en mooi dinge.
    Byt vas, Flippie!

  2. flippiefanus Says:

    Dankie Sammi. Sal probeer. :-)

  3. White Knight Says:

    Dagse Flippiefanus

    Die natuur is darem wonderlik en ongelooflik hoe die skeppende krag deur dit werk. Elke deel met ‘n doel.

    Groete

  4. Rustig Says:

    Het so ruk terug op televisie ‘n program gesien oor die “ice storm” wat Kanada so paar jaar gelede getref het. Dit is nogal skrikwekend. Selfs staal konstruksies is nie bestand daarteen.
    Tog bly die winter mooi, op sy eie manier.

  5. boerinballingskap Says:

    Pragtige foto’s!

    As ek jou dalk mag vra: hoekom het jy na SA teruggekeer? (of moet ek bietjie in jou argiewe gaan rondkrap?)

  6. Rustig Says:

    Ja Flippie ek wil ook weet! Ek is dan oppad Kanada toe en jy het terug gekeer. Weet jy iets wat ek nie weet nie. ;)

  7. flippiefanus Says:

    Ridder, dis veral ver my wonderbaarlik watter vorme water alles kan aanneem.

    Rustig, ja die ice storm was nogal erg. In daardie tyd wat ek in Toronto, so ek het dit vrygepring. Ek het wel al ysreen beleef. Meer as een keer moes ek my kar uit ‘n ys-omhulsel uitdop voor ek kon ry.

    BiB, die was maar eintlik oor familie, maar werksgeleenthede het ook ‘n rol gespeel. Ek sal nie maklik die werksgeleenthede wat ek hier in SA het daar in Kanada kan dupliseer nie. Ek het al oor Kanada inskrywings gemaak, maar nog nie juis oor die redes vir my terugkeer geskryf nie.

  8. flippiefanus Says:

    Rustig, jy is in ‘n ander bedryf as ek, so ek dink nie jy sal dit in Kanada noodwendig dieselfde ervaar as ek nie.

  9. Johan Swarts Says:

    WATSE frost??

  10. flippiefanus Says:

    :lol: Johan, die een waaraan jy dink spel mens anders. ;-)

  11. Wipneus Says:

    Wow pragtige foto’s! Dit lyk regtig soos ‘n sprokie :razz:

  12. Mefri Says:

    Sjoe Flippiefanus, dit is droommooi! Ja, ek lees gereeld hier by jou (smile)

  13. Pikkelik Says:

    Genade dis asemrowend! Dis nou wat ek rykdom noem! Geen geld kan daardie belewenis koop nie en daar kry jy dit, pure verniet!

  14. flippiefanus Says:

    Wipneus: Soos ‘n sprokie winter paradys. Mens moet dit beleef om dit werklik te kan waardeer.

    Mefri: Dankie. Bly jy loer in.

    Pikkie: Ja nee die kosbaarste dinge kom gratis.

  15. boerinballingskap Says:

    Dankie vir die antwoord, FF! Baie interessant, want gewoonlik werk dit juis andersom. Ek sal nou nie sover gaan om te vra in watter beroepsrigting mens beter werksgeleenthede in SA kan kry as in die buiteland nie. Dis egter goed om te weet daar is steeds sulke loopbane.

  16. flippiefanus Says:

    BiB ek sal jou wel vertel. :-) Daar is so ‘n kritiese tekort in van die professionele rigtings in SA dat velkleur glad nie ‘n rol speel nie. Enigiemand wat in hierdie hooggeskoolde rigtings is het dus geen probleem met werk in SA nie. Die salarisse kan in sommige gevalle so hoog wees dat dit met wisselkoers en al in ag geneem nog steeds beter is as oorsee. Dis waarskynlik nie ‘n langtermyn situasie nie, maar solank die “brein drain” uit SA voortduur sal hierdie situasie waarskynlik voortduur.

  17. boerinballingskap Says:

    ‘n Professionele hooggeskoolde! Ek kyk sommer met nuwe oe na jou! ;)

  18. flippiefanus Says:

    :lol: @ BiB. Nee wat jong dit klink meer hoogdrawend as wat dit regtig is.

  19. Retha Says:

    Dankie, dis mooi!

  20. Rustig Says:

    Flippie jy laat my nou wonder of ek die regte besluit geneem het om na Kanda te gaan.

  21. flippiefanus Says:

    Rustig, ek dink regtig nie dat jy ‘n probleem sal he^ nie. As ek reg onthou het jy gese^ jy is in die voedsel bedryf (catering?). Mens sal altyd moet eet. Ek twyfel baie sterk of jy deur afleggings en sulke goed geaffekteer sal word. Verder is Kanada in die situasie dat dit een van die min G7 lande is wat blykbaar ‘n ressessie gaan vryspring.

    Eendag is eendag dan kom join ek jou nog daar in Kanada. :-)

  22. Rustig Says:

    :lol:
    Flippie ek sal probeer om voor die 2010 Winter Spele in Kanada te wees. Nie vreeslike Spele persoon nie, maar vrek oor Slalom Ski resies. Is al wat ek kyk.
    Ek sal maar ekstra rolstoel aanskaf Flippie net ingeval jy te lank vat om op te daag.

  23. flippiefanus Says:

    Ai Rustig jy maak dat ek nou weer van voor af worstel met die keuses wat ek gemaak het. Ek wou ook voor 2010 terug wees in Kanada, maar dit het nie gegaan oor die Winter Spele nie. Dit was oor ek uit SA wou wees voor die sokker stories hier begin. Nou is ek besig om huis te soek om te koop. :???:

  24. Rustig Says:

    As jy eers huiskoop, dan is dit neusie verby. Sal maar jou rolstoel verkoop en myne opgradeer in Kanada. ;)

  25. flippiefanus Says:

    Nee wat mens kan altyd ‘n huis weer verkoop. Ek dink nie ek het al ooit ‘n huis vir langer as 4 jaar besit nie. Getuienis van my “wanderlust” geaardheid. So bere maar daai rolstoel. ;-)

Leave a Reply