Stoute katjie

Noudat ek daar by Sonkind lees van al die interessante dinge van katte, dink ek aan die nuwe kuiergas wat hier by my blyplek is.

Hier waar ek bly is daar so binnepleintjie met ‘n bedding vir plante. Rondom die binneplein is daar hoë mure, maar in die een muur is daar gate vir water om deur te vloei. So ruk terug kom ek agter dat een of ander kat sy besigheid gedoen het in die bedding. Hy het dit ook nie begrawe nie. Die grond was seker te hard. Ek doen dan maar die moeite om dit self te begrawe. Die kat kom natuurlik deur die gate in.

Een dag terwyl ek in my kamer is kom ek agter daar is ‘n swart kat met wit pootjies onder die tafel. Ek spring op, maar in stede daarvan dat die kat soos wat ek sou verwag skrik en daar uitstorm, loop meneer so ewe rustig uit die kamer uit na die binneplein. Daar vang ek hom, krap sy kop en gaan sit ta by die voordeur uit.

Toe later is die kat se besigheid weer daar in die bedding. Selfde storie, ek begrawe dit maar weer. Ek weet nie hoeveel keer dit gebeur het nie. Ek is radeloos want dis nie baie lekker om met die reuk saam te leef nie. Ek besluit toe dit moet die kat wees wat daar vir my kom gesoek het.

Eendag kom ek toe op dieselfde swart kat af waar hy in die bedding staan. Op daardie stadium was daar al van sy besigheid daar wat ek nog nie begrawe het nie. Ek vang hom, verduidelik vir hom dat hy baie stout is, toe druk sy neus by die besigheid en gee hom so drie rapse op die boud. Daarna vat ek hom na die gate toe. Hy kruip ook sommer dadelik daardeur en hardloop weg.

Of die pakslae sou gewerk het weet ek nie. Dieselfde middag vra ek toe die tuinier om die gate met bakstene toe te pak. So nou kan kietsie kat nie meer daar in kom nie. Sedertdien het ek nog nie weer onwelriekende besigheid in my binnepleintjie gehad nie. Nogtans is kietsie kat nie vir my kwaad nie. Ek het nou al ‘n paar keer die kat in die tuin by die voordeur gekry. Hy laat my toe om hom op te tel en sy kop te krap.

Wat maak mens om ‘n katjie te oortuig om nie in jou bedding sy besigheid te doen nie?

———————————

Vandag het ek vir klein ta afgeneem gekry. Mens kan sien dis nog ‘n jong katjie. Baie lief vir speel.

Meneer Geniepsig

Meneer Geniepsig

21 Responses to “Stoute katjie”

  1. Andrew Says:

    Ek weet ek is van die lug af maar ek kan dit nie weerstaan om nie komentaar te lewer oor katte nie. Ek is baie lief vir hulle. Flip die antwoord op jou vraag is, raak onslae van die bedding of sit doring takke daarop. Jy weet daai lang wit pendoring takke wat ‘n mens in die karoo kry? Die kiettie bedoel nie om vir jou die moer in te maak nie, hy soek net ‘n lekker plek om te k*k.

    As hy jou nog toelaat om sy kop te krap na sy pak slae, het jy hom seker nie te hard geslaan nie. Dankie daarvoor. :-)

  2. Sonkind Says:

    Gooi regte, egte rooi peper daar waar kieter sy besigheid doen. Hy sal nie weer nie, glo my :lol:

  3. Andrew Says:

    Besigheid doen? Die kiettie is ‘n antroponeur. Wys jou net hoe slim hulle is.

  4. flippiefanus Says:

    Andrew, ja ek is self lief vir katte so ek kon nie die kat te hard slaan nie, maar ek wou darem die idee kommunikeer dat ek nie gelukkig is met sy besigheid nie.

    :lol: Kietsie die entrepreneur.

    Sonkind: ek sal onthou vir volgende keer. Dan sal ek vir my rooipeper kry.

  5. Andrew Says:

    Liewe vader, is dit hoe ‘n mens dit spel?

  6. flippiefanus Says:

    Yip, ek is self nie juis goed met spelling nie daarom het ek dit gou gaan opsoek.

  7. ELF Says:

    ‘Party mense’ sê citronella sproei werk, maar ek het dit nog nie beproef nie. Ek weet die kwekerye verkoop ook plante wat klaarblyklik die teenoorgestelde uitwerking van catnip het en katte supposedly weghou.

    Ek dink dit is net die kat se manier om te verseker ‘you come out to play’ .. soms is selfs negatiewe aandag ‘n vorm van liefde en omgee vir iets of iemand wat dit nie ken nie. :)

  8. flippiefanus Says:

    Elf: dis interessant. Nog nooit gehoor van daardie anti-catnip nie. Die ou katjie kry baie positiewe aandag by my. Ek het juis vandag ‘n foto van hom geneem en dit by die inskrywing gelas.

  9. Andrew Says:

    Ek weet nie hoekom nie maar my oe het begin traan toe ek die foto sien. Kyk mooi na jou vriend; gee net pak as dit regtig nodig is.

  10. flippiefanus Says:

    Andrew, ek het al lus gevoel om die kat vir my te vat maar ek vermoed dit moet mense se kat wees wat in die omgewing bly. Die katjie is vreeslik mak. Ek is baie lief vir katjies en sal nie sommer ‘n katjie wil skade aandoen nie. Jy moet darem maar ‘n baie sensitiewe mens wees Andrew … en baie lief vir diere. :-)

  11. boerinballingskap Says:

    Die katjie lyk regtig oulik. Sy kan maar in my beddings kom speel.

  12. boerinballingskap Says:

    Andrew….jy hou van katte. Jy is My tipe ateis!

  13. Andrew Says:

    My vertoue in die mensdom is herstel. Dankie.

  14. ELF Says:

    Speel sy plek in mens se hart in met ‘n one-way ticket ja. Ek is seker klein Flippen-Fanus kry positiewe aandag by jou.

    Ek is ‘n sucker vir diere .. en hulle weet dit. As daar regtig ‘n monster onder my bed gewoon het sou ek hom seker ook probeer mak maak het. O_o

    Iets heel anders, wys nou maar net weer watter verskil perspektief kan maak (sommer so tongin die kies gesê natuurlik) … Maak die kat nie ‘n gat in die grond nie, is ons unhappy. Dan kom die mol en doen dit wél, en ons is unhappy. Go figure lol. :D

  15. flippiefanus Says:

    Ek het nou nog nie met molle te doen gehad nie. Dis Roer se departement daai. :-) Maar wanneer dit by katte kom is dit nie die gat wat die probleem is nie maar die reuk.

    Ek hou ook baie van diertjies, maar dis net katjies waarmee ek sal speel. Eekorinkies is ook mooi maar mens moet lief nie aan hulle probeer vat nie. Baie van die diertjies in die natuur drae siektes.

    Sien Kietsie loop nogsteed hier buite rond. Wonder waar ta se tuiste is.

  16. Sammi Says:

    Hmm ja, Flippie – ek sien ta het klaar in jou hart gekruip. Ons het ook ‘n kieter wat ons aangeneem het 5 jaar gelede – is haar huis, haar tuin, haar meubels, haar alles!

  17. netjane Says:

    Loop ek vanoggend in my tuin en kom agter ‘n kat het ons tuin begin oorneem. Baie tekens van entrepreneurskap, in meer as een plek! Toe wonder ek hoe mens dit keer. Snaaks hoe gedagtes so kollektief kan wees en ver in die wêreld (kittie) kan trek!

    Natuurlik het ons self nie ‘n kat nie, maar die besoeker is die mooiste klein grys katjie, sal probeer om ‘n foto te neem. Die katjie het al 2 muise ook gevang, so miskien moet ek nie te veel kerm nie!

  18. flippiefanus Says:

    Sammi, ja die katjie ‘n al klaar in my hart ingekruip. Dis tog goed om so kreatiertjie in die huis te he^.

    Netjane, wel probeer so bietjie van die advies wat ander hier geplaas het dan laat weet jy terug of dit gewerk het. Miskien moet jy die katjie aanneem sodat ta vir jou die muise kan vang.

  19. boendoe Says:

    Hohohahahahiehie….oor meer as een ding!

    1. Flippiefanus, JY, wat die kittie se poefies toekrap! Whahahaha…dit moet iets wees om te aanskou! :lol:

    2. Andrew…lief vir katjies! :shock:

  20. flippiefanus Says:

    Boendoe, maar dis mos nou nie so erg nie. Dis maar soortgelyk daaraan om skoon te maak agter jou hond wanneer jy met hom gaan stap, soos ek geskryf het in: http://flippiefanus.wordpress.com/2008/08/08/poepenskoep-kultuur/

  21. boendoe Says:

    Ja, Flippie. :lol:

Leave a Reply