Geloof bepaal optrede, bewyse nie
“Today [one of my colleagues] sees me with my water carafe, it’s a light blue glass one. She starts to tell me about some guy from Hawaii who has this sun water thing. Apparently you put water in your blue glass container and leave it in the sun for an hour and then you drink it. It is supposed to absorb all the goodness from the sun and go into your body. Well then she tells me about some woman who reports being mugged by a group of people. All the other people were shot and killed but not her, she was only grazed. This woman is putting it down to drinking this sun water. Can you believe it? I’m drinking water that’s been in a blue glass but I sure don’t think I’m bullet proof!”
“Oh by George what nonsense! If I may ask is this person religious? The atheists always take people like this as bad examples of religious people and how gullible they are.”
“No thankfully she’s not religious.”
Hierdie is ‘n gesprek wat ek op ‘n stadium met ‘n vriend van my gehad het. Dit gee ‘n voorbeeld van iemand wat onrealistiese oortuigings het wat niks te doen het met een of ander godsdienstige geloof nie. Hierdie voorbeeld bevestig dus dat geloof (en spesifiek liggelowigheid) nie iets is wat mens net by godsdienstige gelowiges kry nie.
Inteendeel, geloof kry mens by alle normale mense. Selfs ‘n agnostikus het ‘n stel fundamentele idees wat eenvoudig geglo word en in terme waarvan die wêreld en die lewe verstaan word. Hierdie stel idees staan bekend as die lewens- en wêreldbeskouing van daardie persoon. Geen persoon se lewens- en wêreldbeskouing het ontstaan as gevolg van enige bewyse nie, want dit ontwikkel reeds as kind wanneer bewyse geen besondere betekenis het nie. Miskien kan mens deur die loop van ‘n mens se lewe jou lewens- en wêreldbeskouing wysig as gevolg van bewyse, maar dan sal dit slegs kan plaasvind as jy die besluit neem om die bewyse te glo.
Party mense maak eenvoudig die aanname dat bewyse sondermeer geglo word. Ongelukkig is dit nie die geval nie. ‘n Wetenskaplike wat die wetenskaplike metode goed verstaan en kan sif deur waarnemings om tussen betroubare en onbetroubare waarneming te onderskei sal oor die algemeen oortuig wees wanneer daar behoortlike wetenskaplike bewyse aan hom of haar voorgehou word. So persoon glo dan inderdaad die wetenskaplike bewyse.
Ongelukkig is die oorgrote meerderheid van die bevolking van die aarde nie wetenskaplikes nie en verstaan hulle nie wat die wetenskaplike metode impliseer nie. Wanneer bewyse aan hulle voorgehou word dan sal hulle slegs die bewyse glo indien dit strook met hulle lewens- en wêreldbeskouing. Wanneer ek hier van bewyse praat sluit ek ook informasie in wat nie noodwendig aan die vereistes van die wetenskaplike metode voldoen nie. Dit mag iets wees wat mense opgedis het vir een of ander verborge agenda; dit mag iets wees wat hulle op onsekere maniere waargeneem het; iets wat uit onlogiese, ongeldige redenasies afgelei is; of enigiets anders van so aard.
Die ironie van die saak is dat selfs wetenskaplikes soms besluit om sulke onbetroubare “bewyse” te glo bloot omdat hulle dit graag wil glo. Daar is byvoorbeeld baie wetenskaplikes wat vas oortuig is dat daar swart kolke in die heelal is met gebeurtenis horisonne en al, ten spyte van die feit dat selfs al is daar swart kolk kandidate waargemeen, sulke voorwerpe volgens die bestaande wetenskaplike teorieë nie gebeurtenis horisonne kan hê nie.
Dus, as slotsom, kry ons eendersyds dat mense kan besluit om betroubare wetenskaplike bewyse nie te glo nie, en andersyds dat mense kan besluit om onbetroubare bewyse wel te glo.
‘n Mens se lewens- en wêreldbeskouing bepaal jou moraliteit. Dit bepaal hoe jy besluit wat is reg en wat is verkeerd. As sulks bepaal dit wat mens glo dus jou optrede. Die lewens- en wêreldbeskouing van mense met dieselfde kultuur is tot ‘n redelike mate met mekaar gekorreleer. Nogtans kan dit varieër op grond van persoonlike ervarings en verskille in die omgewing waarbinne die persoon leef en groot geword het. As ‘n persoon een of ander godsdienstige geloof aanneem word die geloof mettertyd deel van so persoon se lewens- en wêreldbeskouing. Die persoon neem dan die moraliteit van daardie geloof aan en as sulks bepaal die moraliteit van daardie geloof dan die optrede van so persoon.
God weet hoe die mens werk, want Hy het hulle gemaak. Daarom weet Hy ook wat die mens se optrede bepaal. Hy weet dat dit nie help om aan die mens bewyse te probeer lewer nie want dit waarborg nie dat hulle die bewyse gaan glo nie. Daar is verskeie voorbeelde in die Bybel waar wonderwerke aan mense gedoen is om hulle te oortuig. Ten spyte daarvan het baie nogsteeds nie geglo nie. In iedergeval is daar altyd die tussenstap van geloof tussen bewyse en optrede. Om hierdie rede is geloof vir God van baie meer belang as bewyse.
Trackbacks
Comments are closed.
Amen Flippiefanus!
Ek verstaan nog nie wat jy bedoel met “geloof bepaal optrede, bewyse nie.” Dat ‘n wêreldbskouing dit doen, sien ek in. Stel jy ‘n wêreldbeskouing gelyk aan ‘n geloof? Help.
Daar is ‘n paar landswette wat ook my optredes bepaal.
Pikkelik dankie vir jou ondersteuning.
Emil: “Stel jy ‘n wêreldbeskouing gelyk aan ‘n geloof?” Ja. Aangesien dit nie goed is wat jy kan bewys nie, is dit goed wat mens gewoon glo.
“Daar is ‘n paar landswette wat ook my optredes bepaal.” Goed hoe verklaar jy dan die verskil tussen jou wat hierdie wette gehoorsaam en ander landsburgers wat nie hierdie wette gehoorsaam nie?
Seker maar die sondeval
Mens moet natuurlik ook vra of alle landswette noodwendig goed is. ‘n Paar terug het ek gereeld die land se wette gebreek en steeds aan verbande organisasies se aktiwiteite deelgeneem.
Dit is tog seker so dat mense se morele kompas van mekaar verskil.
Sondeval inderdaad (as jy dan nou wil), maar ek verwys eintlik na die geloof: die fundamentele verskil tussen jou moraliteit en ander se moraliteit impliseer ‘n verskil in dit waarin julle glo. (OK ek dink jy het geweet ek verwys daarna, maar wou net my been trek.
)
Hello FlippieFanus
Baie goed geskryf. Ek hou van jou blog. Baie.
Geloof bepaal my optrede want Geloof is die enigste medium (kan nou nie op die regte woord kom nie) wat jou siel (persoonlikheid, karkter ens) kan beiinvloed. Of ten goede of die teenoorgestelde. Geloof is jou basis waarvan jy as mens opereer elke dag. Selfs mense wat reken hulle het geen geloof nie, glo nog steeds in iets, wat dan hulle self is..
Meeste van die sg ongelowiges, glo dan in hulleself. En dit is self-liefde. Dan sal hulle noodwendig die wette van die betrokke land of samelewing gehoorsaam, sodat hulle aanvaar sal word as mens. Sonder aanvaarding deur die samelweing sal die persoon se self-liefde skade ly. En daarom sal so ‘n persoon die wette van die samelewing begin verontagsaam. Dis ‘n geval van…”So who cares?! “.
Iemand wat geen geloof en ook geen wette nakom nie, het geen self-liefde meer nie. Miskien as kind is hy/sy nie aanvaar nie, of is verstoot, of verwerp deur die mense naaste aan hom of dan deur die samelewing. Almal het nodig om aanvaar te word of deel te wees van hulle direkte familie of samelewing.
Die verworpenes is dan ook die mense wat enige kritiek, al is dit opbouende kritiek, sal ervaar as verwerping. En van daardie punt af reageer uit pyn en verwoesting saai so ver hulle gaan. Selfs moor as hulle wil.
Ek go dis hoekom Jesus so klem gele het daarop dat ons die wat verwp is deur die samelewing, hetsy die melaatses of die wat in die tronk sit, moet besoek en liefde gee. Want dit is gewoonlik al wat hulle nodig het om hulle weer “mens” te maak.
Daarom se ek as jou Geloof, in God, Jesus of dan jouself, reg is, sal jy die wette gehoorsaam van die land.
Dis my beskeie mening. Ek weet net nie of ek myself reg uit gedruk het nie en of mense sal verstaan wat ek probeer se nie.
Groetnis
Hannelie, jy maak nogal ‘n baie belangrike punt oor hoe belangrik dit is om verworpenes te akkommodeer. Dis dalk die rede hoekom ons in hierdie land so probleme het met die geweld misdaad. As ons vroegtydig die verworpenes nader getrek het en meer geleenthede gegee het sou ons nie nou so daaronder gelei het nie. Dis iets om te onthou vir die toekoms.
Flippie
By wedergeboorte ontvang die uitverkorene die geloof “van” Jesus (maw die Heilige Gees) sodat die een wat wederbaar is ( wat aanvanklik voor wedergeboorte geestelik dood was) “in” Jesus Christus te kan glo. KJV het die gedagte van “faith of” versus “faith in” Christus meer korrek as die afrikaanse vertalings.
(Gal 2:16) Knowing that a man is not justified by the works of the law, but by the faith of Jesus Christ, even we have believed in Jesus Christ, that we might be justified by the faith of Christ, and not by the works of the law: for by the works of the law shall no flesh be justified.
Vir solank die mens nog nie die geloof “van” Jesus Christus het nie, bly die mens se beste geloofspogings in God se koningkryk wegwerplik.
(2Kor 13:5) Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie—as julle ten minste nie verwerplik is nie!