Wooohooo!

29 November 2008

Die jaar is besig om soos ‘n swaargelaaide lorrie sonder remme by ‘n afdraende af na sy einde toe te jaag. Teen die tyd dat November ons more vir nog ‘n jaar gaan groet is daar geen keer aan hierdie fatalistiese lorrie meer nie. Dan is dit nog net ‘n vakansie deurdrenke Desember met die belofte van ‘n helder somer-Kerfees aan die einde daarvan wat oor is van 2008.

Met my grootste verantwoordelikhede vir hierdie jaar nou ook ‘n slag agter die rug is my ogies net gefokus of vakansie … vankansie … vakansie. Maar op hierdie stadium is dit nog net my verstand wat op vakansie is. My lyf sit nog hier vêr van die see af en hyg. Gelukkig is daar beloftes van see en sand en eindelose sonskyn (hopelik reën ook); bruisende branders wat oor rotse breek; giggelende kindertjies wat in die branders karjakker; braaivleis en biltong en roomys; alles wat lekker is en wat mens weer vul met lus vir ‘n volgende jaar.

Hierdie vooruitsigte maak my lui vir werk, lui vir rekenaars, sommer lui vir alles in die algemeen. Ek sal seker nog bydrae tot die gewoer-woer, maar my teenwoordigheid op die woernale mag dalk so effens kwyn.

Vir almal wat nog werk: vasbyt mindae! :twisted: