Nou
Nou is die oomblik wat ek beleef. Môre weet ek niks van af nie en gister het ek reeds vergeet. Nou is die oomblik wat ek volledig kan ken en ervaar.
Die oomblik is miskien goed of miskien slegs. Dalk geniet ek myself of miskien haat ek die omstandighede, maar dis nie belangrik nie. Nou is nogtans wat ek ervaar. Ek moet dit so intens ervaar as wat ek kan. Dis wat maak dat ek weet dat ek nou leef. Dis die sensasie wat my sintuie vir my gee. Dis die emosie in my wat deur die sensasie veroorsaak word wat die oomblik kosbaar maak. Hoe meer intenser die emosie hoe meer kosbaar die oomblik.
Emosie is soos pêrels en edelstene wat mens versamel. ‘n Mens se lewe is ‘n string edelstene en pêrels van emosies. Dit maak nie saak of dit gelukkige of ongelukkige emosies was nie, die intensiteit van die emosie is wat dit kosbaar maak en wat maak dat mens dit onthou. Baie van die emosies kan uniek wees, soos die keer wat ek stoksiel alleen vir die eerte keer my voete in ‘n vreemde land gesit het; die een dag wat ek saam met ‘n vreemde hond met ‘n seer voet gespeel het; of daardie oggend wat ek die son sien opkom het oor die see terwyl ek op die strand sit en die branders oor die rotse breek.
Hierdie kosbare emosies was intens omdat ek die oomblik wat met so emosie vereenselwig is tot sy volle waarde beleef het, omdat ek wetend of onwetend my sintuie ingespan het om die oomblik wat ek beleef volkome te ervaar. Dit was ‘n oomblik waar gister en môre onbelangrik was. Dis was bloot nou.
Daar kom tye waar die nou so bleek en sonder enige moontlike stimulasie vir die sintuie is dat ‘n mens se gemoed afsak tot in ‘n vaal modder plassie. Dit is in daardie oomblikke wat mens jou string emosies van die verlede weer uithaal en oor die kosbare edelsteentjies streel en probeer onthou wat mens ervaar het sodat mens dalk weer ‘n traan wegpik of sommer spontaan begin lag.
Mag God gee dat mens nooit daardie stringetjie verloor nie.
Comments are closed.

Sjoe Flippie – dankie hiervoor! Dis beslis waar dat al is die hede partymaal moeilik om te verwerk, mens daardie stukkies onthou kan gaan haal en koester.
Ek versamel “geluk-klippies” Sommernet gewone klippies wat ek optel by verskillende plekke en dis oral in my huis en tuin om my te herinner aan die happy moments. NET gister dog ek HOE ek daardie klippies nou mis, maar ek kan hul mos in my geestesoog sien en die verskillende gebeurtenisse onthou…
Ai, moes jy van jou geluklippies ontslae raak toe jy nou getrek het? Dis jammer. Ek het ook sulke klippies wat ek versamel maar dis sommer maar net vir die klippies self. Ek assosieer nie juis iets daarmee nie en ek kan ook nie eers meer onthou waar ek elkeen van hulle gekry het nie.
Nee,nooit gesien nie Flippie – dis nog by die huis – dis soos foto’s – dis ook nog daar – hier leef ek mos in “ballingskap” met net die nodige
wat in ‘n kar en twee tasse gepak kan word.
O die groot trek kom nog. Ja dis nie lekker om so sonder helfte van ‘n mens se goed te moet klaarkom nie.
Hoekom is jy so stil? Kom vertel ons van jou nuwe werk, Flippie!
Sammi, is maar bietjie besig. Hopenlik sal dit begin beter gaan.