Geel straaltjie
Hierdie is na aanleiding van Johan se geel muur storie. Hy het voorgestel dat ons skryf oor ons vroegste herhinneringe. Dis eintlik so bietjie van ‘n verleentheid. Mmm, maar nou ja, what the heck!
My vermoede is dat dit plaasgevind het in my ouma-hulle se huis toe hulle nog destyds daar op Klippunt naby Upinton gebly het. Dan moes dit een van daardie vakansies gewees het wat ons hele gesin soontoe gegaan het om daar te gaan kuier.
Nou hierdie het baie lank terug gebeur, so die herhinnering is maar vaag. Wat ek kan onthou is dat toe dit gebeur het, ek op my rug gelê het. Rondom my was daar ‘n paar vrouens. Ek het ‘n sterk vermoede een van die vrouens moes my ma gewees het. Nou kyk ek moes op daardie stadium nog baie klein gewees het, klein genoeg om doek te dra. Om die waarheid te sê ek vermoed dat ek juis op my rug gelê het omdat iemand (vermoedelik my ma) besig was om my doek om te ruil. En toe gebeur dit …
Ek kan spesifiek onthou dat die vrouens allerande uitlatings gemaak het. Presies wat hulle gesê het kan ek nie onthou nie, want ek vermoed dat ek op daardie stadium nog nie veel kon verstaan van wat gesê word nie.
Wat my getref het was die paraboliese baan wat dit beskryf. Op daardie stadium het ek nie geweet dat die mens se liggaam sulke goed kan doen nie.
Comments are closed.

Of jy het tot laaaaat in jou lewe doek gedra, of jy’t ‘n hectic goeie geheue!
Ek kan sommer die vrouens se reaksies “sien”
Oulik!
Hahaha
Skoor, nee ek moes nog baie klein gewees het. Dit gaan mos oor mens se eerste herhinnering. Ek kan niks verder van daardie tyd van my lewe onthou nie.
Sammi, ja jy het mos ook seuntjies grootgemaak.
BiB, kom vertel bietjie wat jou eerte herhinnering was.
Hi Rosa, was jy vir ‘n ruk weg?
Emil, ja jy het mos ook ‘n seuntjie.
Hehe
Flippiefanus, giggel ek nou vir jou liggies getrappery – dalk het jy net jou merk gemaak; mannetjies in die diereryk baken mos hulle gebied so af.
Ek onthou self sekere dinge wat gebeur het toe ek ‘baie’ klein was, dis gin so vreemd nie. Daar was al baie eksperimente gedoen waar dokters tydens breinoperasies opsetlik ʼn sekere gedeelte van die brein aangeraak het, met die gevolg dat baie vroeë vergete herinneringe by die pasiënt weer na vore getree het.
Ek dink hierdie is Rooskindjie se afdeling – sy sal beslis oor meer kennis hiervan beskik.
Sommige mense onthou sekere goeters spontaan beter as ander. Ek onthou byvoorbeeld nie datums, name, pryse van goedere ens nie, maar wel dinge wat gekoppel is aan emosionele ervaringe bv. vreugde, vrees, die omstandighede en atmosfeer waarin dit plaasgevind het asook die gepaardgaande gesigsuitdrukkings, liggaamstaal en stemtone.
My gedigte weerspieël dit:
It was not just your radiant smile
but, the wings
which gave it flight
that enchanted my soul
Ag oulik. As ma van twee van jou spesie, kan ek my vereenselwig met die situasie wat jy beskryf. So met die doek om ruil, moes ons maar self leer om te koes.
Johan, wat lag jy?
Mefri, dis nogal vir my verstommend dat ek hierdie insident so ver terug kan onthou want my geheue is nogal soos ‘n sif. Daar is baie dinge van my later lewe wat ek totaal vergeet het.
Haai Roer, nou laat jy weer sommer bloos.
Ek glo jou Flippiefanus, mens se waarheid is jou waarheid (punt!)
Ek beter net eers jou bas en myne red, die gedig; ek het dit drie somers gelede vir my sielsgenoot geskryf.
Toemaar Mefri, ek dink nie regtig dat iemand enigiets snaaks met jou gedig sou vereenselwig nie.