Oooo daai bad!
Dit tref my hoeveel minder tyd ek deesdae het sedert ek by die nuwe plek begin werk het. Dis verstommend hoe baie tyd ek by die ou werk gehad het. Ek voel skoon skuldig daaroor.
Dis nie dat ek kla nie. Ek hou daarvan om besig te wees. Die gevolg is net dat ek nou baie minder tyd kry vir die dinge wat ek soveel meer tyd voor gehad het vantevore, dinge soos om te woer. Dis asof ek deesdae net oor die naweke tyd kry om inskrywings te maak, en dan sit ek nog soms vir ‘n dag lank oor die naweek sonder krag.
Wel ek hoop dinge sal dalk beter gaan as ek eers in my nuwe huis ingetrek het. Dis nader aan die werk en ek sal dalk minder verkeer hoef te hanteer, wat beteken dat ek meer krag sal oor hê wanneer ek in die middag by die huis kom.
Ek sien baie uit na my nuwe blyplek. Een groot rede is die bad. Vir langer as ‘n jaar bly ek nou al in hierdie plek waar ek net ‘n stort het. So my totale wese hunker nou al daarna om elke aand te kan ontspan in ‘n lekker warm bad.
My ma vertel vir my dat ek al van kleins af baie lief is vir bad. Dis asof mens al die sorge van die dag kan afwas. Mens voel dan ook sommer totaal verfris as mens so lekker bad gehad het. ‘n Bad veroorsaak ook dat my gedagtes onbevange kan sweef. Ek het dan ook al van my beste idees in die bad gehad. (Nee ek het nog nie met my nat lyf deur die strate gehardloop en “eureka!” geskree nie.
)
Die enigste tye wat ek die afgelope jaar kon bad, was wanneer ek iewers anders gebly het, soos toe ek met vakansie was of onlangs toe ek Dullstroom toe was. Ek het sommer in afwagting vir my ‘n bottel skuimbadseep ingepak. En omdat ek kon, het ek sommer met tye twee keer per dag gebad.
Ai, ek kan nie meer wag nie.
Comments are closed.

Nog iemand wat so in vervoering kan raak oor bad! Verseker een van my grootste lekkertes! Flippie jy moet solank al die lekker badsoute aanskaf vir die groot dag!
Ek weier om in enige plek te gaan bly waar daar net ‘n stort is. Daar waar ek bly wanneer ek Johannesburg toe gaan, is net een kamer met ‘n bad. Hulle weet nou al ek soek daardie kamer wanneer ek soontoe kom
Vrek oor stort en hoe meer “jets” hoe beter. Bad is soos om in jou eie vuil water te lê. Verder gril ek as dit in iemand anders se huis of oornag plek is.
Flippie
Ek’s nou al skoon opgewonde vir jou onthalwe oor DAAI bad en stem saam met Wip – skaf vir jou ‘n hele reeks lekker ruikgoed aan – dis hemels!
Rustig
Noudie dag toe ek goeters gaan koop het vir die badkamers hier, toe sien ek DAAI stort – dis ‘n hele 1 x 1 meter grootte, met stoom en jets en wie weet watter nog goed verstellings, MAAR mens moet nogsteeds staan. Nee wat, ek lê eerder in heerlike gegeurde warm water vir sommer ure op ‘n slag. Laat water uit, tap weer in met ‘n lekker boek.
Mens sukkel om te lees in ‘n stort
Flippiefanus, laatnag wanneer alles rondom en binne my stil geword het, word dit my-tyd vir selfbederf. Die badolie moet van die blou ekstra bevogtigersoort wees wat die hele badkamer hemels laat ruik – dan sak ek diep in die water weg waar ek droomverlore in die wasem kan verdamp. Ek stort net wanneer wil skoon kom, en dit IS anders as bad.
Daar vergeet ek skoon van JOU bad, skies FFaantjie, ek is regtig bly vir jou bederf ook, geniet dit.
Flippie, daar’s niks soos ‘n bad nie. Hoop daai dag breek gou aan.
Wipneus, ek hou van ‘n borrelbad so ek het al ‘n bottel daarvan, maar ek dink ek moet jou raad volg em myself begin bederf.
Sonkind, ek vra ook altyd as ek ‘n plek bespreek of daar ‘n bad by die plek is.
Rustig, nee wat ek doen nie sulke vuil werk nie, so my badwater is nie so vuil nie. Mens kan nie so lekker lank stort nie. Op ‘n stadium voel dit net vir my ek begin water mors.
Sammi, o ja ek sien vreeslik uit daarna.
Mefri, in die winter kan dit so lekker wees om die hele badkamer vol stroom te maak sodat mens in ‘n lekker warm atmosfeer.
Boendoe, die tyd sal kom. Kan nie meer wag nie.
Ek kan ure in die bad lê en lees. Ek tap maar net altyd weer warm water by. Ek mis dit nogals, noudat ‘n woeilige amper-tweejarige ook graag in die bad wil plas. Dit is nie goed vir jou boeke nie
So saam die reukgoeters waarna Wipneus en Sammi verwys is dit hemelse ontspanning (wanneer die woelige amper-tweejarige slaap).
Julle mors water met jule diep baddens!
Ek hoop die water word op die plante en “lawn” gegooi na die bad!
Ek’s ook ‘n badder, maar ek lees nie in die bad nie. Ek het kleintyd al geleer dis makliker, as ek lees en ma sê ek moet nou gaan bad, om so gou moontlik klaar gebad te kom en dan weer die boek te vat. Om skoon te kom en jou boek droog te hou is twee dinge wat nie vir my lekker saam werk nie.
Emil, selfs buite die badkamer is peuters en jou boeke maar goed om uitmekaar te hou… Maar dit weet jy seker al!
My rusbank is ‘n baie lekkerder plek om te lees as die bad. Die bad is vir drome.
Ek sal te bang wees my boeke word nat. As ek so amper tweejarige gehad het sou ek te lekker saam met hom in die bad gespeel het.
Nee wat Rustig jy gooi seker nie jou stort water op die plante nie. Ek tap nie my bad tot bo vol nie. So jou stort en my bad gebruik min of meer dieselfde hoeveelheid water. Maak ook soos Emil, tap bietjie warm water by as dit koud word.
Ek is ook ‘n badmens… met twee keer ‘n dag kan die water mos nou nie regtig vuil wees nie…. soggens vinnig vir wakkerword en saans vir bederf. Veral oor naweke… En nee, ek gooi nie die water in die tuin uit nie. Sal mos dodelik siek word in die koue na ‘n lekker warm bad (het darem nie ‘n swembad wat die watervoorraad in gevaar stel nie…). Daar is nie ‘n lekkerder aan die slaap raak as die aan die slaap raak na ‘n halfuur se droom in ‘n skuimbad nie…
Jo-Ann, ja jy noem sommer nou ‘n hele paar positiewe dinge van bad. Daardie ontspanne gevoel wat mens het na so lekke bad laat mens inderdaad lekker slaap.