Kinders van Afrika IV

As die mense in Afrika vir ewig geïsoleer van die Westerse beskawing kon bestaan kon Afrika se mense en kulture vir ewig in daardie toestand van vrede en saligheid bly voortbestaan het. Ongelukkig werk die wêreld nie so nie. Die mensdom op hierdie planeet maak noodwendig uiteindelik kontak met mekaar en beïnvloed mekaar. Weens die geweldige verskil in die vlak van ontwikkeling tussen die Westerse kulture en Afrika kulture is dit noodwendig dat laasgenoemde eendersyds ‘n minderwaardigheidskompleks sal ontwikkel en andersyds nie daartoe instaat sal wees om homself op te lig tot die vlak van die Westerse kulture nie. Die gevolg is die skynbaar eindelose hulpbehoewendheid van Afrika.

Aangesien daar nie meer ‘n omdraaikans is nie, is Afrika se enigste hoop om op een of ander manier die Westerse kultuur aan te neem. Miskien sal dit meer ‘n geval wees dat dit wat oor is van die kulture in Afrika deur Westerse stimulasie kan ontwikkel tot op die vlak van ander Westerse kulture. Hoe dit ook al sy, op een of ander manier moet Afrika die geweldige kwantum sprong maak om van relatief primitiewe kulture oor te beweeg na kulture wat so vêr ontwikkeld is soos die Westerse kulture, iets wat die Europese kulture letterlik duisende jare gevat het om te vermag. Westerse stimulasie mag dalk die proses vergemaklik.

Wat bedoel ek met hierdie “stimulasie”? Daar is ‘n Westerse element nodig wat tussen die mense in Afrika bestaan waardeur die Westerse beginsels en gebruik in die Afrika kulture opgeneem kan word. Dis hoe kulture werk. Deur te sien wat die ander doen en dit dan self te probeer word sulke gebruike en beginsels oorgedra van een kultuur na ‘n ander kultuur. Maar wie gaan hierdie Westerse element verskaf? Europa gee geld en miskien ‘n paar sendingstasies, maar hulle gaan nie hier in Afrika ‘n grootskaalse teenwoordigheid handhaaf sodat die mense kan sien hoe hulle leef nie.

Wat nodig is, is dat daar ‘n Westerse kultuur binne Afrika gesetel is — ‘n Westerse kultuur wat sy wortels in Afrika het, wortels wat nie sommer uitgetrek kan word en iewers in die Weste weer geplan kan word nie. Dit moet ‘n Westerse kultuur wees wat nêrens anders as in Afrika tuis is nie. (Julle kan seker sien waarheen ek oppad is.)

Ek glo dat God alles met ‘n doel doen. Selfs dinge wat vir ons mense op stadiums erg lyk het volgens ‘n groter globale perspektief, ‘n doel. Toe God al daardie mense destyds uit Europa na die Suidpunt van Afrika verstrooi het, was daar een of ander langtermyn doel met die hele proses. Hier het die Westerse beginsels, geabstraeer uit verskeie Europese kulture van die mense wat hierheen verstrooi is, behoue gebly. Hierdie beginsels het die fondament gevorm van ‘n nuwe jong kultuur wat hier op Afrika bodem ontwikkel het, ‘n kultuur wat vandag bekend staan as die Afrikaanse kultuur.

God kan ook die negatiewe dinge wat mense doen so draai dat dit in terme van ‘n groter globale perspektief, opbouend uitdraai. Dit geld selfs vir iets soos Apartheid, wat vandag ‘n vloekwoord geword het …

3 Responses to “Kinders van Afrika IV”

  1. Mefri Says:

    God kan ook die negatiewe dinge wat mense doen so draai dat dit in terme van ‘n groter globale perspektief, opbouend uitdraai – Beslis!!

    Jy moet nou klaar trek jong, dit voel vreemd sonder jou hier. :-)

  2. flippiefanus Says:

    Ek voel bietjie oorweldig Mefri. Dankie vir die inloer. Hierdie naweek behoort dinge tot ‘n einde te kom.

  3. Twee mans in ‘n gat « Flippiefanus Says:

    [...] ter afsluiting van my reeks oor kinders van Afrika, wil ek aan al diegene wat so tot vervelens toe hammer op hoe sleg Apartheid was sê: deal with it, [...]

Leave a Reply