Daai hol klank

27 Mei 2009

Daar is ‘n seker stadium wanneer mens besig is om in te pak vir ‘n trek. Dit gebeur een oggend wanneer jy wakker word en jy jou radio aan skakel. Iets klink net anders. Dis so hol klank, natuurlik weens die feit dat van die normale klank absorberende materiaal verwyder is wat dan veroorsaak dat meer van die klank weerkaats word.

Ek hou nie van daai klank nie.