Slaan oor na inhoud

Mens se aardse besittings

1 Junie 2009
tags:

Wat is dit tog dat mens so kan verknog raak aan ‘n klomp goed wat jy vir die res van jou lewe met jou moet saam sleep? Dis net ‘n hoop sonde en ergernis.

Dit tref my dat al die aardse besittings is vir die “creature comforts” sorg, maar dat hierdie goed niks doen vir die siel nie. Die “soul comforts” vra geen materiele goed nie. Dit soek vrede, stilte en liefds en al sulke goed wat geen aarde besittings vir mens kan gee nie. Verstommend hoe baie tyd mens aan die fisiese behoeftes spandeer en hoe min mens dink aan die siel se behoeftes.

Ai!

12 Kommentaar
  1. 1 Junie 2009 3:50 nm

    Dankie tog, ek is al verby daardie stadium in my lewe. Hoe minder “bagasie” hoe beter en ligter lewe ek. Mens stres net oor hoe jy alles gaan beweeg en betaal. Kos vir die motte.

  2. Mefri permalink
    1 Junie 2009 4:52 nm

    O gaats Flippiefanus, LOL jy beleef hierdie gemoedstoestand nes ek, maar weet jy wat, ek het al geleer dat dit net uiterlike tekens is van ʼn kragtige innerlike behoefte om binne jouself op te ruim. Jy kan maar my woorde merk. ;-)

  3. 1 Junie 2009 6:05 nm

    Dis waar wat Mefri se, ek stem.

    Gooi uit! :)

    Waarde? wat het eintlik waarde? Ek dink soos ‘n mens ouer word en groei verander dit, ek sal baie eerder geld op ‘n reis spandeer as op duur meubels. Ek dink mens begin versigter kies.

  4. 1 Junie 2009 7:04 nm

    Ek is heeltemal detached van aardse goed. Ek heg sentiment aan alles wat nie in papier toegedraai kan word of geld nie kan koop nie: iemand se glimlag terwyl ek die pakkie uit hul hande neem, die klank in iemand se stem tydens n spesifieke oproep, nie die foto nie, maar die storie wat dit vertel.

    Dalk is dit simpel, maar vir my beteken dit die wereld. Soms gebeur daar iets in mens se lewe .. en in n oogwink kyk jy na al hierdie ‘stuff’ waarmee jy jouself toegebou het (en skielik wonder jy hoekom dit donker om jou is?) As ek moet kies tussen iemand se vergifnis en alles wat ek besit .. daar IS nie eers n keuse nie! Go figure.

    Jy het n punch-hou met hierdie kort post geslaan. Mooi gemaak FF.

  5. Mefri permalink
    2 Junie 2009 7:56 vm

    Ek dink die enigste plek waar ek ʼn redelike balans handhaaf is oor goed anders beweeg ek tussen uiterstes. (ek probeer regtig hard om dit te verander, hehe, wanneer ek onthou dat ek iets daaraan behoort te doen) Ek is mal oor goed en ek gaar op, want ek is so sentimenteel as kan kom. Ek geniet alles wat ek het en elke dingetjie in my huis het ʼn geskiedenis wat dit vir my kosbaar maak. As ek die dag begin skoonmaak en skrop, voel ek die teenwoordigheid van die persoon aan wat dit vir my gegee het en onthou ek watter geleentheid dit was. Maar, my huis is nie oorstok nie, ek hou van oop skoon ruimtes.

  6. 2 Junie 2009 10:25 vm

    Ek hoop die trek verloop glad. Ek hoef net altyd my boeke saam te trek.

    Mefri, waar woorde.

  7. 2 Junie 2009 12:45 nm

    Ja Flippie, ek ken van daai. Ekke het sulke groot vierkantiges plastiese boksies gaan koop – net groot genoeg om inne rak te pas. En ek roep hulle memory boksies. Daar is vier van hulle. Een vir elke seun en een toe ek klein was en een van later lewe. En wanneer ek die dag nou wil teruggaan in onthou, dan loop haal ek DAAI ene – en DAAI ene kan my snot en trane laat tjank en OF lag, en dan vat ek dit stukkend en bekyk dit van alle kante. En koester dit. En dan hoef ek vir ‘n ruk dit nie weer te doen nie.

    GENIET jou bad – maak dit kokend warm in hierdie koue weer!!

  8. 2 Junie 2009 12:56 nm

    Sjoe klink my ek kan baie by julle leer. Ek het ‘n neiging om op te gaar. Dis vir my moeilik om iets weg te gooi. Tog as ek eerlik met myself is het ek daardie goed nie nodig nie. Sal ek ooit eendag kan verander?

    ELF ek wens ek was soos jy want ek dink regtig jy het die waardevolle opsie beet.

    Mefri, die snaakse ding is dat my geheue my in die steek laat. Ek kan later nie meer onthou hoekom ek iets bewaar nie en tog voel ek ek kan nie die ding weggooi nie.

    Rosa, maar wat as ek nou daardie meubels stuk nodig het? My huis is nou juis so leeg oor ek nie genoeg meubels het nie.

    Ja Rustig ek moes dalk meer rondgereis het oorsee dan sou ek dalk die probleem oorkom het.

  9. 2 Junie 2009 2:51 nm

    Emil, ek is ingetrek maar alles is nog deurmekaar.

    Sammi, ja die plek is koud want ek is nog te suinig om teveel verhitting aan te skakel, maar ek sal op ‘n stadium seker maar probeer om die hele plek warm te kry. As dit nie vir die bad was nie …

  10. Mefri permalink
    15 Junie 2009 11:19 nm

    Voel jou nuwe huis darem al so bietjie meer soos ‘n tuiste Flippiefanus?

  11. 16 Junie 2009 3:23 nm

    Ja Mefri, so stadigaan raak ek meer tuis in my eie huis. Mens skuur mos maar die skerp punte wat krap bietjie stomper so met die tyd saam.

  12. Mefri permalink
    16 Junie 2009 9:03 nm

    Ek is regtig bly om dit te hoor. :-)

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.