Kaapse draai
Deur ‘n samevloei van omstandighede bevind ek my skielik in die situasie dat ek blykbaar vir ‘n kort rukkie volgende week myself in Kaapstad en omgewing gaan bevind. Daar is selfs ‘n mate van opgewondenheid by my oor die vooruitsig. Ek sou inderwaarheid van die geleenthid wou gebruik maak om ‘n paar van die woeraars wat in daardie geweste woon van aangesig tot aangesig te ontmoet, maar konserwatief gereken sal daar seker nie tyd daarvoor wees nie. Nogtans kan ek myself so bietjie vergewis van die aangesigte waaroor so baie van diegene in daardie geweste so lieries kan raak.
Sal probeer foto’s neem as my kamera en my gebrekkig vaardigheid in daardie departement my toelaat.
Comments are closed.
Nie eers tyd vir ‘n koffietjie nie? Ek kan altyd vir Andrew saamsleep om dit interessant te maak!
Probleem is dat ek op hierdie stadium nie presies weet waar ek gaan wees nie, behalwe wanneer ek juis besig gaan wees. Miskien kan ons kontak maak wanneer ek daar is en iets probeer reel.
Ja dit sal nogal interessant wees om Andrew by te sleep
Naand Flippiefanus, ek vlieg self môre Kaap toe vir ʼn dag of drie. Sjoe, dit sou nou heerlik gewees het indien mens mekaar kon ontmoet, maar my naweek is ook tjok-en-blok volgepak.
Ons klomp Woes-digters het al op twee geleenthede so saam gekuier en dit was wonderlik gewees. Gedigte (en seker ook joernale) stel jou innerlike vry en wanneer mens uiteindelik ontmoet, vorm die prentjie ʼn aangename verrassende sprankelende geheel.
Dude, ek RY agter jou aan, laat weet net waar jy wanneer gaan wees
Mefri, dit lyk my ons gaan mekaar net mis wat ek vlieg eers Woensdag.
Johan, ek sal vir jou epos stuur. Miskien kan ons ‘n plan maak.
Hi Flippiefanus … heeltemal van die onderwerp af. Ek het ‘n link na jou blog toe in Facebook geplaas, wat jou moontlik toe sal laat om terug te werk en te sien wie ek is. Weet nie mooi hoe dit werk nie. Om eerlik te wees, ek gee nie meer regtig om nie.
Nogtans wil ek dit maar stilhou wie ek is, en dit nie uitbassuin behalwe vir die wat weet om daarna te gaan soek nie, om veral my familie en vriende nie te konfronteer met gedagtes wat hulle dalk ongemaklik en seer sal laat voel nie. Groetnis, en geniet die Kaap.
Annerkant!!! Goed om weer van jou te hoor. Nee wat ek het geen pingback of enigiets gekry van die skakel wat jy in Facebook geplaas het nie, maar dankie vir die ondersteuning in iedergeval.
Lees jy darem nog so af en toe hier? Gaan jy weer op ‘n stadium vir ons so iets skryf?
Jy’s bevoorreg. Geniet die Kaap!
uitstekend
Ons het sopnat gereën oppad na die onthaal toe, (giggel) al die getittewy; hare wat net so moet lyk en grimering het skoon weggespoel en afgewas. Nie dat dit saak gemaak het nie, want ons harte het warm geklop en lief-wees vir die niggies en nefies (voel maar soos my kleinboet en sussies, omdat my ouers hulle groot gemaak het) en die heerlikheid van bymekaar wees en saamkuier het die mooiste mooi uit letterlik ‘almal’ laat straal.
Gisteroggend terwyl ons ontbyt geëet het op die Waterfront, het ek aan almal gedink hier op wp wie ek weet in die Kaap woon of ‘n spesiale sagte plekkie het vir die Kaapse motreën; Sonkind en haar geliefde berg, Sammi, Elf, Johan en my Dingmaatjie wie se mooiste herinneringe oor die plek gesaai lê en natuurlik ook aan jou wie ek weet binnekort daar ‘n draai gaan maak.
Vanoggend is ek innig dankbaar vir die voorreg om saam met my gesin en bloedfamilie te kon kuier – soms vergeet ek hoe bevoorreg ek is.
Ja Mefri ek stem saam, dis altyd lekker om so saam met familie te kuier. Sondag het ek by my broer-hulle saam metmy ouers gekuier. My ouers vlieg nou juis more aand Engeland toe om vir my ander broer daar te gaan kuier.
Ek sal kyk wat ek kan doen!