Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.
Die Christen word gered op grond van geloof, maar wat glo jy?
Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook en hulle sidder van angs.
Wat is die geloof dan wat die Christen onderskei van die nie-Christen? Die evangelie, maar wat gehels dit? Is dit om te weet dat Jesus Christus die Seun van God is; om te weet dat God mens geword het sodat ons verlos kon word; om te weet dat God in Christus die prys betaal vir ons verlossing; om te weet dat Jesus Christus die dood oorwin het toe God hom uit die dood opgewek het? Kan mens die volle omvang van dit wat God oor homself aan ons geopenbaar het weet en glo en steeds met ‘n koue hart rondloop?
Nee!
Geloof verander optrede. Optrede word ‘n simptoom van geloof. Aan die vrugte wat jy dra word jy as gelowige geken. Watter optrede? Hoe lyk die `vrugte’ wat ‘n Christen dra? Dit lyk soos die Vrug van die Heilige Gees:
…liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Is hierdie vrug nog relevant in vandag se lewe? Is die optrede waaraan die gelowige herken word, ‘n optrede wat mens nog kan volg in ‘n moderne wetenskaplike wêreld? Ja, ja, ja, inderdaad. Die Christelike beginsels is allesomvattend.
In die tyd waartydens die Bybel geskrywe is, was daar nie so iets soos aardverwarming nie. Beteken dit dat die Christen nie weet hoe om die kwessie van aardverwarming te hanteer nie? In teendeel, die Christelike beginsels berei die Christen baie goed voor om te weet hoe om aardverwarming te benader. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jou nageslag is ook jou naaste, dus moet jy sorg dat hulle dieselfde kans op oorlewing het as wat jy het, en as daar by jou enige twyfel is oor die moontlike nagevolge moet jy hulle die voordeel van die twyfel gee.
Daar was ook nie kernwapens toe die Bybel geskryf is nie. Beteken dit dat die Christen nie weet hoe die kwessie van kernwapens benader moet word nie? Weereens is die Christen baie goed toegerus om te weet hoe om die kwessie van kernwapens en ander wapens van massa uitwissing te hanteer. Hoe kan jy beweer dat jy jou naaste liefhet as jy sulke wapens goedpraat?
Wat van die kwessie van genetiese navorsing of kunsmatige intelligensie? In so verre sulke tegnologie kan lei tot die benadeling van enigiemand of van God se skepping is dit nodig dat daar die nodige beperkings op geplaas word. Ongelukkig is dit nog te vroeg om duidelik te kan sien wat die moontlike nagevolge kan wees.
Mens kan nie die ontwikkeling van die wetenskap stuit nie. Wetenskap is ook nie opsig self iets slegs nie. Soos die mens se kennis toeneem is daar egter ‘n toenemende kans dat die mens homself ernstig kan benadeel, selfs totaal uitwis. Saam met die kennis kom daar dus ‘n groot verantwoordelikheid. Wetenskaplikes en die besigheidswêreld wat op die wetenskap floreer tree nie altyd met die nodige verantwoodelikheid op in hul doen en late nie. Die wetenskaplike is meer besorg oor roem en selfverheerliking en vir die besigheidsman gaan dit oor geld.
Voeg nou egter Christenskap by — ‘n ware geloof wat mens kan sien deur die optrede van die persoon — dan kom die verantwoordelikheid vanself by. Die Christen wetenskaplike of Christen besigheidsman weet dat dit nie gaan oor selfverheerliking of selfverryking nie, maar eerder oor liefde vir jou naaste in balans met liefde vir jouself, en in gehoorsaamheid aan God.
Geloof in God is dus wel daartoe instaat om te verhoed dat die mens homself uitwis.
Sal God die mens te hulp snel as hy wel begin om op groot skaal droog te maak? Helaas nie. Verantwoordelikheid impliseer ook aanspreeklikheid en ‘n deel van aanspreeklikheid is om te leef met die gevolge van ‘n mens se dade. Op die ou end is dit ‘n leer proses. Soos die ou mense gesê het, as jy nie wil hoor nie moet jy voel.

23 Junie 2009 at 9:33 vm
Bietjie van die punt af, maar dankie vir die kuier
23 Junie 2009 at 9:52 vm
Johan ek moet eintlik vir jou dankie se^, dit was baie lekker gewees om met jou te gesels. Moet dit meer kere doen.
23 Junie 2009 at 10:47 vm
Ek hou hiervan. ‘n Lig in die donker verwarring.
Kan ek dit wees en doen sonder geloof? Het ek dít werklik nodig?
Moontlik. En moontlik nie. Die vraag is natuurlik watter god. Goed, vir die Christen is dit vanselfsprekend. Vir die Moslem seker ook. Dalk bietjie van die punt af, maar ek gee my waarneming nietemin: ek let op dat die Pakistan krieketspan die grond soen en Allah prys vir hulle oorwinning in die T20.
Ek daar is beide gelowiges en nie-gelowige wat probeer verhoed dat die mens homself uitwis. Ek dink die verantwoordelikheid is dalk te groot.
23 Junie 2009 at 10:51 vm
Ek wens ek kon kuier, maar verseker ‘n volgende keer.
23 Junie 2009 at 1:47 nm
Jip en toe mis ek ook ‘n kuier.
FlippieFanus, jy dra God se lig so skerp soos ‘n soeklig op ‘n tripod, dit is net daar – altyd teenwoordig – dankie, vriend!
23 Junie 2009 at 2:38 nm
Emil, as elkeen sy deel doen, dan is die verantwoordelikheid nie te groot nie. Die probleem kom in wanneer daar mense is wat meer as hulle deel van die koek wil inpalm.
Die kwessie van iemand wat God prys vir ‘n oorwinning is dalk iets wat ‘n volledige inskrywing regverdig.
Emil en Sammi, daar is altyd die moontlikheid vir ‘n volgende keer. Miskien besoek ek Stellenbosch vroeg volgende jaar, dan probeer ek by julle ‘n draai maak.
Sammi, dankie, ek waardeer jou ondersteuning.
23 Junie 2009 at 4:15 nm
Flippie: As ek soms so deur al die dinge lees. Nie net by jou, maar ook by ander, dan wonder ek of die mensdom nie te veel vrae vra en opsoek is na antwoorde wat hul in elk al klaar weet nie. Dalk is ons nie te vrede met die eenvoudige antwoorde nie. Minder woorde en meer dade. Ek vra al hele paar jaar gelede nie meer vrae nie. Dit is nie vir my nodig nie. “Want ek weet!”
PS As dit vroeg volgende jaar is dan is ek dalk ook by die huis.
23 Junie 2009 at 7:58 nm
Ek hou baie van dade en dink dit word onderskat in gereformeerde teologie. Dalk kan jy sê, die idee dat mens deur jou geloof eerder as jou dade gered word, waar kom dit vandaan? Van Jesus of van Paulus? Dalk kan iemand ‘n eksegese van daai stuk doen wat Jesus oor die geloof soos ‘n mosterdsaadjie gesê het, want dit lyk vir my so half asof dit nie rym met sy ander stellings dat mens die wet nog ten volle moet gehoorsaam en dat mense geoordeel gaan word n.a.v hoe hulle teenoor armes opgetree het nie.
23 Junie 2009 at 11:23 nm
Dis baie nice wat jy oor die wetenskap skryf. Mens moet in alle kennisstrewes daardie nederigheid, of minstens selfloosheid, in gedagte hou. Is enige optrede wat deur ego en eiebelang gedryf word, nie uiteindelik maar die resep vir ‘n onbevredigende en selfs onheilige lewe nie?
24 Junie 2009 at 3:05 nm
Rustig, ek dink dit is goed om vrae te vrae. Iemand gaan dit in ieder geval doen. Die gevaar le^ dan in die antwoorde wat verkry word en wat met daardie kennis gedoen word. Dit is dus verkiesliker dat iemand wat die nodige verantwoordelikheid openbaar die antwoorde verkry.
Piesang, uiteraard glo ek dat dit Jesus is wat ons geleer het dat geloof ons kan red. Hoeveel maal het Hy nie aan die mense wat Hy genees het gese “jou geloof het jou gered” nie? Wat Hy nogtans baie duidelik gestel het is dat ‘n mens se optrede wel baie belangrik is. Die volgorde is egter andersom as wat mens intuitief sou verwag. Dis eers geloof en dan optrede. Optrede volg vanuit ‘n ander motifering as vrees vir vervolging. Dis gebasseer op ‘n interne oortuiging wat kom uit geloof.
“Is enige optrede wat deur ego en eiebelang gedryf word, nie uiteindelik maar die resep vir ‘n onbevredigende en selfs onheilige lewe nie?” Kan wees, maar dis nie noodwendig ‘n reel nie.
24 Junie 2009 at 7:47 nm
Ek het nie probleem met vra oor wetenskap en mense kennis nie.
26 Junie 2009 at 2:46 nm
Ek het eintlik nie ‘n probleem met enigiets nie.
30 Junie 2009 at 4:16 nm
Dit is hoekom God vir Joost geoordeel het.
“Sal God die mens te hulp snel as hy wel begin om op groot skaal droog te maak? Helaas nie. Verantwoordelikheid impliseer ook aanspreeklikheid en ‘n deel van aanspreeklikheid is om te leef met die gevolge van ‘n mens se dade. Op die ou end is dit ‘n leer proses. Soos die ou mense gesê het, as jy nie wil hoor nie moet jy voel.”
1 Julie 2009 at 8:13 vm
Flippie, ek hoop jy het jou kuier in die Kaap geniet. Gaan jy fotos wat jy geneem het vir ons wys?
1 Julie 2009 at 2:11 nm
Geloof kan alleen sin maak as iemand die geloof van Jesus Christus ontvang. Dis jammer dat die Afrikaanse Vertaling in Gal 2:16 verkeerdelik as “geloof in” vertaal is. Met die parafrase “geloof in” word die fokus en klem van geloof geplaas op die geloof van die mens en nie op die geloof van Jesus Christus nie. Die ou DSV het dit nog korrek gehad…
(Gal 2:16) Doch wetende, dat de mens niet gerechtvaardigd wordt uit de werken der wet, maar door het geloof van Jezus Christus, zo hebben wij ook in Christus Jezus geloofd, opdat wij zouden gerechtvaardigd worden uit het geloof van Christus, en niet uit de werken der wet; daarom dat uit de werken der wet geen vlees zal gerechtvaardigd worden.
Adam en Eva het voor hulle sondeval daardie volmaakte geloof gehad om in God te glo, nie omdat hulle as mense onfeilbaar was nie maar omdat God die Heilige Gees in hulle gewoon het. Solank hulle aan God gehoorsaam sou bly sou hulle die volmaakte geloof behou om in God te glo.
Die oomblik toe hulle in ongehoorsaamheid aan God in sonde geval het (deur te eet van dit wat God hulle belet het om te eet), het hulle die Gees van God en dus die vermoeë om volmaak in God te glo verloor. Hulle het met ander woorde die geloof van Jesus Christus verloor. Na die sondeval sou daar slegs Een wees wat so kom en wat met die volmaakte geloof gebore sou word… die Messias Jesus Christus. Hierdie beginsel van die geloof van Jesus Christus kom ook baie mooi navore in die volgende Skrifgedeelte
(Phi 3:9) And be found in him, not having mine own righteousness, which is of the law, but that which is through the faith of Christ, the righteousness which is of God by faith:
Eers wanneer ‘n persoon weer die geloof van Jesus Christus (by wedergeboorte) ontvang, kan so ’n persoon in Jesus Christus (God) glo soos wat Adam en Eva in God geglo het (voor die sondeval natuurlik). Dis eers wanneer ’n gelowige ontdek dat dit nie sy (eie) geloof in Jesus Christus is wat in hom die wonderwerk van wedergeboorte kan verwek nie maar dat dit God is wat aan hom die geloof van Jesus Christus moet gee sodat hy in God kan glo. Todat hierdie wonderwerk in die lewe van ’n mens plaasvind bly sy beste geloof maar “ongeloof”…! Dis geen wonder dat Jesus Homself asvolg teenoor Sy dissipels uitgelaat het nie:
(Mat 17:17) Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.
(Mat 17:18) Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
(Mat 17:19) Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
(Mat 17:20) En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
Eers dan maak geloof sin.
Die beste wat enige mens kan doen voordat hy daardie geloof van Jesus Christus ontvang is om onder die hoor van die Woord van God te kom en dan op God te wag…!
Johannes
1 Julie 2009 at 5:02 nm
Johannes my blog vriend,
As jy nie 21 Mei in elkeen van jou blog komentaar noem nie sal die Heerser van die heelal dalk dink jy probeer nie hard genoeg nie en dan is jou kaiings gebraai.
1 Julie 2009 at 6:39 nm
Hi Andrew
Ja ek beplan om iets oor my Kaapse trippie te plaas, maar aai die tyd.
Sondag is ek oppad Durban toe vir ‘n week. Die daarop volgende week beplan ek om vakansie te vat.
1 Julie 2009 at 6:47 nm
Moenie die gevoel onderskat om besig te wees nie. Neem fotos al die pad en deel dit met ons.
1 Julie 2009 at 7:16 nm
Wil net gou se^ Flippie, om weg te breek, al is dit net vir ‘n week, is koning. Vergeet jou werk, vergeet jou blog, vergeet mense wat jy ken, maak net seker daar is kos vir die kiettie in die huis, en as daai uitgesort is dan stoot jy ‘n toon na waar die son skyn. Skrew the people, we are the people.
2 Julie 2009 at 8:47 vm
Andrew
Ek vermeld 21 Mei 2011 nie om enigsins te poog om die Heerser van die heelal te probeer behaag nie dude.
Ek verdien dit in anyway om gebraai te word. Nie my wil nie dude, nie myne nie.
2 Julie 2009 at 10:41 vm
Andrew, ek het nou juis gehoop dat wanneer ek wegbreek ek meer tyd gaan kry om so bietjie te woer.
Terloops, ek het (nog) nie ‘n kietie-kat nie. Daardie een wat by die ander plek was waar ek gebly het, het toe opgehou om vir my te kom kuier.
Mense is nie regtig sulke slegte goed nie Andrew.
2 Julie 2009 at 11:25 vm
Ai Johannes hoe kan jy se^ jy verdien om gebraai te word? Nee, jy verdien dit nie. Soos Flippie se^, mense is nie sulke slegte goed nie.
2 Julie 2009 at 11:52 vm
Andrew dis miskien jou siening maar dis nie wat die Bybel verklaar nie.
Psa 14:1-4 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie. Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.
Rom 3:10-18 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.
Ek is meer geneig om my op die Woord se siening te verlaat as my te verlaat op dit wat die mens se siening van die mens is.
2 Julie 2009 at 1:27 nm
Hallo ((((Flippiefanus)))))
Hallo Andrew, ek hou van jou sagtekant wat ek nou op twee plekke raakgelees het
2 Julie 2009 at 3:54 nm
Johannes, ja jy het ‘n punt beet. Wat ek bedoel met dat mense nie regtig sulke slegte goed is nie, is nie dat hulle sondeloos is nie. Nogtans is daar liefde by mense. Dit is so dat hierdie liefde tog in sy oorprong van God kom. Om mekaar lief te he is juis God se opdrag aan ons. Deel van hierdie liefdesopdrag is om die goeie in ander raak te sien.
Hi Mefri, eendag gaan ek weer meer gereeld skryf.Dit beloof ek myself.
3 Julie 2009 at 11:00 vm
Flippie dankie dat jy die punt insien.
Die liefde waarvan jy (en Andrew) praat is alles nice en goed en wel, en ja daar is mense wat goeie dinge doen. Die rooikruis en die United Nations se voeding van die hongeres doen wonderlike dinge, die kerke en kerkstrukture ook…. Maar dit spruit nie voort uit diegene se lewens as ‘n vrug van hul geloof “in” Christus nie. Geloof (faith) in Christus kan slegs vanuit die mens voortgebring word wanneer God die wonderwerk van wedergeboorte in die mens se lewe bewerkstellig.
(Gal 5:22) But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, gentleness, goodness, faith,
Die woord “selfbeheersing” in die afrikaanse vertaling sou beter vertaal kon word as die woord “geloof” …
Dis slegs wanneer die mens die geloof “van” Christus by wedergeboorte ontvang dat hy instaat is om goeie dinge te doen wat vir God aanneemlik is. Dis daarom alleenlik wanneer die mens geloof “van” Christus (die Heilige Gees by wedergeboorte) ontvang wat ‘n mens geloof “in” Christus kan uitleef.
Die liefde wat ons vir ons naaste behoort uit te leef is dat hy ultimately die “ewige lewe” saam met sy Skepper sal beërwe, maw ‘n lewe waar daar ewiglik liefde, vrede, vriendelikheid, vreugde, en al daai ander lekka “vrugte” beleef sal word. As hy dit ontvang het kan hy maar soos Lasarus op straat lê waar die honde sy sere lek.
Geen huis, paleis, pondok of hok kon enige bydrae lewe tot die ewige saligheid wat Lasarus van God ontvang het nie. Nadat Lasarus daardie “hoogste goed” van God ontvang het sou hy in anyway geen erg gehad het aan enige kombers, kledingstuk of koskrummel wat hy van hetsy die kerk of die kraai ontvang het nie.
Inteendeel soms kry ek die indruk dat ons die armes in hulle kwaad sterk met al die liefdes diens wat ons deesdae so kwistig uitdeel(dit behoort ons egter nie as verskoning te gebruik om nie goed te doen nie).
Dis waarom die kerke vandag so klaaglik misluk. Hulle fokus is op kerkgeboue, en as die budget dit toelaat komberse, kos en klere … en as die budget dit verder toelaat die verkondiging van die Evangelie…!
Maar nou ja…. dis ‘n heel ander onderwerp.