Die lang-lang pad
Klim in jou kar, maak dit vol petrol en ry, maak nie saak waarheen nie, ry net so vêr as wat ‘n vol tenk petrol jou toelaat. Met my kar kan ek so 600 km ry met ‘n voltenk petrol en teen ‘n beskaafde spoed neem dit my so 6 ure om dit af te lê. Mens kry op die manier ‘n gevoel vir die uitgestrekheid van die wêreld, veral hier in Suidelike Afrika waar daar relatief min woude is. Die lappe aarde met die pad wat net nie wil end kry nie. Dis maar net 600 km. Interesant genoeg, lig neem 2 duisendstes van ‘n sekonde om daardie afstand af te lê.
Dink nou as jy 40 duisend km wil aflê. Dis wat die omtrek van die aarde is. Duidelik is dit ‘n afstand wat mens liefs in ‘n vliegtuig wil aanpak en selfs dan sal jy jou reis oor etlike dae moet beplan. So vat vir jou ‘n klomp blokkiesraaisels of sodukos saam. Lig bereik sewe en ‘n half keer hierdie afstand in een sekonde.

Bou vir jou ‘n vuurpyl en reis daarmee maan toe. Hopenlik kan jou vuurpyl baie vinniger beweeg as ‘n kar, anders gaan jy baie lank sit en blokkiesraaisels invul. Die maan is amper 400 duisend km van die aarde af, tien keer sovel as die omtrek van die aarde. Dit vat lig net meer as ‘n sekonde om van die aarde tot by die maan te kom. Dis die vêrste bestemming wat enige mens nog ooit bereik het. Eendag as die mens dit sal regkry om Mars toe te gaan sal hulle ten minste ‘n afstand van omtrent 50 miljoen km moet aflê. Dis meer as ‘n honderd keer so vêr as wat die maan van die aarde af is. So ‘n reis bied besondere uitdagings aan enigiemand wat dit wil aanpak.
Die son is 150 miljoen km van die aarde. Dit neem lig agt en ‘n half minute om van die son tot by die aarde te kom. Nou begin die afstande so groot word dat ons liefs ‘n nuwe eenheid moet gebruik. Gelukkig het die astronome lankal besluit om die afstand tussen die aarde en die son as een astronomiese eenheid (AU) te definieer.
Neptunus, wat die vêrste planeet, is 30 AU van die son af. Dit neem lig meer as 4 ure om van die son af tot by Neptunus te kom. Dink nou net hoe lank dit sal vat om met jou vuurpyl soontoe te reis, om nie eers van jou kar te praat nie.
Die naaste ster aan die aarde is … ja goed … die son. So dan die tweede naaste ster aan die aarde is Proxima Centauri en dis 270 duisend AU van ons sonnestelsel af. Dit vat lig 4 jaar en 3 maande om van daar af tot by ons uit te kom. Proxima Centauri is ‘n dwerg ster in die omgewing van Alpha Centauri. Laasgenoemde, wat eintlik twee sterre is, is dus omtrent dieselfde afstand van die aarde af. Die volgende ster is dan Barnard se ster en dis amper 400 duisend AU weg — meer as tien duisend keer die afstand tussen die son en Neptunus. Lig reis 6 jaar lank om van Barnard se ster af tot by ons te kom.
So gaan dit aan. Die afstande raak al groter en mens verloor mettertyd ‘n begrip van wat hierdie afstande beteken. Dit raak dan ook geriefliker om stelselmatig groter afstandseenhede te definieer. ‘n Populêre eenheid is ‘n ligjaar. Dis die afstand wat lig in een jaar aflê — ‘n volle 63 duisend AU, of te wel nege en ‘n half miljoen miljoen km. Dink net hoeveel keer sal ek moet petrol ingooi.
Die Melkweg is die sterrestelsel waarin ons sonnestelsel is. Daar is na raming tussen 200 en 400 duisend miljoen sterre in die Melkweg stelsel. Hierdie sterre is versprei in ‘n plat spiraalvorminge skyf wat nagenoeg ‘n diameter van ‘n honderd duisend ligjaar het en ‘n duisend ligjaar dik is.
Rondom die Melkweg stelsel is daar ‘n klomp ander kleiner misvormde sterrestelsels. Die naaste ander spiraal sterrestelsel is die Andromeda sterrestelsel. Dit is twee en ‘n half miljoen ligjaar van die Melkweg stelsel af, met ander woorde 25 keer so ver as die diameter van die Melkweg stelsel.

Daar is baie sterrestelsels. Hierdie sterrestelsels vorm groepe wat danksy gravitasie naastenby bymekaar bly. Verskillende groepe vorm weer supergroepe, ensovoorts.
Op hierdie punt het ek reeds lankal my konsep van afstand totaal verloor. Die heelal is eenvoudig verbysterend groot …
… en God het dit alles gemaak.
Hoe groot moet God dan nie wees nie?
[Deel van die reeks oor Godsbegrip]

Amen.
Daar ís baie sterrestelsels. En die heelal ís verbysterend groot.
Jou skrywe laat mens weereens verstom staan dat God Hom hoegenaamd met ons bemoei.
Marietjie, dis dalk een van die redes hoekom party mense dit nie kan verstaan dat God met ons sal bemoeienis maak nie.
Emil, ek het maar op ‘n stadium opgehou. Ek kon geskryf het van die heel verste sterrestelsels, die kwasors, die kosmiese bestraling en die Hubble konstante. Maar ek het besluit op daardie stadium kry mens reeds die idee. So gegee dat hierdie heelal deur ‘n Skepper gemaak is, dan kan mens aflei dat hierdie Skepper ontslaglik groot moet wees.
Hi Flippie
Die Louis Giglio teaching in How Great is Our God het my laat besef hoe klein en insignifcant ek nou eintlik is in teenstelling met God, want al daai… hou Hy in die palm van sy hand..
as “groot” skryf, meen jy fisies groter as die heelal, of gebruik jy die woord op ‘n ander manier?
Dis regtig ‘n mooi inskrywing Flippie.
Ek het nog nie geantwoord op jou vraag wat ek bedoel met regressie nie. Wel ek dink jy weet alreeds dit handel oor kompleksiteit. Dit daar gelaat, die debat verval in elk geval waneer ‘n mens die fisiese en meta-fisiese saam voeg in ‘n gesprek.
Graag wil ek iets met jou deel wat my nog nie voorheen opgeval het nie. So paar dae terug stap ek en my hond in die mirrel vannie nag ve^r van ligte af en kyk op na die Melkweg. Okay Apollo het nie gekyk nie maar ek het. Ons Son is glo op een van die verste punte op een van die spirale. Sal dit verduidelik hoekom die Melkweg vir my dikker op seker plekke lyk as ander?
Girl van die Suburbs, as mens so dink aan al die dinge dink dan is dit eenvoudig onbeskryflikhoe groot God moet wees.
Johan, met die eerste oogopslag sou mens uit die aard van my inskrywing wou aflei dat “groot” na fisiese dimensie verwys, maar as mens bietjie gaan sit en dink dan impliseer die feit dat God dit alles gemaak het, dat “groot” veel meer as net ‘n fisiese dimensie moet beteken. Om die waarheid te se^ maak dit nie regtig sin om van God in terme van dimensies te praat nie want die dimensies soos ons dit in die heelal ervaar is ook deur Hom gemaak. Groot word dus meer in ‘n metaforiese sin bedoel.
Andrew, reg. Ons sonnestelsel is redelik ver van die middel van ons sterrestelsel. Dus sien mens nie die Melkweg ewe helder al die pad rondom die aarde nie. Interessant genoeg is ons hier in die Suidelike halfrond bevoorreg want ons sien die middel van die Melkweg en nie die Noordelike halfrond nie. Die mense wat dus deur waarnemings probeer bepaal of daar ‘n gravitasie kolk in die middel van die Melkweg is, moet hier na die Suide kom om die waarnemings te maak.
De^m ek het gehoop vir so ‘n antwoord. Weet jy dalk in watter konstelasie die middel punt van ons sterrestelsel is?
Sagitterius
Dankie Flippie.
My ma raak al hoe meer ongelowig maar ek dink sy “substitute” haar vorige geloof met “dark energy”. Wat dink jy is die kaanse dat ons dalk gravitasie moet hersien in plaas daarvan om te soek vir “dark energy”?
Dankie Flippie – hierdie is baie interessant. Ek is deesdae ge”fascinate” met die planete.
Lekker inskrywing van hoe groot alles is.
Daar is inderdaad ‘n reuse gravitasiekolk/swartgat in die middel van die Melkweg, hulle het sy bestaan klaar bewys.
Jy sal of het seker al Gideon Joubert se “Die Groot Gedagte” geniet.
Wow, dis nog altyd vir my amazing, verbysterend, awesome, verstommend…
Terloops, Emil, ek was nie mal oor Gideon Joubert se boek nie. Dit het soort van gevoel – vir my, altans, maar ander mense kan anders voel – of die godsdiens-deel kunsmatig aangeplak is bo-op ‘n baie interessante wetenskap-deel. Nie dat ek gestry het met sy godsdiens-deel nie,dis net dat smaak verskil. Hoe het jy die boek gevind?
Ek is mal oor die wetenskapdeel. Die godsdiensdeel kon hy maar los. Voel nagemaak – ek hou egter van die titel: Die Groot Gedagte.
Andrew, soos ek dit verstaan bevat die Algemene Relatiwiteitsteorie reeds die vermoee om donker energie te akkommodeer. Dit impliseer eenvoudig dat die kosmologiese konstante wat Einstein ingebring het nie nul is nie. Die probleem is egter dat ons huidige manier van hoe dinge tans verstaan word nie ruimte maak vir ‘n kosmologiese konstante wat nie nul is nie.
Sonkind, die planete en al hul mane is inderdaad baie interessant. Wikipedia bevat baie informasie daaroor.
Rosa, ek was bevoorreg genoeg om onlangs ‘n praatjie by te woon waar iemand vertel het van haar waarnemings van die “jets” wat van hierdie gravitasie kolk afkom. Dit was baie interessant.
Emil, nee nog nie.
Retha, jy dit wat ons waarneem van die heelal laat my mond eenvoudig oophang. Vir my is dit ‘n onbeskryflike wonderlike getuienis van God.
Weereens dankie vir jou antwoord Flippie. Ek kan ongelukkig nie betekenisvol byhou in so ‘n indiepte gesprek hieroor nie, my kennis is te beperk. My vraag is slegs gebasseer op die feit dat sterre op die verste punte van sterrestelsels amper dieselfde “angular speed” het as sterre nader aan die middelpunt. In ons sonnestelsel beweeg planete nie op hierdie manier om die Son nie. Die verste planeet Neptune neem veel langer om een omwenteling om die Son te maak as byvoorbeeld Mercury. Die afleiding soos ek dit verstaan is dus: hersien gravitasie of vind uit wat die extra gravitasie veroorsaak.
Nee wag Andrew nou verwys jy na “dark matter” en nie “dark energy” nie. Die “dark matter” is iets wat dus versprei is deur die stellestelsels wat veroorsaak dat sterre op die rand van die sterrestelsel vinniger moet beweeg as wat skynbaar nodig is. Ek dink nie dat ‘n gebrek in ons kennis van gravitasie hiervoor ventwoordelik is nie.
Is die twee nie maar equivalent aan mekaar nie … Einstein se bekende vormule waar hy die behoud van massa en energie saamvoeg?
Die verskil is dark matter veroorsaak ‘n groter aantrekkingskrag (dis hoekom die sterre aan die buitekant vinniger moet beweeg) terwyl dark energy ‘n afstotingskrag veroorsaak (dis hoekom dit lyk asof die heelal se uitsetting versnel).
Okay ek het hom nou thanks.
Iets onverwant, ek het netnou hierdie oulike metafor op ‘n forum gekry wat verduidelik in “layman’s” taal hoekom atome, planete en sterre nie groter word soos die heelal uitsit nie.
“Take the balloon (the one that represents the expanding universe).
Glue a dozen pennies to it. (galaxies)
Blow up the balloon.
The pennies do not grow, only the space between them.
The expansion of the latex of the balloon (a very weak force) is WAY weaker than the strength of a copper penny.
Thus:
The force causing the universe to expand is simply not strong enough to overcome forces within atoms – or between atoms – or even the gravity between planets – or even the weak gravity between stars within a galaxy. But the gravity between two galaxies is so incredibly weak, that the force of the expanding universe CAN overcome it.”
Ja dis nogal ‘n oulike verduideliking.
En die ander kant van die munt: Kleiner, kleiner, onsienbaar kleinste….
Still He’ll be there.
Gedagtes groter as die mensheid se bestaan, en te midde van alles steur Hy Hom aan ons. Is dit nie opspringbaar WOW nie!
Opspringbaar WOW inderdaad! Pragtige manier om dit te beskryf.