‘n Lewenswysheid
Gestel nou maar jy beplan om oorsee te reis, maar die reisagent plaas ‘n foutiewe naam op jou vlugbespreking. Die naam op jou paspoort kom dus nie ooreen met die naam op jou vlugbespreking nie. Gestel verder dat hierdie reisagentskap so gedraai het met die bespreking dat hierdie kaartjie enkele dae voor jou beplande reis eers uitgereik is, sodat daar nie voldoende tyd is om hierdie fout te korregeer nie. Sou dit op daardie stadium geregverdig gewees om ‘n skouspelagtige vloermoer te gooi?
Daar is een ding wat ek nou al met verloop van tyd geleer het. Dit is:
Self wanneer mens volkome geregverdig is om jou speelgoed uit die kot te gooi weens die vlak van onbevoegdheid maarmee jy te kampe het, is dit nogsteeds tot jou persoonlike voordeel om kalm en vriendelik teenoor daardie onbevoegde persoon op te tree ten einde die maksimum resultaat te verkry.
Maar … dit beteken nie dat daardie persoon op die ou end die nagevolge van sy of haar onbevoegdheid gaan vryspring nie.
Comments are closed.

Ek neem aan die lugredery/reisagent is net ‘n voorbeeld wat jy gebruik maar waneer dit by SAL se onbevoegtheid kom dan gooi ek ‘n tantrum wat ‘n vier jarige jaloers sal maak. Ek k*k hulle uit van onder tot bo en weer terug. Hulle sal anyway nie hulle fout regstel nie so wat kan jy verloor? Dis ‘n wonder hulle vliegtuie val nie uit die lug soos klippe nie.
Terloops, ek het toe vanoggend my vliegkaartjie gekry so ek vlieg vanaand oorsee. Nou moet ek baie vinnig inpak en regmaak.
Wel, geniet die reis.
Geniet dit, FF.
Het self vandag rede gehad om smoorkwaad te wees- laasnag is by my ingebreek en my selfoon & rekenaar is gesteel. (Werk nou op ou stadige geleende rekenaar-een wat ek ‘n paar jaar terug vir my pa 2dehands gegee het.)
Ek’s gefrustrustreerd oor alles waaraan ek gewerk het weg is (laptop), maar hoekom dit op die ondersoekbeampte, of die mense wat vir my ‘n sim swap moet doen, of my kollegas uithaal? Maar ‘n ekstensie van my verstand is weg … en ek is hartseer. Ek het vandag net heeldag gewens dat ek my laptop data kan terugkry. My selfoon en beursie is meer vervangbaar.
Veilig ry en geniet dit met oorgawe.
(((((Flippiefanus)))))
Ek het geleer baie mense reageer soos ek…. As ek vriendelik is kry ek baie, baie meer uitgerig as wat ek ‘n vloermoer gooi!
Ek het al die vriendelike benadering met British Airways probeer en vir hulle dinge gese^ soos “Wat kan ons doen om saam die probleem op te los?” en al sulke behulpsame stuff, maar hulle het hulle net daaraan afgevee. Nadat dit ‘n dag so aangegaan het, het ek maar begin skel en vloek – en ‘n uur later het hulle my probleem uitgesort, vir my ‘n gratis kaartjie aangebied en ‘n amptelike brief van verskoning gestuur. Dis die hartseer werklikheid. Ek wens ook vriendelikheid het beter gewerk, maar helaas nie met BA nie. My raad: moenie wag tot jy bestuur teekom voordat jy begin vloek en skel nie – vloek en skel sommer die persoon agter die toonbank of by die switchboard, hulle skrik hulle dood en gaan roep dan dadelik hul baas, die ou met wie jy regtig wil praat.
Die bestuurders het ‘n troefkaart, terwyl jy besig is om hulle uit te k*k se^ hulle net eenvoudig “my skof is oor, neem dit op met die volgende persoon”. Ons strategie is heeltemal te beleefd, ons moet pot plante rongooi en paaie afsper. DIT werk in Afrika.
Waneer jy enige iets te doen het met ‘n virma wat beinvloed word deur ‘n politiese agenda moet jy gereed wees vir die onverwagte.
Terug. Dit was opwindend ten spyte van die patetiese reelings van die reisagent. As ek kans kry gaan ek bietjie skryf van die plekke wat ek gesoek het.
Gewonner wat van jou geword het. Vertel.
Ekself een vannie dae oppad annerland toe, maar die ergste was die UK visa aansoek wat my vingers sommer weer lus maak om te skryf (daaroor)!
Welkom terug Flippie! Lyk my jou nuwe werk neem jou baie meer plekke heen
Welkom terug liewe Flippiefanus, dit is gedurende sulke omstandighede waar daar ʼn kombinasie van dinge met my innerlike gebeur; my persoonlikheid, karakter en geaardheid skop almal gelyktydig op die glybaan van emosie in. Selfbeheersing en fokus op spoedige probleemoplossing is my behoud – wie en wat die probleem veroorsaak het is op hierdie stadium van minder belang, daar sal oor as genoeg tyd wees om dit aan te spreek wanneer ek terugkeer.
Ek stem saam met jou, kopverloor is ʼn flatervrye resep om net die probleem te vererger.