Slaan oor na inhoud

Rasionele meerderwaardigheid

31 Augustus 2009

Die hele idee met my reeks oor die Godsbegrip is om die grootheid en almag van God te probeer beskryf. Ek dink nie ek was tot dusver juis besonder suksesvol nie. Wel, eerlikwaar, hoe kan mens ooit suksesvol wees met so doelwit?

Een van die probleme van die mensdom wanneer dit kom by sy begrip van God is dat hy sukkel om homself uit die pad gestoot te kry sodat hy beter kan sien. Die mens is so beïndruk met homself dat hy nie kan dink dat iets groter as hyself kan wees nie.

Kyk nou byvoorbeeld na die volgende kommentaar:

From the smallest necessity to the highest religious abstraction, from the wheel to the skyscraper, everything we are and everything we have comes from one attribute of man – the function of his reasoning mind.

Hierdie sentiment verwoord die indruk waaronder ‘n groot sektor die mensdom vandag verkeer.

Kom ons dekonstrueer bietjie hierdie kommentaar deur ‘n bietjie hard en indringend na die mens se geskiedeniste kyk. Daar was ‘n stadium lank gelede, voor die wetenskaplike era, wat die dominante kulture van die wêreld oortuig wees dat hulle alles met hulle superiëre intelek kan uitredeneer. As mens egter kyk na die produk van hierdie rasionele pogings, gesien in die lig van wat die wetenskap in die tussentyd onthul het, dan was hierdie oefening in redenasie ‘n totale klug.

Die wetenskaplike metode het ‘n korreksie gemaak tot hierdie proses deur te toon dat mens soms fisies moet gaan kyk hoe dinge werk. Soms is dit nodig dat mens hierdie vrae direk aan die natuur stel deur eksperimente en waarnemings. Dit was dus ‘n tree agteruit wat die mense se rasionele verhewendheid betref — ‘n bekentenis dat mens nie daartoe instaat is om bloot deur sy rasionele vermoëns alles te kan verstaan nie.

Dis sou die mens goed gepas het as hy op daardie stadium toe hy besef het dat die wetenskaplike metode soveel beter is as die suiwer rasionele benadering, sy beperkings besef en aanvaar het en die nodige nederigheid aan die dag gelê het. Instede daarvan het hy vergeet van hierdie tree wat hy moes inboet. Vandag sien hy die wetenskaplike metode weereens volledig as ‘n rasionele oefening, wat dit nie is nie.

Om alles te kroon is die suiwer rasionele benadering weer besig om in te kruip in wat steeds vandag `wetenskap’ genoem word. In die teoretiese fisika kry mens byvoorbeeld ‘n baie groot en omvattende aktiwiteit in snaarteorie wat hoegenaamd geen wetenskaplike bevestiging het nie. Blatante onwetenskaplike konsepte soos veelvuldige heelalle, die oorsaak van die oerknal en dit wat agter die gebeurtenis horison in ‘n gravitasie kolk gebeur word bespreek asof dit deel van wetenskap is. Die grens tussen kennis wat op ware wetenskaplike wyse verkry is en idees wat deur suiwer rasionele pogings opgedis word, vervaag dus.

Daar is noodwendig vrae wat nie deur die wetenskaplike metode beantwoord kan word nie. Vra oor God val in hierdie kategorie. Nou verkeer die mensdom weens sy meerderwaardige indruk van sy rasionele vermoëns onder die indruk dat hy hierdie vrae oor God met ‘n suiwer rasionele benadering kan beantwoord. Leer die mens dan nooit nie? Hy kon nie voor die aanvang van die wetenskaplike metode tot enige sinvolle kennis van die fisiese heelal kom deur ‘n suiwer rasionele benadering nie, nog minder kon hy op hierdie manier iets meer oor God te wete kom. Hoekom sal dit vandag enigsins anders wees? Al wat vorige pogings in hierdie verband tot gevolg gehad het, is dat die resultate van hierdie pogings vandag deur die rasioneel meerderwaardiges uitmekaargetrek word. Daar is niks, geen sinvolle kennis wat die mens vandag het wat op hierdie manier bekom is nie.

Dit wat ons van God weet, weet ons nie oor enige suiwer rasionele oefening nie, ook nie weens enige wetenskaplike eksperimente of waarnemings nie. Wat ons van God weet, weet ons omdat God dit aan ons geopenbaar het, omdat God mense geïnspireer het om oor hom te skryf, omdat God vandag nog deur sy Heilige Gees in die harte van gelowiges tot ons spreek. Hierdie kennis het niks te doen met die mens se reasoning mind nie.

[Deel van die reeks oor Godsbegrip.]

4 Kommentaar
  1. 1 September 2009 1:27 nm

    Hi! Jy’s gesensustag :)

  2. 1 September 2009 4:38 nm

    Ek sien, ek sien.

  3. 3 September 2009 8:03 vm

    “Daar is niks, geen sinvolle kennis ….”
    Dit hang seker maar af van wat mens as sinvol beskou.
    Maar jy is reg FF, die rede kan vir ons geen kennis omtrent die trans-sintuiglike werklikheid gee nie, al probeer ouens soos Kassie Spangenberg en sy trawante ons tot die teendeel oortuig.

Trackbacks

  1. Afrikaanse blogsensus: g0g0g0! | Johan Swarts se bl0g

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.