Misdaad studie
Weet nie of julle hierdie informasie al gesien het nie, maar ek het dit nogal baie insiggewend gevind.
Dr. Rudolph Zinn van UNISA se School of Criminal Justice het navorsing gedoen op inbrake en aanvalle by woonhuise. Hy het ook onderhoude gevoer met gearresteerde rowers. Hier volg ‘n opsomming van sy bevindings.
a) Van die nagenoeg 15 000 residensiële inbrake wat in 2008 gepleeg is, het die helfte (50%) in Gauteng plaas gevind.
b) Die gemiddelde ouderdom van ‘n huisrower is tussen 19 en 26 jaar.
c) Nagenoeg 30% van all huisrowers het al moord gepleeg of sal nie skroom om dit te doen nie.
d) Slegs 17% van huisrowers is buitelanders.
e) Van al die gearresteerde rowers het 90% geen matriek of is werkloos. Die 10% wat wel ‘n werk gehad het, het hul werk gelos nadat hulle bepaal het hoeveel hulle kan verdien uit inbrake uit.
f) Meeste slagoffers is mense wat welaf is en hul weelde (duur karre, juwele, duur huise) openlik vertoon.
g) Baie informasie oor die huise en inwoners wat geteiken word, word vanaf die huishulpe verkry. Omtrent 80% van die inbrake word uitgevoer met behulp van informasie wat vanaf huishulpe, tuiniers en vorige werkers verkry is.
h) Alle bendes monitor die reaksie tyd van die gewapende reaksie eenhede van sekuriteitsmaatskappye.
i) Alarmstelsels en gewapende reaksie word nie deur die rowers as afskrikmiddelds gesien nie. Die grootste afskrikmiddel is klein hondjies binne die huis.
j) Die gemiddelde waarde wat gesteel word per inbraak is R5000.
k) Slagoffers word slegs in 2% van alle inbrake ernstig beseer. Vrouens is meestal die slagoffers wat gemartel of beseer word tydens inbrake.
l) Slegs 35% van rowers steel vir basiese behoeftes (honger en armoede). Die res (65%) geniet die geld en spandeer dit op karre, klere, ens.
m) Die gemiddelde rower pleeg 103 inbrake oor 7 jaar voordat hulle gevang word.
n) Daar is gemiddeld 4 lede in ‘n roofbende en 97% van alle rowers is gewapen.
o) Slegs 7.67% van inbraak hofsake in SA lei tot skuldigbevindings, in vergelyking met 53% in die VSA.
Hopenlik kan hierdie informasie ons help om beter voorbereid te wees.
Comments are closed.

Hartseer statistiek.
Tel nog een by vir hierdie jaar. So ‘n uur terug het iemand by my venster probeer inklim. Gelukkig het ek wakker geword en hom gesien.
Andrew, jammer jong, ek is verlig om te hoor dat jy veilig is.
Dankie Mefri, die bliksem is nou seker by die polisie stasie om ‘n klag van naamskending teen my te rig omdat ek vir hom gese het: “Jou f… $#@”
Andrew, jammer om te hoor van jou onderonsie. Gelukkig lyk dit my het jy die ou afgeskrik.
Jy sal sien ek het jou taalgebruik so bietjie “versag”. Nie almal hou daarvan as mens so kras begin raak nie. Hoop nie jy gee om nie.
Dankie Flippie.
Nee dis reg oor die editing, geen probleem.
Ek lees in ‘n plaaslike koerant dat ‘n inbreker, twee blokke van my, deur die polisie gearresteer is nadat hy betrap was toe hy by iemand se slaapkamer venster ingeloer het. Dalk is dit dieselfde “seun van ‘n teef” wat hier by my moeilikheid kom soek het.
As hy ‘n boete opgelê word moet hy nou MEER steel om dit terug te betaal. As hy tronkstraf kry sal hy met ander kriminele elemente in aanraking kom en dit sal tien teen een die situasie vererger.
*Sug*
Ek dog dan die Kaap het soveel minder misdaad as Gauteng. Miskien is mens se beste opsie om dan maar te verhuis na ‘n plek met minder misdaad. Sammi beweer daar is feitlik geen misdaad in Somerset-Wes nie. Anders moet jy maar emigreer na Kanada of Australie.
Daar is byna geen plek in Suid-Afrika oor waar daar “feitlik geen misdaad” is nie (behalwe miskien Orania???). Die Kaap het wel baie minder GEWELDDADIGE misdaad (lees: gewapende rooftogte met moord en marteling)in voorstedelike gebiede.
Wel Bib ten minste voel dit dan veiliger in die Kaap.
daar is geen plek op aarde waar daar feitlik geen misdaad is nie. wel, nie waar die mense is nie, in elk geval.
Johan jy bedoel seker daar is geen plek met geen misdaad nie. Daar is baie plekke met *feitlik* geen misdaad.
Die verskil in statistieke kan nogal groot wees en daardie verskil maak ‘n groot verskil.
Waar ek tans woon is daar feitlik geen misdaad nie.
Sammi het slegs ‘n stelling gemaak oor die saaknommer vir kriminele dade vir die maand Oktober.
Feitelik.
Dis hoekom ek hierdie plek in SA gekies het onder andere om ‘n nuwe lewe te begin. Dis die enigste plek in my opinie vir iemand wat wil aanbly in SA met ‘n redelike verwysing na normaliteit om te kan funsioneer en te groei sonder die kwaadword vir wat eintlik in plek behoort te wees.
Feit is: Kriminele volg geld. En daar is geld hieronder. MAAR die beskermingsdienste is ten volle bewus daarvan. En hulle verrig hul taak. Feit.
En dan moet ek verder praat oor “trends” – jammer Flippie dat ek nou jou blog “hog” maar ek wou mos hieroor skryf, nou doen ek dit maar hier.
My voorspelling vir die Wes-Kaap: Mpumalanga en Limpopo is oorgeneem deur die ANC met ‘n magtige diep in die tagtig persent. Soos voorheen waar die Oos-Kaap se Xhosas ingevoer is hierheen, gaan daardie provinsies se mense ook ingevoer word. Want al verloor die ANC 10% daar, het hulle nogsteeds ‘n oorgrote meerderheid. En die DA se 51% sal afskaal na ‘n moontlike 45%. Wat weer gaan veroorsaak dat dienste gaan swaarkry.
So … dis tydelik.
Soos die res van die w^reld.
Mens moet maar net besluit waar iets vir jou sin maak en nie te veel bekommer oor die 5 jaar van nou af nie.
Sammi jy klink maar vir my bra sinies. Miskien moet ons die saak dan anders benader. Eerder as wat ons moet probeer om weg te kruip moet ons transformasie aanhelp. Sodoende kan die mense ‘n beter bestaan vir hulself verseker en dalk kan dit maak dat die misdaadsyfer verlaag. Anders moet mens maar die pad vat en na ‘n ander land toe trek.
Jip, ek is sinies. Jy nie, Flippie?
Enne ander land? Neewat ek dink nie so nie. Ek dink dis tyd dat ons wakker word waar ons is.