Gehoorsaamheid
Wanneer ‘n volwasse persoon seksuele interaksie met ‘n minderjarige persoon (iemand jonger as 18 jaar) het, word dit as statutêre verkragtig beskou. Dit maak nie saak of die minderjarige die daad goedgekeur het of selfs die volwassene verlei het nie. Die rede? Minderjariges word beskou as te jonk om daartoe instaat te wees om sulke besluite te neem. Hulle het nog nie die insig om in alle gevalle die gevolge van hulle dade te besef nie. Kinders is ook baie beïnvloedbaar en daarom kan hulle maklik slagoffers wees van allerande misbruike.
Hoe jonger kinders is hoe meer ontbreek die nodige kennis en insig. Dus is hulle nog meer beïnvloedbaar en makliker om te mislei as hulle baie jonk is. Hulle moet ook baie maal teen hulself beskerm word, want hulle kan dinge aanvang wat hulself kan benadeel.
Dit is dus nodig dat daar iemand moet wees om kinders te beskerm. Ouers is daar om hierdie rol te vervul. Hulle moet die kinders beskerm teen ander mense wat moontlik die kinders wil benadeel, maar hulle moet ook sorg dat die kinder nie hulself in gevaar stel nie.

Weens die gebrek aan kennis en insig kan kinders nie altyd die rede verstaan hoekom hulle sekere goed nie mag doen nie. In sulke gevalle is dit dus nodig dat die ouers eenvoudig die kind beveel om iets te doen of nie te doen nie. Ter wille van die kind se eie veiligheid is dit nodig dat die kind gehoor gee aan hierdie reëls wat deur die ouers gemaak word.
Dit is dus van kardinal belang dat die kind gehoorsaam moet wees.
Gehoorsaamheid staan in vir die gebrek aan kennis en insig. Eendag as die kind groot is sal die redes vir die reëls en bepalinge wat sy ouers neergelê het, duidelik word, maar terwyl die kind nog die kennis en insig ontbreek is dit nodig dat die kind eenvoudig gehoorsaam moet wees. Wanneer die kind ongehoorsaam is, is dit nodig om die kind deur een of ander vorm van dissiplinering te leer om gehoorsaam te wees.
————————-
Daar was ‘n tyd toe die mensdom as ‘n geheel kennis en insig ontbreek het. Dit was die tyd voor die wetenskap bestaan het, ‘n tyd toe die mensdom nie geweet het van genetika en baterieë nie. Die mens kon tog op ‘n manier, deur te sien wat mense laat doodgaan, leer wat mens nie moet doen nie. Hierdie reëls kon vasgelê word in die kulture en op so manier kon die mensdom voortbestaan.
Ongelukkig is die kultuur meganisme te stadig om die mensdom teen alle moontlike bedreigings te beskerm. Daarom was dit nodig dat die Skepper aan die mensdom sekere reëls gee om die mens teen homself te beskerm. Weens sy gebrekkige kennis was die mens nie daartoe instaat om te verstaan hoekom hierdie reëls nodig was nie. Dit was eenvoudig nodig dat die mens die reëls moet gehoorsaam.
Baie van hierdie reëls is opgeteken in die Ou Testament. As ons vandag na hiedie reëls kyk lyk dit baie primitief, amper barbaars, maar dit is omdat ons daarna kyk vanuit ons hedendaagse paradigma. As ons na hierdie reëls sou kyk binne die konteks van die kultuur van daardie tyd, met begrip van die gebrek aan kennis en insig wat in daardie tyd bestaan het, dan maak die reëls sin.
Omdat gehoorsaamheid so belangrik was vir die oorlewing van die mensdom maak dit ook sin dat daar swaar strawwe moes wees vir ongehoorsaamheid. Vandag klink hierdie strawwe vir mens baie erg, maar gesien in die lig van die omstandighede van daardie tyd kan mens dit verstaan.
Vandag het ons meer kennis. Ons het die wetenskap. Tog ontbreek ons nog baie insig. Ons is nou soos tieners wat oud genoeg is om te verstaan dat ons ouers nie perfek is nie, maar nog nie oud genoeg om te verstaan dat ons hulle moet vergewe nie. Die mensdom sien die reëls van die Ou Testament en veroordeel dit deur dit te meet aan sy huidige maatstawwe. Hopenlik sal die mens eendag genoeg insig hê om te besef dat dit nie sin maak om reëls (en kulture in die algemeen) wat in die vroeë tye bestaan het teen maatstawwe te meet wat vandag gehandhaaf word nie.
Comments are closed.

Great inskrywing, het geweet ek moet hier kom lees vandag. Dankie.
Baie waar! Ongelukkig het die “liberales en politieke korrektes” besluit dat die kind die vryheid moet hê om self besluite te kan neem. Hy/sy is tog dan indiwidu. Mens kan net rondom jou kyk en sien die resultate agv die “verligte” denke en toepassing daarvan. Nou sukkel ons om die wat van die wa afgeval het, weer op die regte spoor te kry met “counseling”. Nog is daar nie einde.
Baie dankie Katvoet. Ek is bly jy het ingeloer.
Rustig, ek raak ernstig bekommerd oor die wereld. Weetnie waarheen ons oppad is nie.
Goed geskryf.
Ek dink Osama Bin Laden se kinders is hom seker ook gehoorsaam
Emil, daar is die baba en dan is daar die badwater.
Meer kennis en minder insig – dit is baie waar woorde Flippiefanus,maar mens kort wysheid om die regte keuses te maak en soms kom dit eers lank na die maal en daarom stem ek volkome met jou saam oor gehoorsaamheid.
Wel flippiefanus, jy het na die Ou Testament verwys
Mefri, wysheid van nie mens se skoot nie. Dit kom met jare se gehoorsaamheid.
Nee Emil, dis nie waarna ek verwys nie. Jy kan nie die konsep van gehoorsaamheid (die baba) uitgooi bloot omdat een of ander fanatikus (die badwater) dit misbruik nie.
Ek wil bloot daarop dui dat die begrip gehoorsaamheid relatief is
Nee Emil dis nie relatief nie. Die konsep van gehoorsamheid bly presies dieselfde ongeag daarvan of iemand dit misbruik of nie.
Of ‘n vrou ingestem word as president van ‘n land en of sy as vrou misbruik en verkrag word, sy bly steeds ‘n vrou en die konsep van ‘n vrou bly steeds dieselfe.