Slaan oor na inhoud

Panda metafoor

15 Oktober 2009

Sedert 1958 probeer natuurbewaringsprogramme om die kwynende getalle van die groot pandabeer wat in Sjina voorkom van uitsterwing te red. Die bedreiging wat die pandas in die gesig staar is veelvuldig. In die eerste plek is daar ‘n grootskaalse verlies aan hul natuurlik habitat. Verder, is dit baie moeilik om die panda so vêr te kry om kleintjie te kry. Die wyfie panda is slegs vir sowat twee tot drie dae per jaar vrugbaar. Om alles te kroon verloor die pandas wat in aanhouding is, enige belangstelling daarin om te paar. Dan is pandas ook nog baie gesog vir hul pels.

'n 7 maande oue pandabeertjie

'n 7 maande oue pandabeertjie

Te midde van al hierdie uitdagings het bewaringsprogramme dit wel onlangs begin regkry om deur kunsmatige inseminasie klein pandabeertjies die lig te laat sien. Die getalle van die panda bere is nou stadig weer besig om te begin styg. Maar teen ‘n prys …

Dit kos geweldig baie geld om hierdie stryd te voer. As gevolg daarvan het Chris Packham, ‘n bekende Britse natuurfotograaf, onlangs ‘n baie omstrede uitlating gemaak. Hy stel voor dat die pandas met rus gelaat word om in vrede uit te sterf. Sy argument is dat daar nie genoeg habitat oor is vir die pandas om op natuurlike wyse te kan voortbestaan nie. Verder kos hierdie bewaringsprogram te veel — die geld kan baie beter aangewend word vir die bewaring van ander diere.

Mens kan seker nie Packham se argument weerlê nie, maar as mens na hierdie pragtige diere kyk dan voel mens so bitterlik jammer vir die arme goed — so bitterlik, bitterlik jammer. As dit tog net makliker was vir die diere om kleintjies te kry.

-————————————————————

Miskien moet ons die panda se onafwendbare uitsterwe as ‘n waarskuwing vir die mensdom sien. Daar is iewers in hierdie storie ‘n aspek weggesteek wat ons in die mensdom kan herken … ‘n metafoor.

Afgesien van die uitwissing van sy habitat, is dit wat die pandas bedreig ‘n ingeboude swakheid in sy gene. Iemand sou wil sê dis natuurlike seleksie in werking. Die ironie is dat die voortbestaan van die panda te duur geword het.

Die mensdom daarinteen lyk asof dit baie suksesvol is. Die totale menslike bevolking op die aarde trek al amper by 7 duisend miljoen. Tog is daar by die mensdom ook ‘n slegte geen.

Sien, dit werk so. Die mens het ekonomie ontwikkel en in die proses tegnologie ontwikkel om hierdie ekonomie te voed. Die mens het verder gegaan en besluit dat die ekonomie baie belangrik is, want dit gee mense werk en hou hou hulle uit die moeilikhed uit; dit help mens om vir hulself luukshede te koop; en die belangrikste van alles dit maak party mense stink ryk. Die stink rykes is natuurlik ook dieselfde mense wat in beheer is van die ekonomie.

Eendag ontdek die mensdom egter dat hy met sy tegnologie sy eie oorlewing bedreig. Hy bevuil sy omgewing en hy maak die plek al warmer; hy vernietig die natuur en veroorsaak dat die diere begin uitsterf.

Om egter die tegnologie in te perk gaan veroorsak dat die ekonomie daaronder lei. Dit kan nie toegelaat word nie, want dit gaan te veel kos. Daarom moet die tegnologie voortgaan. Die mens se slegte geen is dus sy geriefsugtigheid.

Hiedie slegste geen gaan sy ondergang beteken, want, ironies genoeg, net soos in die geval van die pandas, het die oorlewing van die mens te duur geword.

7 Kommentaar
  1. Katvoet permalink
    15 Oktober 2009 4:30 nm

    As mens darem in daardie pandaogies kyk, hoe kan jy hul net laat uitsterf, huh? Kan mos nie? Bitter hartseer. Ek hoor jou FF, we are most certainly our own worst enemies. Hou van jou post x.

  2. 15 Oktober 2009 5:46 nm

    Kudo’s vir die woordjie “geriefsugtigheid”. Hou baie daarvan en dis ‘n woord wat ‘n groot deel van die mensdom korrek opsom.

  3. Gerrit permalink
    16 Oktober 2009 11:51 vm

    Daardie slegte geen kan alleenlik uitgeskakel word as ons met God versoen, daardie geen veroorsaak dat die Hele skepping uitsien na die groot dag van die Here Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
    Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
    Rom 8:21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
    Rom 8:22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

  4. 16 Oktober 2009 8:15 nm

    Dankie Katvoet. Bitter hartseer inderdaad.

    Dankie Bib. Ek het gevoel “geriefsugtigheid” verwoord dit die beste, maar mens kon dalk ander terme ook daar gebruik het. Daar is ‘n hele lyse van terme wat ek aan kan dink.

    Gerrit, ja inderdaad, as die mens nader aan God kon beweeg sou dit die probleem kon oplos. Dalk sou die probleem dan nooit in die eerste plek ontwikkel het nie. Dit laat mens wonder wat God se plan is met hierdie situasie. Volgens die versies wat jy aanhaal wil dit my lyk jy glo dat dit op die wederkoms wys. Miskien, miskien nie.

  5. 16 Oktober 2009 8:15 nm

    Great post.

    Dis ‘n lelike panda, van die os op die jas. Die strokiesprente s’n is ouliker!

  6. 16 Oktober 2009 8:21 nm

    Dankie Johan, maar ek dink die panda is pragtig. Watter strokies prente praat jy van?

  7. 19 Oktober 2009 7:01 nm

    Kung Fu Panda jumps to mind :P

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.