Wat gaan die kinders erf?

Onthou julle nog vir Mad Max? Die enigste een van hierdie flieks wat ek ooit gesien het was Mad Max Beyond Thunderdome. Dit het nogal ‘n besondere emosionele indruk op my gemaak — die hele idee van ‘n distopiese bestaan wat ontstaan het op die val van beskawing. Die fliek is in 1985 uitgereik, in die laaste jare van die koue oorlog. In daardie tyd het die algemeen vrees nog bestaan dat daar ‘n derde wêreld oorlog kan uitbreek — ‘n kernoorlog wat die einde van die beskawing gaan beteken as dit nie dalk die mens totaal uitwis nie. Mens kon dus in daardie tyd identifiseer met die distopiese bestaan wat in Mad Max uitgebeeld is.

Mad_max_beyond_thunderdome

Onthou julle nog Tina Turner se liedjie wat die tema van Mad Max Beyond Thunderdome was?

We don’t need another hero

Out of the ruins
Out from the wreckage
Can’t make the same mistake this time
We are the children
The last generation
We are the ones they left behind
And I wonder when we are ever gonna change it
Living under the fear till nothing else remains

We don’t need another hero
We don’t need to know the way home
All we want is life beyond the thunderdome

Looking for something we can rely on
There’s got to be something better out there
Love and compassion, their day is coming
All else are castles built in the air
And I wonder when we are ever gonna change it
Living under the fear till nothing else remains
All the children say

We don’t need another hero
We don’t need to know the way home
All we want is life beyond the thunderdome

What do we do with our lives
We leave only a mark
Will our story shine like a life
Or end in the dark
Give it all or nothing

Daar is iets in hierdie liedjie wat my diep aanspreek. Miskien is dit die hele idee van die kinders wat moet erf wat ons veroorsaak het. Dit praat op ‘n manier oor die dinge wat vandag ook aan die gang is. Die algemene minagting en selfvoldaanheid waarmee die mens voort storm in sy soeke na rykdom en gerief veroorsaak globale krisisse wat die mensdom se voortbestaan bedreig. As hierdie krissise nie die mensdom uitwis nie kan dit nogtans veroorsaak dat die beskawing tot ‘n einde kom.

Dink byvoorbeeld aan die energie krisis: vir ‘n kort rukkie het die mensdom ‘n geskenkie gekry in die vorm van fossiel brandstowwe om sy ontwikkeling ‘n hupstootjie te gee. Hy moes hierdie geskenkie gebruik het om alternatiewe te ontwikkel. In stede daarvan het hy partytjie gehou daarmee en homself dronk gedrink aan olie. Min het hy besef dat hierdie olie eintlik ‘n gif bevat wat die atmosfeer stadig maar seker vergifting met kweekhuisgasse. Nou staan die mens voor die dubbele bedreiging dat, aan die een kant raak die bronne van fossiel brandstof stadigaan uitgeput en aan die ander kant kan hy in iedergeval nie aanhou om hierdie fossiel brandstowwe te gebruik nie, want die aarde se atmosfeer word al hoe meer bevuil met hierdie gasse. Aardverwarming is reeds ‘n realiteit, gletsers smelt weg, Antarktika word al kleiner en die Arktiese pak-ys is besig om te kwyn. In die proses styg die watervlak van die see en die klimaatspatrone verander.

Hoe gaan die wêreld lyk wat ons kinders gaan erf? Gaan daar nog beskawing wees, of gaan daar chaos wees, oorloë oor energie, kos en water? Miskien is die vraag nie meer of dit gaan gebeur nie, maar eerder hoe vinnig. Gaan ons dalk nog self hierdie chaos beleef?

13 Responses to “Wat gaan die kinders erf?”

  1. Sonkind Says:

    Ek was mal oor Mad Max. Ja, my ouma het altyd gese^ die mens is sy eie grootste vyand. Dis net plein flippin scary hoe ons die omgewing opmors.

  2. Mefri Says:

    Hierdie inskrywing van jou is baie insiggewend en eending staan soos ‘n paal uit bo water; die mens hoor maar hy luister nie!

    Daar is daar veel meer in die gelykenis van die verlore seun en die profesieë oor die eindtyd as wat ek voorheen beef het, ook oor die waarheid wat voor die hand liggend is; wanneer die vyeboom bot met ander woorde; die tekens van die tye is al duidelik sigbaar.

    Sjoe, daar is so baie Skrifgedeeltes wat nou in my gedagtes na vore kom veral Jesaja 59 en ook Openbaring 22:10 “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby” Ek dink die grootste erfenis wat ons aan ons kinders kan nalaat met die oog op wat jy hierbo beskryf het is om hulle in die Waarheid te lei.

    Flippiefanus, die Here gebruik jou ongelooflik kragtig in my eie lewe, Sy lig skyn al hoe sterker in my eie hoekies waar duisternis heers.

  3. Sammi Says:

    Ek vind aanklank met wat jy hier skryf Flippie. Ek was nog altyd iemand wat na “trends” gekyk het. Besluite van die verlede is geneem op daardie. En vandag sien ek baie duidelik die “trend” verskuiwing. USA en Europa soos ons dit ken op ‘n afdraande pad. Die Ooste wat inbeweeg – en dis net ekonomies, maar soos Mefri hier bo uitlig – tye het verander.
    Die aarde is oorbevolk. Daardie instruksie wat Hy gegee het, is aan voldoen. Wat bly nog oor?
    En ek kan nie help om aan Johannes te dink wat altyd praat oor 2011 nie.
    Ons kinders gaan swaarder kry as ons, maar daar gaan take vir die sterkeres wees. Opruiming en diening.
    Dankie vir hierdie, want vanoggend wou ek juis oor so iets skryf.
    Mooibly

  4. Andrew Says:

    Ek sal maar vandag se meneer kommin wees. Die beste deel van Mad Max vir my was die Supercharger in Mel Gibson se kar wat extra fossiel brandstof in die ingine blok vorseer het.

    Op ‘n meer ernstige noot, News24 het onlangs ‘n opname gehad:

    Do you believe climate change is real?

    Yes, we need urgent action 77%

    No, it’s a myth 13%

    Let’s wait and see 10%

    Dit is scary. Amper ‘n kwart van mense besef nie die erns van die saak nie.

  5. Sonkind Says:

    Ag Andrew – ons kry almal ons beurt om kommin te wees – ek was nou die dag met Robbie Wessels. Onthou jy nou weer? :lol:

    Ons sal die wereld vernieting en dan nog terugsit en verbaas vra “Haai, wat het dan nou gebeur.” Dis presies hoe f-up die mensdom is. Hoe meer ek mense sien, hoe meer dink ek standbeelde is ‘n beter opsie :twisted:

  6. flippiefanus Says:

    Ja Sonkind dit is scary wat die mens alles aanvang. Miskien is standbeeld al wat van die mensdom gan oorbly.

    Mefri, sou je se^ hierdie dinge wat ons sien gebeur is tekens dat die einde op hande is? Dit kan wees, maar onthou die Romeinse ryk het geval etlike eeue na Jesus se hemelvaart en tog was dit nie die wederkoms nie. Dalk gaan dit weer so wees.

    Sammi, wat bly oor? Dis dalk ‘n toets waardeur die mensdom moet gaan, ‘n toets wat ons besig is om te druip. Hopenlik sal ons eendag leer en verstaan.

    Andrew, dis een ding om te weet dat klimaatsverandering ‘n realiteit is, dis ‘n ander vraag of hulle besef dat die mensdom daarvoor verantwoordelik is. Hoeveel van daardie 77% is bereid om iets aan die saak te doen?

  7. Rustig Says:

    Van os op die jas. Daar is “rumours” dat daar dalk ‘n 4de Mad Max rolprent gaan wees. Net van die tweede een gehou.
    Ek het so bietjie van probleem met die vreeslike klem op aard verwarming. Dat dit gebeur is so, dat die mens bydrae is ook waar. So tyd terug ‘n dokumentêr gekyk oor paar wetenskaplikes wat argumenteer dat die aarde gaan in siklusis in. Dit het my siening so effens verander.
    Op einde het die mens die vermoë verloor van “stewardship”.

  8. Emil Says:

    Que sera sera.

    Dit is seker maar die mens se lotbestemming. In die meeste gevalle word die mens se toekoms as ‘n soort distopia uitgewys. Dis die crux van wetenskap-fiksie en spekulatiewe werke. Maar wat is die mens sonder Utopia?

    “Without the Utopias of other times, men would still live in caves, miserable and naked … Out of generous dreams come beneficial realities. Utopia is the principle of all progress, and the essay into a better future.” Aldus Anatole France. Sonder ‘n utopiese gedagte het ons geen hoop meer nie.

  9. Emil Says:

    Dan weer, soos Karl Popper sê, dié wat ons altyd die paradys op aarde belowe, skep nie juis veel meer as ‘n hel op aarde nie. Die probleem (altyd) met hierdie soort “koningryke van hemel op aarde” is dat hulle soms gerealiseer word, en dan sien mens duidelik die bedrog daarin.

    Behalwe ou Mad Max se wêreld, is daar nogals ‘n onlangse kultus filmpie van Christian Bale, “Equilibrium,” wat ook ‘n soort utopiese bestaan uitbeeld, meestal deur dwelms instand gehou, en beroof van alle gevoelens en emosie – amper soos Aldous Huxley se “Brave New World”.

    En wie kan George Orwell se “Nineteen Eighty-Four” vergeet, ‘n totalitêre nagmerrie, waarin die oorheersende beeld dié van ‘n stewel is wat op ‘n menslike gesig trap – vir ewig.

  10. flippiefanus Says:

    Rustig, ek het toevallig ook op iets afgekom terwyl ek aan hierdie ingeskrywing geskryf het, waar dit blyk dat daar aan ‘n 4de Mad Max gewerk word. Sal die saak bietjie dophou.

    Emil, Que sera sera is presies die reaksie wat ek sou verkies om nie te lees nie. Dis juis hierdie gesindheid wat die mensdom se ondergang gaan beteken. Het jy al gaan stil sit en dink wat die wereld is wat klein Robert gaan erf? Pla dit jou nie?

    Die rede (often minste en van die redes) hoekom baie flieks en stories handel oor distopiese omstandighede is omdat die skrywer die samelewing se aandag probeer vestig op ‘n moontlike probleem wat kan insluip in die mensdom se manier van bestaan. Dit dien as ‘n soort waarskuwing. Dis die rede hoekom Orwell se 1984 so bekend geword het.

    Daar is terloops ‘n magdom van (meer kontemporere) literatuur wat hierdie meganisme gebruik. Feitlike die volledige genres van cyberpunk en steampunk is gebasseer op distopiese senarios.

  11. Mefri Says:

    Ek stem saam met jou Flippiefanus; wat was sal weer gebeur, al verander omstandighede en tye, is daar dinge wat dieselfde bly. Dit is soos ‘n horlosie se arms wat in verskillende ‘tydperke’ om en om dieselfde ure beweeg, maar hoe nader dit aan die werklike eindtyd kom, hoe sigbaarder word die profetiese manifestasies volgens die Skrif.

    God is al een wat weet in watter tydperk en uur die laaste beul geblaas sal word. Hy is nie tydsgebonde nie, ons het dus nie die vaagste benul hoe Sy maatstaf lyk waarvolgens Hy tyd se volkomenheid meet nie. Maak dit sin?

  12. Emil Says:

    Natuurlik pla dit my wat Robert gaan erf. Ek het dit al lankal vir myself uitgemaak dat die mensdom sy einde gaan sien nog lank voordat ons son op homself kan inkeer. Aan die einde van die dag is alles wat lewe bestem tot einde.

    Jy kies dan ook om die hoop in my verdere kommentaar te ignoreer. Is dit omdat dit ék is?

    What will be, will be is nie juis van die waarheid verwyder nie. Is alles nie altoos reeds bestem nie?

  13. flippiefanus Says:

    Ja Mefri, dit maak sinen ek stem saam. Ons weet nie wat die tyd is nie. Die tekens vertel ons dat ons die hele tyd gereed moet wees daarvoor.

    Emil, die hoop wat jy beskryf verwys na utopias. Al hoop wat dit inhou is om mens te bedwelm met wensdenkery en van die realiteite te vergeet. Daar is nie ‘n utopia op aarde nie en daar sal ook nooit voor die wederkoms een wees nie. Dis beter om die realiteite aan te spreek en iets aan die saak te probeer doen. Ons is dit aan ons kinders verskuldig.

    Nie ek of jy weet wat bestem is nie, daarom kan dit nie ons handeling affekteer nie.

Leave a Reply