Terug
Dis nog nie twintig-tien nie, maar ek is nou weer lus vir skryf (wonder hoe lank dit gaan hou?). ‘n Nuwe jaar is ook tyd vir ‘n nuwe blaadjie. So ek het die voorkoms so bietjie verander, maar ek weet nie of ek so baie hou van die bannier nie. Miskien verander ek dit later.
Daar was so paar ongure dinge wat op my woernaal as kommentare geplaas was oor die vakansietyd. Nie dat die kommentare self verdag was nie, maar die skakels was nie wenslik nie. Weet nie of enigiemand (anders as Mefri wat my daarop attent gemaak het) daarop afgekom het nie. Indien wel vra ek om verskoning.
Nou ja, wat is die vooruitsigte vir die jaar? Mmm, sokker? Ja nauurlik, maar ek is nou nie juis ‘n groot aanhanger nie, so moenie teveel daarvan tussen my inskrywings verwag nie. Aardverwarming? Ja dit is iets wat my al meer begin interesseer, of moet ek dit liewer’ ontstel’ noem. Wat my die meeste ontstel is die skynbare situasie dat die media besig is om ‘n skewe beeld daarvan weer te gee. Die vraag is wat weet ons vanuit ‘n wetenskaplike pespektief? Ek hoop om hiedie vraag te kan adresseer in ‘n inskrywing of twee.
Hoop julle sien uit na twintig-tien. In ieder geval hoop ek dat twintig-tien vir almal ‘n voorspoedige jaar sal wees.
Comments are closed.


Flippie, ek loer nou so hier in, en dis nogal ‘n plekkie waar ek so rukkie sal kan besig bly. Oor die gletser, ek het BBC se “Earth, the power of the planet” gekyk, waarin Dr. Ian Steward verduidelik hoe alles inmekaar pas. Ek moet sê dat dit met great graphics gedoen is, wat alles verduidelik omtrent die ontstaan van die aarde oor biljoene jare. Hoe die aarde oor elke hindernis gekom het wat haar getref het. En hoe daar altyd, met ‘n bietjie geluk, ‘n kans gegun is om te oorleef en die aarde te word wat sy vandag is.
Mag jy ook in die komende jaar jou geluk so aan jou kant hê, en weet dat alles eindelik maar volgens ‘n plan werk.
Sterkte vir die nuwe jaar!!
Ah, welkom terug
Ek sien uit na jou pennevrug.
Ek hou van die banier, maar die lettertipe wat jy vir die opskrif gebruik, werk nie so lekker vir my nie.
Flintstoned, baie welkom hier. Ek het ongelukkig my DSTV lankal gekanselleer. Klink asof dit nogal ‘n interessante program is waarna jy verwys.
Johan die sagteware wat ek gebruik het gee my ongelukkig nie ‘n wye verskeidenheid van fonte nie. Wat sou jy aanbeveel?
Dis nie soseer die lettertipe wat my pla nie, maar die donker kleur van die opskrif teen die reeds donker agtergrond. Tog, noudat jy dit noem – dit is effens uit plek indien ‘n mens na die res van die fonts op die bladsy kyk.
(My voorstel: maak dit ligter, of aksentueer die opskrif met ‘n border of ‘n drop shadow of iets.)
Mmm, ek het juis dit eers ligter gehad en dit het nie gewerk nie want dit kontrasteer nie sterkgenoem met die ligter agtergrond nie. Ek sal nou van voor af moet begin want ek het nie die layers behou nie.
Welkom terug en in dieselfde asem: Voorspoed vir 2010!
Lekker om jou weer raak te lees. Mooiste 2010 vir jou en ek kan nie wag om van die aardverwarming te lees nie. Het onlangs 2012 gaan kyk (die movie), maar dis vir my bietjie vergesog.
Welkom terug Flippie. En voorspoed vir 2010.
Dankie George en Bib.
Sonkind ek het ook daardie 2012 fliek gesien. Dit was nou nie juis geloofwaardig nie. Nee wat al daardie twak van die neutrinos wat die aarde se binnekant laat kook hoef mens jou nie oor te bekommer nie. Ek dink egter nie dat dit bedoel was om oor aardverwarming te gaan nie.
Ek het Avatar baie meer geniet …
Welkom terug! Ek is baie bly om weer lewe hier te sien!
Welkom terug en nice banner … kan ek voorstel dat jy jou naam in bold sit en ook groter letters gebruik om dit meer prominent te maak.
Ek hoop dis ‘n Nebula daai en nie vlamme nie.
Het vandag Avatar gaan kyk. Dis vreeslik mooi en ook vreeslik ‘sad’ – die deel van die mensdom wat altyd oor alles wil baasspeel en dan alles opneuk waaraan hy raak!
Rustig, is jy nou al in SA?
Dankie Andrew. Goed ek sal op ‘n stadium die banier verander, maar vir eers moet dit maar so bly. Dit is ‘n newel, nie vlamme nie.
Sonkind, hopenlik is die mensdm darem nie heeltemal so erg soos wat dit daar uitgebeeld word nie.
Flippie ek vlieg eers 8 Januarie na SA. Vlieg weer die 12 Februarie terug.
Rustig, weet jy ek is vas tot so die 5de Februarie. Miskien kry ek genoeg moed bymekaar geskraap vir die pad Kaap toe en dan kom kuier ek vir jou voor jy weer moet terug.
… anders moet ek maar wag tot jy weer in Europa kom kuier!
Weet nie eers of ek dit moet noem nie, maar daar is ‘n plan om York in Brittanje to besoek in Maart maand. Dis vir ‘n konferensie so ek gaan weereens nie kans he om by ander plekke uit te kom nie (behalwe miskien my broer-hulle), maar as jy dalk in daardie omgewing is kan ons beslis ‘n plan maak.