Teen die mure uit
Dit is tyd dat ek vir my ‘n nuwe radio stasie soek.
My radio is konstant aan want ek hou van musiek. Die radio stasie waarna ek luister se musiek spektrum kom baie goed ooreen met dit waarvan ek hou. Verder hou ek ook nogal daarna om darem so af en toe Afrikaans oor die radio te hoor.
So ruk gelede, seker nou al meer as ‘n jaar, het hulle hierdie nuwe ou gekry vir die oggend program. Die ou het my vinnig begin irriteer, want wanneer iemand se humor sin daaruit bestaan om ander mense af te kraak dan dink ek nie dit is snaaks nie. Verder word daar eenvoudig teveel gepraat en nie genoeg musiek gespeel nie. So ek luister nou nie juis meer na die oggend program nie.
Wel toe breek die Kersvakansie aan en die oggend program word vervang met ander mense wat instaan terwyl die normale JD’s op vakansie gaan. Aha meer musiek! Wonderlik! Die irriterende ou het blykbaar gaan trou en is op ‘n 5 weke vakansie.
Wel mens sou dink dit is te wonderlik vir woorde, maar nee. Die vent het die perfekte manier gekry om my nog meer te irriteer. Sy simpel grappe word omtrent elke 5 tot 10 minute in mens se keel afgedruk om sy verpeslike oggend program te adverteer. Hierdie advertensie moet mens nou die dag trotseer tot dit by jou ore uitloop.
Nee kyk wat te erg is, is te erg.
Comments are closed.

Soos wyle Johannes Kerkorrel gesing het: “Sit dit af! Sit dit af!”
Mooiste 2010 vir jou en mag ons nog Prinsie stories kry!
Bib, maar as ek dit afsit dan het eknie meer musik nie.
Dankie Sonkind, sal sien of die prinsie weer sy opwagtig sal maak.