Slaan oor na inhoud

Vrou en kinders

21 Januarie 2010

Uiteindelik! Wel ek wag nou al vir meer as ‘n dekade dat dit moet gebeur, nie dat dit iets is waarna mens kan uitsien nie (belaglik), maar sodat dit kan kom en verby gaan.

My lewe is anders as ander mense se lewens. Nee regtig. Ek weet dat alle mense geneig is om op een of ander stadium hierdie stelling oor hulleself te maak, maar in my geval … wel as jy my goed genoeg geken het sou jy besef het tot op watter diepte hierdie stelling waar is … en dan sou jy waarskynlik vinnig omdraai en wegstap, want jy sien, die manier waarop my lewe anders is as ander mense se lewe is nou nie juis iets wat maak dat mense my beny nie.

‘n Mens maak noodwendig besluite in jou lewe en hierdie besluite het partykeer verreikende gevolge, soms so ver dat dit die totale gang van jou hele lewe bepaal. Jy kan jouself dalk verwyt vir party van hierdie besluite. As jy jouself egter daaroor verwyt dan impliseer dit immers dat jy op die stadium toe jy die besluit geneem het, ‘n keuse gehad het. Soms gebeur dit egter dat iemand vroeg in sy lewe ‘n lewensbepalende besluit moes neem sonder om regtig veel van ‘n keuse te hê. Die alternatief is … net te erg.

Wel nou het ek waarskynlik genoeg oor die saak gepraat. Ek het baie geskryf en hopenlik feitlik niks betekenisvol kwytgeraak nie, sodat niemand regtig presies weet waarvan ek praat nie. Al wat in die proses regtig gekommuniker is, is ‘n gevoel … ‘n emsie … miskien.

Dis wat so wonderlik is van die vituele trane wat mens op die Internet kan uitstort. Dis ‘n uitlaatklep wat instaan vir die gebrek wat jy dalk in die werklik lewe het aan iemand wat sal verstaan.

Dit is terselfdertyd relatief maklik om mense op die Internet te laat dink dat jy alles onder beheer het. Ek dink nogal ek het mense daardie indruk gegee. Jammer. :twisted:

Nou wat het dit alles te make met die titel? Go figure!

16 Kommentaar
  1. 21 Januarie 2010 5:15 nm

    Huh???

  2. 21 Januarie 2010 5:56 nm

    Jy gaan trou en kry ‘n ‘instant’ familie?

  3. Katvoet permalink
    21 Januarie 2010 8:22 nm

    Hmmm. Al weet ek nie presies wat jy bedoel nie, het ek empatie.
    Na vele jare en “oefen-lopies” berus ek by d feit dat dt wat ek in n lewensmaat soek tog nie bestaan nie. Sela. No regrets. Life is beautiful and magical nonetheless. Ek hoop tog jyt vrede mt jou besluit.

  4. Mefri permalink
    21 Januarie 2010 11:29 nm

    Liewe dierbare Flippiefanus, ek besef dat ons deel van ‘n groter geheel is en dat daar tale en versugtinge is, wat alleen deur die siel van die mens waargeneem kan word. Ek het geen verduideliking daarvoor nie, ek weet net dat dit inderdaad so is.

  5. Emil permalink
    22 Januarie 2010 8:43 vm

    Daar bestaan ook die skrander moontlikheid dat jy ‘n versugting mag hê na dit wat ander mense anders maak van jou. Verwyte ten spyt, ek sal steeds graag wil glo dat ‘n mens aldag daardie keuse hét. Bestiering en voorbestemming is konsepte waaraan ek altoos ‘n broertjie dood het. Hoe dit ookal sy, uiteindelik – ongegag die draaie en kronkels en kinkels van jou lewenspad – is ons almal “hier” jeens dit wat vooraf gebeur het. ‘n Vroeë lewensbesluit sonder die eertydse, ooglopende keuse manifesteer vandag situasies waar jy nimmereindigend verdere keuses moet maak.

    Dalk, net dalk, soek ons te veel in stede van net berus.

  6. 22 Januarie 2010 9:40 vm

    Ja-nee, ek dink ek stem nogal saam met Emil. En…what good is a mind if you can’t change it? :wink:

  7. 22 Januarie 2010 10:13 vm

    Ai, Flippiefanus. ‘n Virtuele drukkie vir jou, want dit lyk of jy omgee nodig het. Jy praat in raaisels, maar sterkte en goed gaan in elk geval!

  8. 22 Januarie 2010 10:44 vm

    En jy wou sê?

  9. flippiefanus permalink*
    22 Januarie 2010 5:11 nm

    Bib, lyk my ek het jou uitgebowl.

    Sonkind, nee ek gaan nie trou nie.

    Katvoet, ek het gedog ek het vrede met my besluit, maar nou wonder ek. Tog kan ek nie sien hoe ek dit ooit anders kon/kan maak nie.

    Mefri, dit help dat daar mense is wat daardie versugtinge kan hoor.

    Daar is inderdaad sulke versugtinge Emil, maar of mens steeds die keuse het is ek nie seker nie. Miskien kan mens ‘n ompad probeer soek, maar dis nie maklik nie. Ek het nie ‘n probleem met voortdurende keuses nie. Wanneer sekere keuses lank terug reeds gemaak is bepaal dit tot ‘n mate hoe huidige keuses gemaak moet word. Miskien hou mens nie daarvan nie, maar die blote maak van daardie keuses hou as sulks geen probleem meer in nie.

    Vlam jy sal tog saam stem dat daar dinge kan wees waaroor mens nie meer die vryheid het om jou mind te change nie.

    Dankie Retha, ek waardeer die virtuele drukkies en omgee. Ek het dit nodig.

    Rustig, klink my jy’s ook uitgebowl. ;-)

  10. 22 Januarie 2010 8:58 nm

    Terloops, ek is enkellopend en dit gaanso min of meer ‘n wonderwerk kos om my die kans te gee op ‘n man en kinders. En soms wens ek ook dit kon anders wees. Maar ek sien ook hoe dit nie anders kon wees nie. Ek vertel nie dat my situasie naastenby soos joune is nie – ek weet nie eers wat is joune nie.

    Maar so nou en dan wens mens wel dinge kan anders wees. Nie dat ek enigiemand verder met my probleme gaan verveel nie.

  11. flippiefanus permalink*
    23 Januarie 2010 7:16 vm

    Retha, as ek reg verstaan is jy nog redelik jonk. Moenie jou geleenthede om ‘n spesiale verhouding met iemand te ontwikkel weggooi nie. Dit word net moeiliker soos mens ouer word. Doen nou moeite daarmee. Dis belangriker as wat jy dink.

  12. Katvoet permalink
    23 Januarie 2010 10:56 vm

    Flippie, mens, ek wens ek het d regte woorde vir jou, maar ek hoor en verstaan jou punt al te goed. Omstandighede verander, keuses word heroorweeg en nuwe prioriteite word gevorm. Its all so trivial. Ekt lankal ophou probeer verstaan hoe dit alles werk. Maar tog sal mens seker nooit ophou wnes op eendag nie. Of hoe?

  13. Katvoet permalink
    23 Januarie 2010 10:57 vm

    Skuus….wens…

  14. flippiefanus permalink*
    24 Januarie 2010 6:34 nm

    Katvoet, toemaar die blote feit dat jy kommentaar lewer beteken vir my iets. Dankie.

  15. Katvoet permalink
    25 Januarie 2010 4:19 nm

    Hey Flippie, wat van ‘n lekker vrolike post huh?? Of moet ek weer die cheerleaders bymekaar roep??? Kom jong!!

  16. Louwie permalink
    4 February 2010 9:29 nm

    Verstaan dit ook nie FF, maar sterkte. Eendag sal ons tog weet waaroor dit nou eintlik gegaan het. Sien nogal uit na daardie dag. Intussen moet ons maar aanhou keuses maak en `n manier vind om met die resultaat van ons keuses saam te leef, dis nie altyd lekker nie maar dis hoe die lewe werk. Vasbyt.

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.