Slaan oor na inhoud

Vlaggie vir my posbus

26 Januarie 2010

Na my vreeslike donker inskrywing van laaskeer het Katvoet my aangeraai om hierdie keer ‘n “lekker vrolike” inskrywing te maak. Alhoewel ek nou nie meer myself in die donkertes van laasweek bevind nie, voel ek nog nie so dat ek lus het vir ‘n “lekker vrolike” inskrywing nie. As ek my gaan forseer om dit te doen gaan die resultaat baie oppervlakkig wees. So nou skryf ek maar oor iets kleins.

Elke dag wanneer ek van die werk af terugkom ry ek by my posbus verby wat voor ons kompleks staan. Dan wonder ek of daar vir my pos is. So in die verbygang staar ek na die ding om deur die gleuf te probeer sien of daar iets in is. Dit help egter nie veel nie. So kom dit dan dat ek maar die entjie na die kompleks se ingangshek aanpak om te gaan kyk. Telkens wanneer ek dan daar kom is die posbus leeg.

Nou herhinner dit my aan hoe dit in Kanada werk. Die posbusse daar het baie maal so strokie metaal wat aan die kant daarvanvasgemaak is. Ek het altyd gewonder waarvoor dit is, want dit lyk asof dit sommer ‘n onbenullige stukkie versiering is.

Hierdie strokie metaal het egter ‘n spesifieke doel. Wanneer die posman verbykom en pos in die posbus plaas dan verstel hy hierdie strokie sodat dit regop staan. As jy dan by die huis kom en sien dat die strokie regop staan dan weet jy daar is pos in jou posbus. Dan kan jy die pos gaan uithaal en weer die strokie herstel.

Hierdie metaal strokie word baie maal in die vorm van ‘n (rooi) vlaggie gemaak. Ek vemoed dis dan ook waar die uitdrukkie om “die vlaggie te stel” vandaan kom, ‘n uitdrukking wat mens in die rekenaar of digitale wereld kry.

Wat my omkrap is dat ek nog nie so posbusvlaggie in SA teëgekom het nie. Mikien gaan ek net met toe oë deur die lewe, maar as dit wel hier is, dan is dit nie baie algemeen nie. My vraag is hoekom nie? Dis nie asof dit ‘n moeilike tegnologiese wonderwerk is nie. Dis bloot ‘n klein stukkie kultuur wat die lewe net so klein bietjie beter maak. Tog ontbreek dit in SA. Moenie my vertel dat ek die eerste mens in SA is wat van hierdie posbusvlaggie idee geleer het nie. Wat vertel dit vir mens van die kultuur in SA? Ek weet nie, maar dit bekommer my.

14 Kommentaar
  1. 26 Januarie 2010 9:45 nm

    Jy gee dalk nou vir iemand ‘n lekker nuwe bemarking idee :-)

  2. 27 Januarie 2010 8:25 vm

    Somehow dink ek nie Suid-Afrikaanse posmanne gaan baie konsekwent wees met die vlaggie-ding nie. Party gaan die vlaggie opslaan, maar die meeste gaan bloot nie bodder nie. :lol:

    Maar dit is ‘n oulike idee!

  3. Katvoet permalink
    27 Januarie 2010 8:39 vm

    Ek dink die posbusse met die vlaggies is te kostelik. Die vlaggie simboliseer die “you’ve got mail” wat mens sommer opgewonde maak.

    Dit is vreeslik jammer dat mense nie meer gereeld vir mekaar briewe skryf nie. Daar is niks so wonderlik soos ‘n handgeskrewe groetbrief van iemand spesiaal nie.

    Sjoe ek’t het laas van my broer se vriende briewe ontvang toe hul op die grens was. Die arme troepies verlang daar na mense wat hul nog nie ontmoet het nie, en ek’t gereeld ‘n brief gekry wat begin met……”ek het n foto van jou gesien by jou broer, mag ek maar vir jou skryf”….hehe. Te dierbaar!

    Dankie vir die inskrywing en die kleurvolle posbusse!

  4. Andrew permalink
    27 Januarie 2010 8:42 vm

    In SA sal inbrekers dit gebruik as ‘n aanduiding of jy tuis is of nie en die posman sal weier om die flaggie te stel tensy dit deel vorm van sy werksbeskrywing en hy daarvoor vergoed word.

  5. flippiefanus permalink*
    27 Januarie 2010 8:28 nm

    Sonkind, dis wat ek in die stillegeit wens, want dan kan ek vir my so posbus by die nuwe besigheid gaan kry.

    Vlam, jy’s reg. Dan gee dit my weer ‘n nuwe ding om oor gal af te gaan. :-D

    Katvoet, ek dink die mensdom het te gejaagd geraak vir handgeskrewe briewe. Nou is dit ‘n vinnig “status update” op facebook wat die plek inneem van handgeskrewe briewe.

    Ag nee man Andrew so erg kan dit nie wees nie. In Kanada is daar ‘n vakbond vir alles onder die son en tog het die posbusse daar vlaggie. Wel nou onthou ek dat die nuwer woonbuurte se posbusse anders lyk en nie vlaggies het nie. Miskien is jy reg. :-(

  6. Katvoet permalink
    28 Januarie 2010 8:16 vm

    Facebook…huh uh, no thanks. Ek verkies om my regte vriende van aangesig tot aangesig te sien. Niks kan persoonlike kontak vervang nie. Dan verkies ek ook eerder ‘n posbus met ‘n vlaggie. Selfs al verskyn slegs een opregte brief per jaar in daardie posbus sal dit voldoende wees. Hoop jy kry iets wat jou breed laat glimlag vandag!!

  7. Andrew permalink
    28 Januarie 2010 10:29 vm

    Flippie dis my lewens ervaringe wat my so sinies maak. My paranoiese demensie is al so erg dat ek my twee laptops in die huis wegsteek voor ek uitgaan, net ingeval daar by my ingebreek word.

  8. flippiefanus permalink*
    28 Januarie 2010 8:41 nm

    Katvoet, ek stem saam met jou. Geen virtuele vrienskap kan ooit wees soos daardie ou bekende en betroubare vriend wat mens mee ‘n lang pad gestap het nie.

    So deur die loop van die dag met al sy dinge vergeet mens so bietjie van jou omstandighede en dan vind mens inderdaad dat mens vir ‘n grappie kan lag.

    Andrew, jy klink vir my soos iemand wat baie daarby sal kan baat om in ‘n land te gaan bly wat baie minder misdaad as SA het. Jy sal sommer baie beter kwaliteite lewe ervaar.

  9. 29 Januarie 2010 6:28 vm

    “My paranoiese demensie is al so erg dat ek my twee laptops in die huis wegsteek voor ek uitgaan,”

    Tel dit vir paranoies? Ek steek myne ook weg tuis deesdae. (Maar my vorige een is so ‘n halfjaar terug gesteel uit daai einste blyplek, terwyl ek geslaap het.)

  10. Andrew permalink
    29 Januarie 2010 8:08 vm

    Retha dalk is jy reg, miskien is ons gedrag net ‘n gesonde reaksie tot die misdaad bedonerde omgewing waarin ons leef. Maar dan moet ek ook by sê, daar is ‘n paar wacko mense in my familie en ek deel hulle gene.

  11. Mefri permalink
    29 Januarie 2010 10:49 vm

    Flippiefanus, oor kuber-vriendskappe; dalk is ek so bietjie ‘odd’ maar ek het ervaar dat ek hier vriendskapsbande gesluit het wat ongelooflik kosbaar is. Miskien is dit so dat daar ‘n vryheid van gedagtes hier plaasvind wat selfs jou naaste vriende nie in deel nie, want hier wonder ek nie wat ander van my opinies en gewaarwordinge dink nie, en dit is juis die rede waarom ook ek na my eie innerlike kan luister en ook na die van ander, in die lig van die kortste kommentaar of inskrywing.

    Ek glo sonder om te veralgemeen, dat meeste gedigte en joernale sielspraak is, daarom kom die ware innerlike van die mens na vore, dis hier waar ons meer van onsself toon en diegene wat die bewustheid daarvoor het dit inneem, verwerk en internaliseer. Hierby sluit ek natuurlik nie diegene wat skryf om ander te plesier nie. Ek het geen probleem daarmee nie, maak dis nie te moeilik om die onderskeid te tref nie.

    Jou posbussie met sy armpie omhoog, om aan te dui dat daar iets in sy pensie is, is tog te dierbaar.

  12. flippiefanus permalink*
    31 Januarie 2010 7:16 vm

    Retha, dis seker normaal om so te voel na mens so ervaring gehad het. Nou moet ek erken dat wanneer ek op vakansie gaan dan steek ek ook goed weg.

    Andrew, ek dog daar in die Kaap is daar minder misdaad as hier in Gauteng.

    Mefri, ja mens kan seker besondere vriendskappe ontwikkel op die Internet. Mens moet net onthou dat dit ook gevare inhou. Mens kan nooit verseker weet of die virtuele person en die regte persoon daaragter een en dieselfde is nie. Ek het in die jaar of wat wat ek nou woer al ‘n paar kere gesien hou mense se gevoelens seergemaak is omdat hul verwagtings en vertroue geskend is. My peroonlike raad is om nie te vrygewig te wees met persoonlike informasie nie.

  13. 11 February 2010 7:23 nm

    Hi Flippie plaas dat jy hierdie raad (jou laaste kommentaar) vroeër uitgedeel het :mrgreen:

    Ek het fantastiese blog vriende gemaak maar het ook met ‘n “big bang” ontdek dat jou “regte ware en betroubare vriende, die met wie jy jou diepste geheime kan deel” die wip in daai stap hou of is dit terug sit. LOL
    Daar is regtig juwele in die blog wêreld bv ek en Pikkie was van die begin van ons blog reis goeie vriende, ons was so bevoorreg om daardie vriendskap nou in die regte lewe voort te sit en dit is ‘n vriendskap wat ons albei baie goed oppas.

    Some friends come into your life for a reason, they come into your life and teach you a lesson but they exit your life in such a way that the lesson is learned and they seldom cross your path again.
    Some friends come into your life for a season, they make your life better, but time or death leave you only with the great memories you shared.
    Some friends come into your life a lifetime, they make your soul dance of joy every time you see each other and even through distance you stay close. Those are the ones you should cherish and hold very close to your heart.

    Ek lees nog lekker hier by jou ;)

  14. flippiefanus permalink*
    13 February 2010 3:02 nm

    Hi Wippie, bly om jou weer raak tel lees. Daar is min dinge so waardevol soos ware vriende en as mens daardie vriende op die internet kan ontmoet is dit wonderlik. Mens moet net besef dat so vriend nie regtig as vriend bevestig is voor mens die persoon van aangesig tot aangesig ontmoet het nie.

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.