Om jou rug te draai
Wat is sonde? Meeste mense verstaan dit as die oortreding van ‘n stel reëls. Die redenasie is dat aangesien hierdie reëls deur God daargestel is, die oortreding van hierdie reëls noodwendig sonde teen God is. Om jou rug op die reëls te draai impliseer dan noodwendig dat jy jou rug op God draai.
Tog leer ons in die Bybel dat die een nie noodwendig die ander een impliseer nie. Die Fariseërs demonstreer hom mens jou rug op God kan draai terwyl jy reëls noukeurig gehoorsaam. Jesus het breedvoering beskryf hoe die Fariseërs die pot mis sit. Daarteenoor wys Jesus vir ons dat mens soms jou rug op reëls kan (en moet) draai sonder dat jy in die proses jou rug op God draai. Hy genees byvoorbeeld mense op ‘n Sondag en eet saam met sondaars.
Daardeur wys hy ons wat sonde werklik is. Dit is nie soseer dat mens jou rug op reëls draai nie. Dit is dat jy jou rug op God draai. As jy in jou hart weet dat wat jy nou gaan doen verkeerd is, dan is dit waarskynlik die Heilige Gees wat dit vir jou deur jou gewete aandui. As jy dan voortgaan om dit te doen is dit sonde, nie omdat dit ‘n reël is wat jy oortree nie, maar omdat jy jou teen God verset.
Soms probeer mens jouself in sulke omstandighede regverdig op grond van een of ander reël wat jy konsuis gehoorsaam deur wat jy doen, terwyl jy tog in jou hart weet dat wat jy doen nie reg is nie. Dit is dan wat mens soos die Fariseers is, want dan draai mens jou rug op God juis deur die manier waarin jy die reëls gehoorsaam.

Oooo jy is so reg. Ek het vandag n soortgelyke gesprek met iemand gehad.
Mens is van nature SO gereed om te justify hoekom en waarom, amper in n verdedigende houding, wanneer niemand jou eintlik beskuldig nie en dit maar bloot die stem van jou gewete is wat eggo in die skulp van jou siel en menswees.
Good point well made FF!
Dagse Flipfaan!
Ouding hou van wat jy hier netjies stipuleer. Laat Ouding dink aan Moedertjie wie vir Ouding toentertyd geseg het dat sy nie vir Ouding met ‘n reelboek onder die blad die lewe kan instuur nie en dat sy nie vir Ouding kan uitspel wat Ouding alles mag en wat nie; dat sy nie altyd daar sal wees by Ouding om vir Ouding te vertel waar om te wat hoe nie, maar dat Ouding maar net kan stilraak en na die stem in sy innerste kan luister, want dis die Here wat daar praat – die Heilige Gees is mos binne-in manman.
Waaroor Ouding wel al geruime tyd klipsit en dikwels ‘n pyp oor stook en laat smoor: hoe nou gemaak waar manman ‘n bedryf doen omdat manman werklik sieklik oortuig is dat dit reg is, maar in “God se reelboek” EN in sosiale norme is dit verkeerd – is daai dan nou sonde of is daai nou nie sonde nie? Dink nou maar aan die enkelinge wie so sporadies die kluts kwytraak en almal op ‘n trop in ‘n bos loop woon omdat daar geglo word DIS nou die roepstem van die liewe vader wie daai so wil he en dan allerhande onnoembare dade pleeg in die naam van geloof en roeping. ‘n Blinde kan met ‘n stok voel daai is so verkeerd soos bose geeste in varke, maar hoe nou gemaak met manman wie in sy binnegoed oortuig is hy doen daai oorlat Baas Lewe hom so vertel, hmmm?
Desnieteenstaande glo Ouding soos Ouding glo en daai glo van Ouding en die goete wat jy hierbo gemaak staan het, stap in lyn soos ‘n treinspoor se dwarssporte – dankie daarvoor.
In God se Woord word ons gevra om die regering wat aangestel is deur God, te aanvaar. Om ons belasting te betaal. Om die landswette te gehoorsaam. Ons is onderhewe aan hierdie.
Maar indien hierdie landswette (reëls) deur die einste leierskap verbreek word, moet ons dan nogsteeds hierdie regering ondersteun?
HOE volg ek daardie, wetende dat hierdie leiers hul eie mense belieg en bedrieg? En dat hulle weet dat sekere mense in die kabinet by sindikate betrokke is? Is dit aanvaarbaar om net terug te staan en Gods water oor Gods akker te laat loop?
My punt is: Is hierdie God se reëls of is dit goedsmoeds aangepas om die mens te pas?
Wil God dan nie hê Sy kinders moet voluit en sonder vrees kan LEEF nie?
Dankie Elf.
Ding ek dink mens kan weereens uit die voorbeelde in die Bybel leer. Toe Josef vir Maria in die stilligheid wou los omdat sy swanger was en God hom laat weet het dat hy met haar moet trou het hy nie luidkeels vir die hele wereld probeer verduidelik wat gebeur het nie. Daarom voel ek dat as ek in my hart weet dat iets reg (verkeerd) is al lyk dit verkeerd (reg) dan hoef ek nie die hele wereld daarvan te probeer oortuig nie. Paulus verduidelik in Romeine en weer in 1 Kor dat mens nie voor ander mense offervleis moet eet as daardie mense oortuig is dat dit verkeerd is nie. Sulke mense wat swak is in die geloof kan dan verlei word om iets verkeerd te doen. Dit is belangrik dat mens daardie mense se konsep van moraliteit respekteer.
Sterna, dit is moeilik om te verstaan hoekom dit in die Bybel so gestel word, maar mens moet onthou dat toe daar geskryf is dat mens die regering van die dag moet aanvaar was daar ‘n heidense Romeinse regering aan bewind wat min tot geen respek vir God gehad het. Tog het hierdie einste heindense regering baie jare later die Christendom as die offisiele godsdiens verklaar. Wat ek dus daaruit leer is dat God nie deur revolusies werk wat geneig is om baie destruktief te wees nie, maar eerder deur evolusie wat meer opbouend is. Dit vat nou wel baie langer, maar God is nie haastig nie.
Flippie
Hierdie is millineums later en Sy Woord is die w^relddeur bekend. Ten spyte daarvan is daar bitter min lande wat onder die vaandel van God regeer. Ons probleme het juis begin toe hierdie land se leiers besluit het om SA sekul^r te verklaar.
Mayhem heers. Klink vir my na agteruitgang en nie opbouende evolusie nie.
Wanneer gaan die mense die leiers daadwerklik verantwoordelik begin hou vir die gemors wat hier heers? Hoekom is die gelowiges hieroor so stil? Ons praat wel onder mekaar, maar ons laat toe dat mense wat veronderstel is om siviele dienaars te wees, wegkom met letterlik moord. Met al die kennis wat ons deesdae het, hoekom is ons sulke papperds betrekkende hierdie?
God verwag van ons om te DOEN wat reg is en nie net daaroor te praat nie.
Sterna, oor die afgelope paar millenia het die Christelike beginsels deel geword van baie kulture se morele beginsels. Dus, al is hierdie lande sekuler in terme van hul regerings word die Christelike beginsels prakties toegepas. Ek het om die waarheid te se oorgetuig geraak daarvan dat dit eintlik nie ‘n goeie ding is wanneer die regering Christenskap probeer afdwing nie want dan kry mens die situasie dat baie maak asof hul Christene is terwyl hul eintlik nie Christene is nie. Daar moet liefs skeiding tussen die regering en die kerk wees want dan weet mens dat geloof in God op vrye keuse gebasseer is, soos dit hoort.
Die probleem in SA is eerder dat daar nie regtig demokrasie bestaan nie, grootendeels omdat die meeste kulture in SA nie demokrasie verstaan nie. Dit was nooit deel van hul kulture nie en dit is eintlik onnatuurlik om dit hier te probeer afdwing. Demokrasie, soos deur die westerse lande geimplimenteer werk nie in Afrika nie.
Maar dit is ‘n politieke probleem en nie ‘n Christelike probleem nie.
Flippie jou inskrywing is regtig baie goed beredeneerd, en ek hou daarvan.
Maar ek verskil van hierdie laaste kommentaar van jou. Dis neerbuigend en bloot verkeerd. Daar is heelwat redes hoekom demokrasie in baie Afrika lande nie goed werk nie, maar “nie verstaan” is nie een daarvan nie.
En die implikasie dat daar ‘n beter stelsel vir Afrika is, vind ek nogal sinister.
Dit is tog waar dat baie Afrika-leiers demokrasie slegs gelykstel aan die hou van verkiesings en die wyer implikasies van demokrasie nie kan of wil verstaan nie. Burgers van Afrika-lande verstaan egter baie keer goed (soos tekenend in oa die Zimbabwe-geval). Ek weet ook nie of die liberale demokrasie “soos geimplementeer deur westerse state” werklik altyd die beste stelsel vir etnies-diverse Afrikastate is nie. Maar daar is ook geen werklike goeie ander alternatiewe nie.
Alleman, wat ek bedoel met “nie verstaan” is dat dit nie deel is van die mense se kultuur nie. Ek weet,ons sien hoe die mense betoog teen swak dienste en allerande goed wat hulle ongelukkig maak, maar as die verkiesing kom stem hulle weer presies dieselfde. Die enigste manier wat ek dit kan verklaar is dat hulle nie besef dat hulle deur hulle stem die regerende partykan “straf” vir die swak diens. Maar in stede daarvan stem hulle maar weer vir hulle. Volgens my moet dit wees oor die manier wat hulle konsep van regerings outoriteit gevorm is binne hul kulture.
Bib ek dink asons bietjie ons verbeelding gebruik sal mens met ‘n beter stelsel voorendag kan kom. Dit sal iets moet wees wat nie te veel verskil van die stelsels wat in Afrika bestaan het voor die westerling hier ingekom het nie. Ek dink net dat dit sulke drastiese verandering sal vereis dat niemand die guts gaan he om dit te implimenteer nie.