Kry vir jou ‘n emosie
Al gehoor dat dat een persoon vir ‘n ander persoon sê “Get a life”? Wel dit is vir my een van die lelikste goed wat een mens vir ‘n ander persoon kan sê. Wat beteken dit nou eintlik? Is daar slegs een manier van lewe wat as life beskou kan word? Hoe moet mens dan nou lewe sodat dit as ‘n life beskou kan word?
Ja ek kan my goed verbeeld hoe dit moet wees: partyjies van die môre tot die aand; die hele tyd die middelpunt van belangstelling; mense wat rondom so persoon hang om so paar krummels van sy of haar populariteit te kan beleef; natuurlik ook baie weelde en gerief; ja en wie weet wat nog.
Is dit waaroor lewe gaan? Is dit hoe mens die kwlaiteit van lewe moet meet? Watter mens kan die kwaliteit van ‘n ander mens se lewe meet? Hoe sal jy dit meet? Die hoevelheid plesier wat iemand daaruit kan put? Is plesier nie op die ou end maar leeg en oppervlakkig nie?
Nee, ek sal jou vertel hoe ek die kwaliteit van ‘n lewe sal meet. Nie aan al die oppervlakkige plesier wat ek in my lewe kan inprop nie. Nee. Ek sal dit meet aan al die emosies wat ek ervaar.
Emosies is soos pêrels en die lewe is daarom ‘n string pêrels. Emosies is verskillend en daar is ‘n wye verskeidenheid. Nie alle emosies is gelukkige emosies nie, maar hulle is nogsteeds kosbaar. Mens dink terug aan daardie emosies met ‘n soort heimwee.
Daar is sommige emosies wat mens net een maal ervaar en soms kom mens op ‘n plek en dan kry mens ‘n herhinnering aan daardie spesifieke emosie wat mens op ‘n vorige stadium gehad het. Het dit al met julle ook gebeur?
Ek het nie nodig om die hele tyd plesier te ervaar nie. As ek in ‘n unieke stuasie is en ‘n unieke emosie ervaar dan weet ek, ek is ‘n mens en ek lewe en dit maak my gelukkig.
As iemand ooit vir my sou sê get a life sal ek daardie persoon jammer kry, want so persoon se lewe is dalk baie oppervlakkig. Ek sal so persoon adviseer: kry vir jou ‘n emosie.
(foto: flickr)
Comments are closed.


Haai ou Flippie, hoe praat jy my nou raak? In dieselfde “kompleks” waar ek bly, bly ‘n paar baie moeilike afgetrede mense wat, soos dit vir my lyk, niks anders doen as om op mekaar te spioeneer en dan te skinder en kritiseer nie. Hoewel nog nooit aan een van hulle nie, het ek dit al baie van hulle gese… en ja, ek kan sien dat die nie behoort gese te word nie. Snaaks genoeg, al irriteer hulle die “living daylights” uit my uit soms, verstaan ek tog en het ek tog begrip vir die plekkie in die lewe waar hulle hul bevind en ek het baie empatie met hulle, maar ai! wanneer hulle so onder mekaar inklim, wens ek steeds dat hulle hulself liewer op hul eie lewens wil toespits, in ander woorde “get a life”.
Briljante post. Ek stem heelhartig met jou saam. Ek self meet die lewe aan emosie, want as ons die dag gaan ophou voel, wat maak ons dan hier?
Ek wonder of dit juis die feit is dat ek nié die middelpunt van belangstelling of n sosiale vlinder is nie, wat maak dat daardie persone my as oor-emosioneel bestempel? Hmm ..
Mens vergeet soms hoe maklik jy n uitdrukking gebruik sonder om daaraan te dink wat jy werklik besig is om te se. Stof tot nadenke .. regtig baie waarheid in jou woorde vandag.
Mense meet beslis hul lewenskwaliteit aan verskillende kriteria. Ek het dit ook al baie beleef dat iemand so neerhalend met ‘n ander praat en dan wonder ek maar net of hulle lewens werklik soveel meer fantasties is.
Vir my persoonlik sal dit nie baie diep seermaak nie (ek begeer geen ander lewe nie), maar die effek van sulke woorde het ‘n baie dieper en langdurende impak op iemand se selfbeeld as wat die spreker dink. Dalk gee hulle nie eens om nie. Dit kom maar alles neer op ‘n gebrek aan empatie, wat myns insiens die great divider tussen mense is.
Partykeer Flippie, sal die uitdrukking van “Get a life” dalk gebruik kan word teenoor diegene wat aanmekaar op ander se lewens parasiteer, sin maak. Maw “Get your own Life” OF Hou asb jou neus uit ander se sake uit. Netsoos EkisAnna na verwys. Ek dink meestal dat die Engelse dit so sou bedoel.
Wat ek nie van hou nie is die uitdrukking “Have a nice Life” wat sarkasties toegesnou word.
Wat Kaneelsuiker hierbo uitlig is waaroor dit gaan: Wanneer daar neerhalend teenoor ‘n ander gepraat word. Onaanvaarbaar en onnodig. En DIT ontketen negatiewe emosies.
Anna, ja ek kan sien dat daar tog omstandighede is waar dit wel gepas kan wees om vir iemand dit toe te voeg. Nou verstaan ek beter vanuit die konteks wat daarmee bedoel word dan.
Elf emosies is pragtige goed. Selfs al is dit hartseer. Daar is diegene wat die lewe in groot bree hale verf en dan is daar die van ons wat na die fyner subtiele nuanses oplet en miskien daarom as meer emosioneel gesien word. Verskillende mense ervaar dinge op verskillende maniere. Dit is net jammer dan mense soms nie ruimte laat vir die diversiteit nie en dink almal moet soos hulle wees.
Kaneel ek dink jy is reg. Mense gee baie maal nie om wat die impak van hulle woorde is nie. Dit is juis een van die redes wat ek dink hulle is self maar bra oppervlakkig.
Sterna, goed ek verstaan, wat dit dan eintlik beteken is “get your own life” Dit beteken dan iets heeltemal anders as wat ek verstaan het. Ek wonder net of dit altyd in daardie konteks gebruik word.
Flippie ek is jammer as ek die indruk by jou geskep het dat ek dink jy ‘n lewe moet kry, dis nie wat ek bedoel nie. Wat ek probeer sê is dat die lewe meer waarde het as om gode te bedien. Maar dan weer, volgens studies op Retha se blog is gelowiges meer gelukig as ongelowiges so miskien is jy op die regte spoor.
Net gou ‘n kort storietjie. Vanoggend het ek bokant die botaniese tuine in Skeleton Gorge op gehike toe ‘n vrou wat verby stap vir my sê: “What a life … you and your dog.” Dit het my so getref dat ek stil gestaan het en agter haar aangekyk het soos sy weg gestap het. Maar let nou op dat geen geld betrokke was nie, geen drank of seksuele losbandigheid of partytjies of al die stereotipiese dinge wat gelowiges gewoonlik assosieer met ateistiese geluk nie. Net ‘n rugsak, hond en een van die mooiste stap roetes in die sonne stelsel. Dis al.
Terloops, ek vermoed daardie vrou was dalk sarkasties.
“Emosies is soos pêrels…”
Keurig gestel. Dankie, Flipfaan.
Hmmm… jy het vir Ouding laat sit, pyp inie hand: waaraan sal Ouding nou die kwaliteit van ‘n lewe meet?
Uiteraard is die maatstaf hier ook maar ‘n uiters persoonlike, subjektiewe een. Miskien is dit omdat Ouding vandag Faith like Potatoes gekyk het, maar ja, dit maak nogal vir Ouding sin om die kwaliteit van sy lewe te meet aan die periodieke oes van herinneringe. Die enigste goeie oes vir Ouding dan bly of Ouding sy pad volgens sy geloof en oortuiging geloop het. Ouding wil nie daarop uitbrei nie – net dit: manman word maar elkeen op sy eie wysheid salig en dis net hoe dit is. Om stukkies lewe te lewe, om daardie aartappels in die grond te loop begrawe; nie vrae te vra nie, nie kort-kort die grond om te dolwe nie en te loer nie – net te glo en te doen soos manman glo manman moet doen; en dan uiteindelik oesdag te sien … hmmm, ja. Om ‘n verskil te maak.
Gitsgert Flipfaan, jy stop vandag vir Ouding so diep in sy Cats. Ding is skoon aangedaan en bewoë.
Ek kan niks hier byvoeg nie Flippiefanus, dit se ALLES en ek is in sync met jou, dit is die kosbaarste woorde in die heelal, want dit spel ook my ware naam.
Hierdie kosbare emosies was intens omdat ek die oomblik wat met so emosie vereenselwig is tot sy volle waarde beleef het, omdat ek wetend of onwetend my sintuie ingespan het om die oomblik wat ek beleef volkome te ervaar. Dit was ‘n oomblik waar gister en môre onbelangrik was. Dis was bloot nou
Flippiefanus; my siel krimp ineen en my borskas pyn letterlik as ek snedige aanmerkings hoor. Dankie vir hierdie prag sielsvoedende post.