Sommer weer lus
… vir woer.
Die afgelope twee weke rondgeploeter in vreemde lande (ten minste is Engeland nou seker nie meer so vreemd nie). Net so nou en dan die geleentheid gehad om hier en daar te lees wat op die woernale aangaan (Ai Sonkind), maar nie juis kans gehad om kommentare te lewer nie. Ook kans gekry om ‘n baie kort maar baie aangename kuiertjie in te kry met Rustig.
Nou gaan ek hopenlik weer meer tyd kry vir woer! Vandag moet ek nou net eers my voete vind.
Na so lang vlug voel dit mos asof die aarde nie se lê kan kry nie. Dis nes soos dit voel om in ‘n klein bootjie op die see rond te dobber. Op ‘n manier moet ek vandag hierdie bootjie geanker kry.
Aarde tog, en ek is skaar van die lughawe af huis toe oppad en die koerant opskrifte is van so aard dat ek klaar weer bang is vir interesting times.
Comments are closed.

Dis gaaf om te hoor Flippie!
Maar jou poging om “woer” as die regte woord vir “blog” te vestig, is gedoem tot mislukking.
Alleman dis my woernaal hierdie en as ek wil woer dan sal ek.
Interesting times is waarskynlik ‘n understatement.
Of jy dit nou woer, woerreer of blog noem. Solank die net resultaat woorde op die skerm is dink ek nie iemand sal hare kloof daaroor nie
Flippiefanus – a change is as good as a holiday
Een van die dae wals ek hier verby en woer in ‘n nuwe baadjie
(Tussen hakies – ek is een van die dae ‘n permanente kollega
)
Welkom terug in SA Flippie! En jy het Rustig ontmoet – Innie UK? Darem ‘n netjiese man daardie – ons het self die voorreg gehad om ook blad met hom te skud.
Jawel, NA laasnag se gebeure het ek kom inloer by WP om te sien of enige van die bloggers opinies het oor ET, maar ek sien niks.
Wat ek wel sien is dat die UK se Telegraph net weer op die rassistiese aspekte van die witman konsentreer. Ek glo ons kan werklik hierdie geleentheid gebruik om die Britte via www in te lig oor die werklikheid/waarheid van plaasmoorde in SA. Dis sekerlik tyd
http://www.telegraph.co.uk/news/obituaries/politics-obituaries/7552258/Eugene-TerreBlanche.html?state=target#postComment
O jy moenie praat nie PlaasJuppie, “interesting times” sal maak dat ek ‘n kelder onder my huis grawe.
Sonkind, dit lyk my dis baie mense se idee. Mense lyk my is moeg vir die Afrikaanse WordPress omgewing. Dis jammer dat daar elemente was wat dit kom bederf het. Maar nou ja, laat ek nou nie weer die storie van voor af oopkrap nie.
Sterna, ja ek is bly ek het uiteindelik die kans gehad om Rustig te ontmoet. Sal dalk weer kans kry as hy weer SA toe kom om te kom kuier.
Ek sien ‘n heel paar mense het geskryf oor ET se moord. Het nog nie daar gaan lees nie. Dit is nogal die ideale geleentheid om die wereld te probeer inlig oor dinge soos plaasmoorde, veral met die Wereldbeker wat oppad is, maar dan moet dit op die regte manier gedoen word. Die dreigemente van weerwraak is die verkeerste ding onder die son. Dit is definitief nie die Christelike ding om te doen nie.
Ek dink dis tyd om die eertydse leierskorps aan te spreek om ‘n groep mense as delegasie oor te stuur Europa toe. Land vir land te gaan besoek, soos o.a. Tutu destyds. FW HET immers die Nobel prys vir vrede gekry. FW, Pik, Roelf, Magnus Malan ens.
Feite moet op tafels gelê word. Blankes word sistematies deur terreur uitgeroei. Vra vir amnestie.
Ons kan praat, maar ons moet sekerlik met oplossings voor die dag kom. En ek kan nie dink watter skade dit sal doen as ‘n delegasie die waarheid gaan oopvlek nie.
Na wilde jaagtog van een lughawe na ander is ek baie bly om die gesig agter die woernaal te sit. Dankie vir die kuier Flippie, ek het lekker warm bad gevat namens jou toe ek terug is by my bly plek! LOL!
Welkom terug in die land van omgekeerde waardes Flipfaan.
Deesdae in hierdie land dink Ding toenemend aan Elsa Joubert se Die Laaste Sondag en Ding hou AL meer van daardie boek. Klaar.
Kan Ding maar nie help om te besin oor Ding se handelinge sou iets soortgelyks Ding tref nie. Drie handelinge staan onmiddellik voorop: Ding sal nie weier om met die president te praat nie, inteendeel Ding sal waarskynlik so graag met die president praat dat hy nie weer Ding se woning sal verlaat nie; Ding sal onmiddellik ‘n regspan saamstel om te wag vir die regsproses om sy loop te neem en direk na strafregtelike skuldigbevinding die staat en die individue dagvaar vir skadevergoeding, pyn en lyding en al daai mooi nommers; Ding sal bepaald oorweging skenk aan die gedagtegang van Die Laaste Sondag. Dankie, ek voel amper meer tevrede.
Flipfaan, die Christelike ding om te doen? Wat sou dit wees, Flipfaan? Hmmm?
Sterna, jy is reg; ongekwalifiseerd reg.
Welkom terug, Flippie!
Sterna, ek stem saam dat iets aan die sak gedoen moet word. Miskien kan van ons leiers oorsee gaan, maar wie? Miskien is daar goedkoper opsies. Binnekort gaan die wereld se media hier in SA wees vir die Wereld beker. Ideale geleentheid as jy my vra.
Rustig, ek het natuurlik my bad behoorlik geniet nadat ek weer terug is. Terloops daardie ou het my onnodig bang gepraat. Dit het my to seker maksimum van 5 minute gevat om deur die sekuriteit te kom. Binne moes ek toe nog lank wag voor die nommer van die hek op die bord verskyn het. Ek kon maklik nog ‘n uur langer saam met jou gekuier het. Maar nou ja.
Ding, die Christelik ding is definitief nie om te loop doodslaan nie. Die Bybel verduidelik vir mens dat wraak slegs God toekom. Vreedsame betoog, soos wat Martin Luther dit gepropageer het is ‘n baie meer Christelike benadering. Dit is op die ou end ook baie meer effektief om die wereld se simpatie te wen.
Dankie Vlam
♫ Hallo Flippiefanus ♫ en welkom terug‼ Ek was ‘n ruklank sonder ‘n rekenaar gewees maar dis darem iets van die verlede – ek sien uit na jou skryfgoed, sommer baie, baie.