Perspektief
Die geprewel van die ateïste oor hul verwronge beeld van God laat my ore tuit.
Kom ons probeer maar weer …
Dit gaan oor perspektief. Die rede hoekom mense nie verstaan nie is omdat hulle aan God dink soos wat hulle aan ‘n ander mens dink. Nou maar hoe dan nou anders? Ons is mense en ons kan niks verstaan as ons dit nie in terme van mense verstaan nie. ‘n Mens kan eenvoudig meeste van die aspekte van God nie met sy menslike breine verstaan nie. Die enigste manier wat ons ‘n begrip van God en sy karakter kan vorm is in terme van analogieë. Daarom probeer ons om ‘n beter perspektief te kan kry op God deur na analogieë met mense te kyk.
As mens byvoorbeeld sê: God is groot, wat beteken dit? Die grootheid van God is veel meer as net fisiese grootte, maar die analogie wat ons gebruik om dit te probeer verstaan is deur na fisiese grootte te verwys. Hierdie fisiese grootte moet groter wees as die hele heelal, want God het die hele heelal geskep.
Gestel nou maar dat ‘n mens so groot soos die heelal kon gewees het. Hoe groot sou die aarde vir jou gelyk het? Wel die aarde sou so klein gewees dat jy dit nie sou kon raaksien nie. Om die waarheid te sê jy sou skaars die hele Melkwegstelsel kon uitmaak tussen die ander sterrestelsels. As God dus soos ‘n mens was sou die mensdom op die aarde so totaal onbenullig vir hom gewees het dat Hy nie eers aan ons sou gedink het nie. Maar gelukkig vir ons is God nie ‘n mens nie. God is God.
Onthou wat ek met fisiese grootte probeer voorstel verteenwoordig eintlik veel meer. God is in alle opsigte soveel “groter” as die mensdom. Die beste term wat ek kan vind om al hierdie aspekte saam te vat is “kompeksiteit.” God se kompleksiteit oortref dus die kompleksiteit wat daar in die hele heelal te vinde is. Alle fasette van menswees is dus ontoereikend om die karakter van God te beskryf. Die beste wat ons kan doen is om God se karakter te sien in terme van afbeeldings op menslike karakter-eienskappe. Die beste wat ons het is terme soos wysheid, liefde, genade, maar ek dink hierdie terme is maar ‘n afgewaterde weergawe van die ware karakter van God. Geen mens kan die diepte van die liefde van God verstaan nie, of kan die omvang van die wysheid van God besef nie. Wanneer ons praat van “God se plan” dan gebruik ons mense taal om iets te probeer beskryf wat by verre veel meer omvat as wat die mensdom ooit sal kan verstaan. Die mens probeerGod se bedoeling met dinge beredeneer, maar met die nodige pespektief kry mens ‘n indruk van hoe totaal belaglik onsinnig so beredenering op sy beste kan wees.
O die mense dink hulle is tog so slim. Hulle kom vorendag met allerande teorieë sonder om eers te besef dat dieselfde teorieë al herhaaldelik deur die mensdom opgedis is. Dit het nie vantevore vir die mensdom enige verdere insig gegee nie en dit sal ook nie nou tot nuwe insigte lei nie.
Word eerder stil en besef dat die mens nietig is. Word stil en besef dat nie mensdom se gedagtes meestal onsinnig is. As dit nie was vir God se ondeurgrondbare genade en sy ondergrondbare liefde nie sou die mensdom homself al oor en oor totaal vernietig het. Ten spyte al sy vreeslike slimmigheid het die mensdom tot vandag toe nog nie uitgevind hoe om oorloë, verkragtig, moord en doodslag te beëindig nie. Waarop beroem hy hom dan? Dit sou veel meer wys wees as die mensdom in nederigheid gaan stil word om sy oë en ore oopmaak sodat hy homself kan laat leer.
Miskien sal die mensdom dan besef … miskien as hy die nodige perspektief het.
Comments are closed.


Ego sal nog die mens se ondergang wees.
Net so week of wat gelede maak ek die opmerking dat dit is skokkend dat ‘n spesie met soveel kapasiteit tot geweld die kroon van die skepping moet wees.
Iemand met veel dieper insig as ek antwoord toe: “Homo sapiens is die enigste spesie op aarde wat beplan om ‘n ander dood te maak, juis daarom is ons nie die kroon van die skepping nie, dis ‘n wanpersepsie wat spruit uit die egoïsme van die mens. Ons jaag die PPP na met alle mag- ‘power, posessions en pleasure’
Tog is die mens wel hier, met sy onsinnige gedagtes en al. Om net stil te raak, is nie in sy aard nie. Moet mens dan nou maar net stilsit en wag vir eindtyd?
Die beste wat die mens kan strewe na, is seker wat Romeine 15:1-3 voorstel.
Hi FF!
Dankie vir ‘n amazing post!
As ons tog maar net wil leer dat die Bybel nie net mense se woorde oor God is nie, maar inderdaad God se Woord is, dan sal ons nie sulke onbesonne dinge sê nie.
Die liefde van God is nie maar net ‘n abstrakte befrip of ‘n blote sê-ding nie. God se liefde is “gee-in-aksie.” Hy het nie net gesê Hy het ons lief nie; Hy het dit bewys deur sy enigste Seun te gee, nie sommer net gegee nie, maar oorgegee om geslag te word as losprys vir ons sondes. As sodanig het God sy beste gegee en eers as ‘n verlore sondaar hom deur die geloof oorgee aan sy Beste, sal hy weet wat die omvang is van God se liefde.
So-ook kan ‘n verlore sondaar weet wat die omvang is van die wysheid van God wanneer hy die omvang van die kruisdood van sy Beste deur die geloof vir homself toegeëin het. Wat sê die Skrif?
Voorwaar, God se liefde en sy wysheid word vir ons duidelik geopenbaar in sy Beste en sy kruis.
Mag ek maar “Amen!” se?
God is en bly onbegrens deur menslike denke. Dis tog wat die woord “God” impliseer of hoe?
God werk op die ateis se senuwees! Dit is hoekom hulle gedurig moet stoei en argumenteer oor iets waarin hulle nie glo nie. As persoon nie glo aan die bestaan van ‘n god nie, hoekom daaroor “worry”?
Plaasjuppie, die mens is inderdaad geneig tot hoogmoed. Miskien is die konsep van die mens as “kroon van die skepping” deel daarvan. Tog word dit so in die Skrif beskryf. Dalk is dit meer ‘n geval dat die mens dit verkeerd verstaan. Dit impliseer nie bloot dat die mens verhewe is nie, maar ook dat die mens die verantwoordelikheid vir ‘n deel van die skepping dra. Dit is in terme van laasgenoemde wat die probleem ontstaan. As die mens sy verantwoordelikheid nagekom het sou dit vir niemand ‘n probleem gewees het dat die mens as kroon van die skepping beskou word nie.
Emil, nee ek bedoel darem nie mens moet nou die hele tyd net stil wees nie. Ekvoel net dit is beter om eers stil te sit en probeer verstaan wat God vir ons se enom dan Sy wil te volg voordat ons onsself so ophef en tekere gaan en in die proses soveel skade berokken nie.
Ja die beginsel van naasteliefde is deel daarvan om God se wil uit te voer.
Dankie Sonderwoorde en boerinballingskap.
Thomas, dit lyk so amper vir my dat jy nie saamstem met die aanhaling nie. Voel jy dan dat wat jy skryf oor God se liefde en wysheid alles daaroor omvang? Ek stemmin of meer saam met wat jy skryf, maar jy sal seker saamstem dat ons nie God volledig kan verstaan (deurgrond) nie.
Hoe kan ons God deurgrond as ons nie eens ons eie harte kan verstaan nie?
Daar is natuurlik so-iets soos ‘n geopenbaarde kennis en ‘n weerhoude kennis.
Nogtans het die Here sy hele raad aan ons bekend gemaak.
Die postmoderne slagspreuk “God is onbegrens deur ons menslike denke” het ‘n handige kapstok geword vir diegene wat ook sê: “Daar is waarhede in ander godsdienste” of “Die Christendom het nie alleenreg op die waarheid nie” of “Die Christendom kan gaan leer by ander godsdienste” ens. ens. ens.
Indien die Bybel die geopenbaarde wil van God is, dan is die Bybel voldoende om Hom te ken soos Hy Hom aan ons geopenbaar het.
Wat het ons nog meer nodig om God te ken as Christus “die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping” is? (Kol 1:15)
Trouens, om God te ken (te verstaan) soos Hy Hom aan ons geopenbaar het, is die ewige lewe.
JaNee BiB, kan mens jou dit verbeel?
Thomas, wees nou net versigtig dat jy nie woorde in my mond le nie. Om te beweer dat “God is onbegrens deur ons menslike denke” ‘n postmoderne stelling is wat ander gelowe bytrek is bietjie vergesog. Ek is alles behalwe besig om ander gelowe hier te regverdig. En kan ook nie sien wat sodanig postmodern aan die stelling is nie.
Met die stelling dat God ondeurgrondbaar is het ek vir die ateiste aangetoon dat hulle nie sommer sondermeer allerande stellings oor God kan maak nie. Daarmee het ek nie beweer dat die Bybel onvoldoende is nie. Die punt is ons hoef God nie te deurgrond om sy genade en liefde te kan ontvang nie. Daar stem ek dus met jou saam. Om die waarheid te se ek kan nie regtig sien hoekom ek en jy met mekaar stry nie. Miskien is jy nes ek maar net lief vir redeneer.
Gits Rustig, hoe het ek jou nie raakgesien nie? Jy’s nogal reg. Dit is so ironies dat mens wat nie in God glo nie so baie tyd aan Hom kan spandeer.
Julle christene besef hoe nietig en klein julle is ja maar julle ydelheid verhoed dat julle ‘n heelal kan verbeel wat totaal afwesing is van die mens. Selfs na die Apocalypse glo julle dat die mens voortleef in ‘n metafiesiese vorm, ‘n siel.
Andrew, as Christene ydel is dan wil ek nie weet wat ateiste is nie. Ten spyte van die feit dat die mens so klein onbenullige deeltjie van die heelal uitmaak is die mens steeds die kroon van die skepping. Ironies ne.
Moeilik vir iemand wat nie gelowig is nie om dit te verstaan.