Ewige trane
In Minsk, die hoofstad van Wit-Rusland (Belarus), is daar ‘n monument opgerig vir die 700 soldate wat gesterf het tydens die inval in Afghanistan. Langs die monument is daar ‘n standbeeld van ‘n huilende engeltjie. Die idee is dat die engeltjie die soldate se lewens moes beskerm en dat hy nou huil omdat hy daarin gefaal het om hulle te beskerm.
So daar staan die arme engeltjie en huil … vir ewig.
Om een of ander rede hier hierdie aansig my ontstel. Ek meen dink nou bietjie, een of ander regering besluit om ‘n ander land te loop inval. In die proses sterf ‘n klomp soldate, en wie word dan daarvoor verantwoordelik gehou? ‘n Klein engeltjie.
Meeste mense in Wit-Rusland is Russies-Ortodoks. Ek is nie Russies-Ortodoks nie, so dis nie asof ek hul siening van engeltjies deel nie, maar dis nie die punt nie. Die punt is dat mens geneig is sy verantwoordelikhede op ‘n Hoër Gesag af te skuif. Die mensdom jaag twak aan en wanneer die papaja die waaier tref dan vra hulle hoekom dinge verkeerd gegaan het.
Wanneer gaan die mensdom grootword en die verantwoordelikheid vir sy eie gemors aanvaar?


Ek voel baie sterk oor verantwoordelikheid onder andere, en ek is baie sinies spesifiek oor hoe geloof misbruik word om verantwoordelikheid te skuif.
Om verantwoordelikheid te skuif blyk ‘n swakpunt in die mens se mondering te wees, ek glo dit was nog altyd daar maar dit is asof dit erger word. Dalk het die moderne leefstyl van alles is aanvaarbaar en kits gratifikasie iets daarmee te doen?
Flipfaan, dis nou ‘n lansie netjies gebreek vir die engeltjie. En stof tot nadenke. Dan wil Ouding ook maar weer net reken dat Ouding so dankbaar is dat Ouding nie God of die engele is nie – Ouding sou telkens tennis gekyk het tussen die vegtende spanne mense en gewonder het wie nou gehelp sal word, want die ander span gaan glo hulle is NIE gehelp nie. Buurman, jaaaa, Swaer, so op die vooraand van nuwe horisonne reken Ding self die wêreld staan vandag darem wragtig op sy kop en die duiwel loop los rond soos ‘n brullende leeu. Jy praat waar, Buurman.
Goeie vraag Flippie. Die mensdom, volgens dr Caroline Leaf gaan in ‘n intellektuele agteruitgang in. Wat vir my sê, ons dink en redeneer minder met die gevolg is dat grootword amper ook gaan agteruitgaan.
Wat verder beteken dat ons soos kinders oor die karretjie of pop vorentoe meer en meer sal baklei. Want nes kinders, laat ons emosies oorneem bo nugtere logiese denke.
Liewe Here, beskerm ons soldate op die grens …
Wie het daardie soldate in die eerste plek grens toe gestuur? En vir wat? Vir magshonger? Magshonger word nooit versadig nie.
Abso(freakin)lutely!! Is dit tog nie so maklik om vinger te wys na ons Vader as dinge nie “reg” uitwerk nie?? Hoekom help Hy my nie? Hoe kan Hy dit laat gebeur? Boohoo!!
Die mensdom wil altyd die Here soek wanneer die gemors wat hul veroorsaak het te groot is om self uit te sorteer. How typical?
Weereens ‘n baie treffende post, dankie FF.
Anne-marie, ek kan nie heeltemal saam met jou stem dat dit destyds gegaan het oor magshonger of uitsluitlik oor magshonger nie…
In elk geval, die beeldjie van die engel is baie treffend.
Sprakeloos (sonderwoorde), jawel, dit is maar ‘n dilemma. Wanneer dit goedgaan met iemand en navraag word gedoen en die antwoord is dat dit alles te danke is aan die Here, word so ‘n antwoord dikwels bejeën met afkeurende verwysing daarna as dwepery. Wanneer manman grond eet en om hulp roep, word daar eweneens maklik verwys na dit is nou ‘n bietjie laat. Partykeer lê die grens tussen werklik God se Wil soek en God manman se wil laat soek, presies in dit wat jy skets hierbo – almal besef net nie altyd waar presies die onderskeid lê nie.
Soldate grens toe uit magshonger? GRENS? MAGSHONGER? As Ding nou veiliger wil slaap in die slaapkamer van sy huis op sy plaas en Ding plaas sy wagte nie by die deure van sy huis nie en vertrou nie net op die traliewerk aan die vensters en deure nie, maar plaas sy wagte by sy plaas se hek en lyndrade, dan is Ding magshonger? Amper sê Ding strontstorie, oftewel poefredenasie… Dis juis daai redenasie wat maak dat ons deesdae in ons binnekamers met ons broeke om die enkels vas aan die slaap gevang word…
BiB, ek besef maar alte deeglik dat dit op ons grense nie net uitsluitlik oor magshonger gegaan het nie. Dit gaan vir my meer oor die wat agter lessenare sit en oorlog verklaar, maar baie keer nog nooit self naby n slagveld was nie. Elke een wat sneuwel in n oorlog, is iemand se kind. In oorlog is daar geen wenners nie, ongeag wie watter God aanbid.
‘n Brutale oorlog met ‘n anderkant ontwapen is erger.
http://www.wnd.com/index.php?fa=PAGE.view&pageId=138297
Nog ‘n link na die artikel, mens kan gerus hierdie vrou gaan lees
http://www.ilanamercer.com/phprunner/public_article_list_view.php?editid1=543
PlaasJuppie dis wat my ook omkrap. Die moderne samelewing is geneig om vinnig te kla en te “demand” sonder om hul veel te steur aan verantwoordelikheid.
Ding: “vooraand van nuwe horisonne” mmm klink of daar afwagting is. Waarna verwys jy?
Ek sien daai ding Sammi. Die kinder van vandag darem. Maar sal mens nie maar altyd hoop koester nie?
Dankie Emil, gooi jy nou ‘n klip in die bos hier?
Anne-marie ek dink ek weet wat jy bedoel. Voel vir my ook die grensoorlog was onnodig. Waarvoor het al daardie mense op die ou end gesterf? Tragies.
Sonderwoorde, ja plaas dat mensdom liewer voor die tyd al bid dat God hulsal help om de regte besluite te neem.
Liewe aarde, ek kan nie glo ek het so lanklaas hier gelees nie.
Ek stem saam. En ek eggo BiB – die foto is besonder treffend.
Ek vind dit baie vreemd dat alhoewel Belarus val onder Russiese Ortodokse Kerk, dat hulle gedurende die oorlog eindtlik kommunisties was en dat wie ook al toegelaat was om ‘n standbeeld van ‘n engel opterig?
PS Engele is veronderstel om geslagsloos te wees!
Het engele dan dieselfde magic powers as gode? Hoekom aanbid julle nie dan vir hulle nie?
Voordat ek verban word omdat ek van topic af is, ek dink een van die grootste trekpleisters van enige geloof is juis die feit dat jy verantwoordelikheid tot ‘n groot mate vryspring. God doen alles, hy maak heelalle en quarks en gravitasie en konstantes en hy het ‘n plan met ons lewens. Al gaan dinge sleg met ons, dit is nooit ons skuld nie, dit is sy wil dat dit so moet wees. Godsdiens vir baie mense is ‘n kruk en het niks met die waarheid te doen nie.
Dankie Johan
Rustig, interessante waarneming. Ek het nog nie so daaraan gedink nie, maar dalk was die gedenkteken eers aangebring na die valvan kommunisme (die nou al sowat 20 jaar terug ne) toe die Ortodokse kerk weer toegelaat is om openlik te funksioneer.
Nee Andrew, engele het nie die mag wag God het nie. God is almagtig.
Geloof vra juis dat mens verantwoordelikheid aanvaar vir jou dade. Die hele kwessie dat mens God kan verantwoordelik hou is pure twak. Dit werk eenvoudig nie so nie.