Sulke tyd
20 Mei 2010
Ek wil afsluit met ‘n aanhaling wat ek by Graeme Codrington gelees het:
Our faith is based on a set of truths that are without error (God’s Word and God’s Himself). But to claim that our understanding and knowledge of God (and His Word) is faultless is clearly wrong (and contrary to Scripture itself, as it happens).
Dit het my getref want dit lê aan die wortel van baie van die redenasies wat ek oor die afgelope (amper) twee jaar gevoer het. Selfs al glo mens in die bestaan van ‘n Waarheid beteken dit nie dat mens oor foutlose kennis van hierdie Waarheid beskik nie.
Hiermee volstaan ek vir eers.
9 Kommentaar
Comments are closed.


Goeie dag, ek wil myself net kom voorstel, ek is nuut in die blog-wêreld.
Elke inloer, kommentaar en ook opbouende kritiek, oor jy wou en nie moes nie, sal baie waardeer word.
http://andrinie.wordpress.com/
Flippie ons is net verantwoordelik vir ons self. Ons kan nie vir ander mense se idiees en gedrag pa staan nie. Rus! Wanneer kom jy weer bietjie kuier in die Noorde?
Flippiefanus, dit is wat my so moedeloos maak oor meeste Christen mense, dat hulle wil voorgee dat hulle oor die waarheid, die absolute en laaste waarheid oor God beskik, en alle ander mense is verkeerd met hulle verstaan van die “waarheid”.
Die intellektuele bestudering van die Bybel, die ure se sit in die kerk alleen kan ons nie by daardie waarheid bring nie. Maar dit meen nie ons moet ophou soek nie.
Flippiefanus, jy skryf gereeld oor dinge en ‘toestande’ waarin ek myself bevind. Tans is Abba Vader besig om my te leer, en jitte, ek is seker die koppigste hardnekkigste en mees eiewys leerling wat ek ken. Nie te min. Ek is besig met Spreuke of is dit besig met my? Dit handel juis oor die verkryging van kennis, wysheid, insig, verstaan van verstaan ens.
Daar gebeur dikwels dinge met my wat my uitlok om afdraaipaadjies te neem, en soms doen ek dit tot my eie nadeel, MAAR dit leer my juis van nagevolge en om die Stem van die Heilige Gees te duidelik te hoor, en glo my, ek stamp my kop klipsteenhard as ek nie wil hoor nie. En ek sê dit met nadruk NIE WIL hoor nie‼
Gelees, en my ervaring:
“When the thought was expressed that there might be a God personal to me, I didn’t like the idea. So my friend made what then seemed a novel suggestion. He said, “Why don’t you choose your own conception of God?”
That statement hit me hard. It melted the icy intellectual mountain in whose shadow I had lived and shivered for many years. I stood in the sunlight at last.”
Dankie, flippiefanus.
Mefri, jy kan onmoontlik nie die Vader se koppigste student wees nie. Hoe Hy met my geduld hou is ‘n wonderwerk, maar Hy leer my nog. Ek is moeg vir die afdraaipaadjies- en elke keer vind ek my weer daar.
Flippie, ja, jou wysheid hierbo lê ook aan die hart van ‘n onlangse gesprek wat ek met Wouter gehad het op my blog, oor objektiewe moraliteit.
Emil, maar as iemand sy eie konsep van God kies, dan kies hy mos juis om alle onthulde waarheid oor God te ignoreer- wat hom tien teen een verder van die waarheid sal wegvat?
Retha, dis genoeg vir my om te aanvaar dat God bestaan. Dit opsigself is reeds ‘n onthulde waarheid. Waarom dit kompliseer? Dawkins mag reken dat godsdiens ‘n hallusinasie is. Weinig het ek gesien dat mense se lewens daadwerklik veranderd bly jeens ‘n hallusinasie. In my eie lewe vandag kan ek nie die bestaan van Hoër Mag buite myself meer ontken nie. Die res is dogma, menslike begrip.
Miskien sal dit help as julle eers bewyse vind vir iets voor julle dit aanvaar as die waarheid en nie anders om nie. Is hierdie stelling “Our faith is based on a set of truths that are without error” nie vanselfsprekend irrasioneel nie selfs vir ‘n toegewyde gelowige?
Feit Jesus het gestref om vir ons ‘n lewe te kan gee, daarom moet ons reg lewe