Ai, seevakansies in die winter is darem maar ‘n welkome onderbreking van die neerdrukkende koue.

Kyk net hoe baie mense swem so lekker in die see by Margate.

Pret vir die kinders

'n Kusdorpie kry nuwe lewe oor die langnaweek

Wie's nou lus om weer terug te moet gaan binneland toe?

Like this:
Be the first to like this post.
Ook lekker om te sien jy blog weer – al is dit net so ‘n bietjie
Soooo dankbaar om jou weer te sien FF .. sommer net. Asof die gesiglose naam skielik n vorm van sekuriteit bied.
Welkom terug liewe Flippiefanus, jitte ek het jou erg baie gemis.
Ek het so bietjie van ‘n breek nodig gehad. Weet nie of ek nou behoorlik terug is nie. Sal sien hoe dit gaan.
Well, while the going is good, gaan ek dit geniet om weer op jou bank op te krul
Ek gaan self volgende week die Goudstad agterlaat om langs die see te gaan sit – en dit boonop in die Overstrand waar die see koud en grys is, grrrr, selfs lekkerder.
Flippie, ek wens jy wou weer gereeld blog.
Ek wens ook ek wou meer gereeld blog.;-) Party keer dan wil ek iets skryf maar dan is my kop leeg.
Flippiefanus, ek sit vas hier by jou soos gewoonlik. My naam ens is gesuper glue, letterlik hoor. Ek kan maar delete soos ek wil, dit bly kleef. Dis okay, dalk por dit jou aan om te skryf.
Hoe bedoel jy dis gesuperglue? Het jy al probeer om dit op gravatar te plaas?
Waaroor moet ek skryf?
Skryf oor enigiets, solank ons net kan lees!!! Hallo Flipsie! Lekker om jou raak te lees!
hie hie, ek hoef nie eers in te teken nie, ek bly permanent hier. Vertel ons wat doer in die ruimte aangaan tussen al die sterre, ek het dit laas so geniet. Natuurlik gaan ek stilswyend vra vir my gunsteling, maar ek het so idee die outeur gaan vir eers nee sĂȘ daarvoor.
Mefri is dit nie maar net jou browser wat onthou wat jy moet invul nie?
Nee gits Flippiefanus, ek weet regtig nie, ek lees darem al hier op wp van 2006 af en die ‘delete browsing hisory’ funksie het dit voorheen verwyder.