Slaan oor na inhoud

Spinnerakke

25 Augustus 2010

Iemand het eenmaal hierdie treffende metafoor vir my verduidelik. Hy’t gesê dat as mens te lank op dieselfde plek bly dan ontwikkel daar spinnerakke in jou omgewing. Later kan jy amper nie meer beweeg nie van al die spinnerakke waarin jy vasgewikkel is.

Waarna hierdie spinnerakke verwys is al daardie klein verleenthede en afrontasies wat mens so met die tyd optel. Soos die meisie wat jy afgesê het en wat nogsteeds daar naby jou bly; daardie vrou vir wie jy op ‘n dag jou toeter gedruk het en toe sy omdraai sien jy sy is die vrou wat in die apteek werk; daardie ou wat in die straat af bly en nogsteeds glo dat jy sy ou kar vir ‘n goeie prys by hom sal koop. Dis daardie tannie wat langs die vulstasie bly wat altyd vir jou wink, want eenmaal het jy haar kat uit die boom gehaal en sy kan jou nie ophou bedank daarvoor nie. Of dis die feit dat jy nou nie meer na daardie haarkapper kan gaan nie omdat hulle skinnerstorie oor jou versprei het. Dis al die mense wat jy oppad werk toe, of winkel toe, ewe ongemaklike groet omdat jy so deur die loop van tyd ‘n situasie met hulle gedeel het. Soms is dit bloot daardie irriterende ekstra bult wat hulle nou in die pad geplaas het wat net daardie een bult teveel is, of dis die strate wat hulle skielik afgesper het wat maak dat jy nou nie meer jou geliefde kortpad groente winkel toe kan vat nie.

Dit kom daarop neer dat jy nie meer net so ongesteurd op jou eie deur die lewe kan gaan nie. Elke keer as jy jou rug draai loop jy jou teen iemand of iets vas wat ‘n sekere geskiedenis, goed of sleg, met jou deel.Hiedie goed bou op tot ‘n konstante ruisvlak wat jou gedagtegang voortdurend versteur en jou lewe meer gekompliseerd maak as wat nodig is.

Een oggend gaan jy jou oë uitvee en besluit, dis tyd om te trek!

5 Kommentaar
  1. 26 Augustus 2010 11:43 vm

    Is die spinnerakke nie maar dieselfde as die “comfort zones” waarin ons ons so baie kere bevind nie? Jy kom op punt dat jy nie meer wil wees waar jy nou is nie, maar is te bang om op te staan en nuwe rigting in te gaan. Soms is die enigste manier om jou omgewing te verander is om na nuwe een te gaan. Nie maklik nie, maar dit is wat ek nou gaan doen.

  2. 26 Augustus 2010 1:58 nm

    Ek kan my heeltemal vereenselwig met iemand wat smag na ‘n onversteurde en ongekompliseerde lewe. Waarheen is jy oppad Flippie?

  3. 26 Augustus 2010 3:35 nm

    Daar is natuurlik ook diegene wat nie sal kan lewe sonder sulke bekendheid om hulle nie. Ek kon nog nooi tverstaan hoe mense vir 10 tot 30 jaar op een plek, in een dorp, in een huis selfs, kan bly nie

    Ek het sigeunerbloed in my are en sal baie maklik ‘oppad na êrens’ kon leef, maar vroeër of later konformeer mens en leef soos wat jy dink society verwag van jou. En elke aand as jy gaan slaap en elke oggend as jy wakker word, hunker jy na iets.

  4. flippiefanus permalink*
    26 Augustus 2010 4:16 nm

    Rustig, daardie gemakzone ontwikkel baie maal sulke ongemaklikhede wat mens pla.

    Nee Roer ek is nog nerens heen oppad nie. Maar ek is lus om te waai.

    Anne-marie ek sukkel baie om te konformeer. Het lankal ophou probeer.

  5. 27 Augustus 2010 10:20 vm

    Goed gese! Great blog!

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.