Slaan oor na inhoud

Geskiedenis

29 Augustus 2010

Destyds toe ek nog geskiedenis op skool gehad het, was dit nie vir my baie interessant om al die dooie feite te moes memoriseer nie. Ek was immers baie meer geïnteresseerd om te verstaan hoe goed werk as om te moes onthou wie het wat aangevang.

Snaaks genoeg (seker voorspelbaar genoeg) voel ek nie meer so oor geskiedenis nie. Dit tref my skielik toe ek so met Louwie redeneer. Desedae vind ek myself baie maal opwikipedia oplees oor ou beskawings en mense wat lank terug geleef het. Dis nie dat ek die klomp datums of name gaan memoriseer nie, maar dis tog interessant om te lees oor hoe die mense daardie tyd geleef het en wat hulle gedoen het.

Ek sal nie sê dat die Suid Afrikaanse geskiedenis my veel interesseer nie, ook nie die Tweede Wêreld oorlog nie. Nee, ek verkies die dinge van die verre verlede; die tyd van die ou beskawings soos die Egiptenare en die Grieke; of die tyd van die konings en ridders, toe mense met swaarde en pyl-en-boog teen mekaar geveg het (wrede tyd gewees daardie); of van heeltemal ander kulture soos die Mayas en die Incas.

Ai maar ek is hopeloos, want ek het skaars die goed gelees en omgedraai om iets anders te doen, dan het ek alweer alles vergeet. :-(

Watter geskiedenis interesseer jou?

11 Kommentaar
  1. 29 Augustus 2010 11:30 nm

    Die Mayas en die Incas het my geinteresseer – tot op ‘n punt. Ek hou van die Grieke en hul filosofie en mites/legendes [Griekse mitologie]- maar dis soos Rooibostee, as ek te veel [vir te lank] daarvan gedrink het, dan pak ek dit eers weer weg vir “eendag”. Op die oomblik lees ek ‘n baie interessante boek – juis oor SA! HV Morton skryf fantasties en ek “ontdek” Suid-Afrika weer, die keer deur sy oog/skrywe en ek geniet elke oomblik. Hy was in die 1940′s in SA en toe die boek geskryf en hy was tot in die Kasteel en het van Riebeeck se dagboek onder oë gehad en het aanhalings daaruit in sy boek, al sulke dingetjies. Titel is: “In search of South Africa” – ‘n baie besonderse boek. Ek lees nie graag Wikipedia nie, dis ‘n site waar elke Jan Raap en sy maat kan “edit” soos hy wil – nie dat ek sê dis nie “leesbaar” of opvoedkundig nie, maar selfs kinders moet herinner word dat als daar maar met ander sites ook vergelyk word [verifieer] voordat hulle dit vir opdragte/take gebruik word.

  2. 30 Augustus 2010 5:05 nm

    Ek het so paar jaar terug Francine Rivers se Mark of the Lion- Trilogy gelees en van daar af is ek baie geintereseerd in Romeinse geskiedenis. Ek lees nie graag geskiedenis boeke nie, maar ek geniet ‘n dokumenter daaroor. Seker maar lui.

  3. Mefri permalink
    30 Augustus 2010 11:35 nm

    Flippieffanus ek is verskriklik lief vir “Ancient History” Toe ek in Taipei was het ek nie genoeg ore en oë gehad om vinnig genoeg al die inligting in te neem nie. My hartsbegeerte is om Egipte, Griekeland, Rome ens te besoek.

    Ek kyk bitter min TV, maar ek geniet DSTV se History kanaal erg baie

    Dis so jy; Ek was immers baie meer geïnteresseerd om te verstaan hoe goed werk as om te moes onthou wie het wat aangevang. :-) Dis heerlik om jou terug te hê.

  4. flippiefanus permalink*
    31 Augustus 2010 4:14 nm

    Krista, ek dink juis dat die kwessie dat wikipedia so voordurend geredigeer kan word maak dit baie beter. Mens moet maar met enigiets wat mens lees skepties wees, maak nie saak wie dit geskryf het nie.

    Ja ek is ook nie regtig lief om geskiedenisse boeke te lees nie Roer, maar so dan enwan ‘n stukkie hier en daar is nie te veel om te absorbeer nie. Ek lees tans ‘n storie boek wat in die tyd afspel toe Engeland die Honk Kong eiland beset het. Dit gee ‘n meer verteerbare perspektief op geskiedenis.

    Mefri ek het nie DSTV nie en ook nie ander TV kanale nie. So ek lees maar boek of krap rond op die internet.

  5. 31 Augustus 2010 6:03 nm

    FlippieFanus, ek sien jou punt, maar ek moet ongelukkig nie saamstem nie, jy kry “creepy” mense wat daar inligting kan redigeer en vir jou inligting gee, daarom sal jy dit moet verifieer voordat jy dit vir ‘n opdrag/taak/ens gebruik. In skole waarsku ons die kinders oor en oor om nie Wikipedia net so te gebruik en te dink dis die Alfa en die Omega nie, indien jy dit geverfieer het, en dit slegs dan ooreenstem, ja, dan sê ek gebruik dit as ‘n bronverwysing. – dan weet ek die teenoorgestelde is ook waar [eerstehandse kennis/ondervinding daarvan] dat daar geleerde/volleerde mense is wat daar redigeer – maar ten spyte daarvan, sal ek steeds verifeer, want jy kan nie noodwendig altyd aanvaar dat elke ou daar presies weet waarvan hy praat nie. – die keuse is gelukkig elke ou s’n, ek staan steeds by wat ek glo en die kinders leer. :)

  6. 31 Augustus 2010 6:53 nm

    ek sit seker weer in jou spamhokkie :)

  7. 31 Augustus 2010 9:12 nm

    Flippie, ek het vroeër ‘n langer boodskap getik, maar dit het nie verskyn nie, jy kan dit maar delete as dit in jou Spam is. As jy Gert Potgieter [tenoor] gaan opsoek in Wikipedia, dan sal jy sien waar ek weereens vanaand [derde keer nou] gaan edit het en bygevoeg het dat die link wat hulle daar van my ander blog geplaas het, NIE sy website is nie. Dieselfde het gebeur met Lee Mead – wat ek in my blognaam gebruik het. Ek het hom ook gaan opsoek in Wikipedia en gelukkig het daardie paloeka dit reggestel. Ek moes ook twee keer daar gaan redigeer. As jy my ander blog se About gaan lees, sal jy ‘n sekere “Donna” daar sien wat dink ek is Lee Mead…mense soos sy wat Wikipedia [of bladsye daarvan] edit en dan aanjaag met allerlei strooi. Ek het vanaand – na ek GP gaan redigeer het – gaan rondkrap in die “history” van Wikipedia en van mense wat “abusive” is in hul redigerings en hoeveel ouens waarskuwings gegee is oor hul redigerings – dit het my weereens laat besluit dat ek staan by wat ek vir kinders sê, gebruik Wikipedia as ‘n laaste uitweg, of verwys slegs daarna as jy dit kon verifieer het. – ek stem dat mens alles moet verifieer, maar waarom tyd mors met Wikipedia as jy eerder meer betroubare websites kan gebruik en weet jy hoef nie te verifieer nie. Wikipedia is nie meer wat dit was net na dit geskep is nie, lankal nie meer nie.

  8. Mefri permalink
    1 September 2010 11:57 vm

    Flipiefanus dis lentedag en ek kom strooi jou stoep vol blomme; jasmyn, spierwit en goudgeel freesias, splinternuwe blaartjies wat hulle koppies uit boombas steek en die belofte dra van bloeisels en vrugte, O ja, sommer al die lentegeure, kleure, voëlsang en seënwense ook. Lieflike super pragtige dag vir jou!!

  9. flippiefanus permalink*
    1 September 2010 8:09 nm

    :lol: Krista, hoe laat jy my nou lag. Ja, jy’s reg, mens sal sulke goed kry, mar ek dink dit is in die minderheid. Ten minste gee Wikipedia baie verwysings, so mens kan die informasie gaan verifieer deur die bronne op te soek. Verder is daar baie maal waarskuwingsbanier wat wikipedia gee as daar iets verdag is. My argument is dat daar geen ander bronne is wat mens sondermeer kan vertrou nie. Dis noodwendig so dat foute selfs in die hoogs gerespekteede bronne kan insluip. Die verskil met wikipedia is dat dit voortdurend verbeter kan word.

    Dankie Mefri.

  10. 2 September 2010 12:07 vm

    hi Flippie, ek’s bly ek kan jou laat lag, want sulke dinge het my ook al laat lag :)
    Nou ja, ek dink ons stem saam oor die basiese beginsel, maar ek sê nog, ek besoek eerder NASA se website oor die sterrestelsel/planete ens as wat ek op Wikipedia gaan sit en lees en dit nogtans moet verifieer, terwyl ek weet ek hoef nie Nasa s’n te verifieer nie. – daar is dus sekere websites waar jy van die staanspoor af weet jy kan dit vertrou en verifikasie nie nodig is nie. Ek dink ek het nou genoeg gesê, sal nie jou verder hier moeg maak nie. lol! ‘n Lekker Lente-seisoen vir jou!

Trackbacks

  1. Kersie oppi koek « Kouevuur

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.