Slaan oor na inhoud

Want ons doen die Kyk

5 September 2010

Jy sit in die film teater en skielik poep iemand kliphard hier agter jou. Ewe verontwaardig draai jy om en jy kyk na die persoon — jy doen die Kyk. Miskien sou jy aan die persoon iets toevoeg, miskien nie, maar jy doen definitief die Kyk.

Hoekom is ons geneig om mense so Kyk te gee as hulle iets doen wat ons as onvanpas beskou? Hier is my teorie. Ek dink dit is ‘n instink wat kom van die dae toe die mens sy omgewing moes verstaan om te kon oorleef. Die Kyk is ‘n manier om te sien hoe die wese lyk wat sulke dinge aanvang sodat mens in vervolg kan weet wat om te verwag.

Miskien toe jy omkyk sien jy ‘n kind en jy dog so by jouself, ja dis wat mens van vandag se jeug verwag. Miskien toe jy omkyk sien jy ‘n groot vet man met ‘n vuil T-hemp en jy dog so by jouself: slob! Of dalk toe jy omkyk sien jy iemand van ‘n ander ras … nee ons mag nie rassisties wees nie. Jy draai om en jy maak asof niks gebeur het nie.

Toe jy nog jonk getroud was besluit jy om hierdie rassistiese probleem te oorkom deur bloot te emmigreer na ‘n land waar meeste mense dieselfde ras as jy is en die enkelinge van ander rasse se kultuur is sodanig dat hulle beswaarlik opmerk. Jy kry jou kinders daar en jy maak hulle groot om “kleurblind” te wees. En toe besluit jy, nou kan ons maar terug gaan Suid Afrika toe en onskuldig daar leef, happily ever after.

Jou vliegtuig land op OR Tambo; jy huur ‘n kar en ry Pretoria toe. Nie vêr nie sien jy ‘n man wat langs die pad staan en water afslaan. Jou kinders doen die Kyk. Moenie kyk nie! Entjie verder vang iemand in die verkeer iets verskrikliks aan. Jy swaai uit en mis die kar net-net. Soos julle verby die kar ry kan jy sien wie die bestuurder is. Jou kinders doen weer die Kyk. O toggie! dink jy. Al die jare se opvoedig daarmee heen.

Jy kom in Pretoria aan. Kry huis en werk en skool en winkels. Waar jy gaan doen jou kinders die Kyk. Hulle kom van die skool af terug huis toe en vertel jou wat hulle gesien het. Hulle doen die Kyk selfs as hulle nuus op TV sien. Jy probeer verduidelik, maar jy weet dis te vergeefs. Jou kinders het hul kleurblindheid verloor.

Ek wil nie rassisties wees nie, maar partykeer is dit moeilik. Sien, dit het nie regtig met kleur te doen nie. Dit het alles te doen met kultuur. Hierin lê daar egter hoop. Nie in my leeftyd nie, miskien ook nie in die leeftyd van die volgende generasie nie, maar eendag sal mense in SA die Kyk doen en nie meer ras raaksien nie. Nie omdat daar nie meer verskillende rasse gaan wees nie, maar omdat daar nie meer ‘n assosiasie tussen ras en gedrag gemaak kan word nie.

Dit, ten minste, hoop ek.

10 Kommentaar
  1. Pikkie permalink
    5 September 2010 9:56 vm

    Scary but true…

  2. 5 September 2010 3:10 nm

    Ek het vanoggend hieroor gedink toe die dominee vertel dis vir hom so mooi dat ons kerk so multi-kultireel geword het oor die jare. “Almal meng met almal”. En toe doen ek die Kyk… en al wat ek sien is “couples” van dieselfde kleur wat by mekaar sit tussen “couples” van ander kleure… en dink ek by myself, nee, ons verkies nog om ons te skaar by ons eie kultuur, want as ons regtig so multi-kultireel was, sou ons selfs in die huwelik nie meer kleur gesien het nie. En persoonlik wil ek dit nie so he^ nie. Ek voel daar is niks daarmee fout om met my eie mense te wil wees nie, maar nogsteeds met ander mense van ander kulture te kan social nie… As jy weet wat ek bedoel. Daar sit soveel waarheid vir my in “soort soek soort”. Dit was nog altyd so.

  3. 5 September 2010 5:06 nm

    Ek dink dit is die kultuur-ding wat ons die Kyk laat kyk. Maar om heeltemal daaroor te kom, sal een die ander se kultuur moet ‘aanneem’, want wraggies, as ons dit nie ons eie maak nie, gaan ons dit nooit verstaan nie. Hoe lank gaan dit duur? Dalk nog 300 jaar?

  4. 5 September 2010 9:38 nm

    Interessante hipotese van jou daar in die tweede paragraaf, FF. Ek kan wel sien hoe dit tot rassisme lei. Die Kyk as tegniek van oorlewing se hoofdoel is om ‘n eienskap van die wese in die geheue vas te lê sodat mens innie toekoms daardie wese, of ‘n soortgelyke een, kan identifiseer en weet wat om te verwag en hoe om te reageer. Velkleur is seker een vannie ooglopendste eienskappe wat oombliklik herken kan word: vandaar rassisme.

    Die ongeluk is dat mens gewoonlik die maklike uitweg, die weg van minste inspanning (luigeit), volg. Dit lei tot die mistasting dat almal met ‘n enlkele gemeenskaplike eienskap – velkleur – ook ALLE anner eienskappe in gemeen het.

    Ek stem saam met jou en Vlam dat dit virrie hedendaagse mens ‘n kwessie van kultuur geword het. En die die feit is dat velkleur een vannie duidelike aanduidings van mens se kultuur is. Of ten minste was, voordat globalisering oorgeneem het. Uit ons onlangse verlede het ons dus nog die gewoonte om die assosiasie tussen kleur en gedrag te maak, soos jy sê. Maar met globalisering het daai gewoonte uit gedien geraak en sal ons ons luigeit moet afskud en hard daaraan werk om anner maniere van sien te ontwikkel.

  5. 6 September 2010 6:18 vm

    Rassisme sal dalk uitsterf of mense sal hedendaagse rassisme begin sien vir wat dit werklik is: Snobisme! :wink:

  6. 6 September 2010 9:04 vm

    Ag ek het nou al geleer om te kyk nie, want jy sien gewoonlik dinge wat jy nie moet sien nie. Ek het al baie daaroor gedink en net tot die besef gekom ons kultuur het so verwesters dat ons skaam kry vir ons bodily functions… As jy moet gaan, moet jy seker gaan.

    Ek gee wel DIE KYK aan mense wat my stoel in die flieks skop… Ek sal ‘n fight begin so erg is dit vir my. :mrgreen:

  7. ding permalink
    6 September 2010 3:31 nm

    Jong ja, Flipfaan, het Ding nou hierdie geniet! Jou manier van die kwessie benader, is vir Ding superskerp.

    Ding is sooo lus om sommer self ‘n polities onaanvaarbare buikflater te begaan en te sê: dis in my bloed – ek verdra mense wie meer van my verskil as met my ooreenstem, om my, maar dis dit en verdra loop ook net so ver. Kultuur of nie kultuur nie – dis in my bloed en in my are. Klaar. En Ding aanvaar elke volgende ou voel ook so.

    Ding sal nooit vergeet die dag toe Ding en Kordaat daar by die skaapkraal staan en kyk hoe die een ooi kom en die ander ooi se lam wegstamp van die selfvoerder af; die ma-ooi mooi netjies observeer, sien sy kan nie die teef-ooi bykom nie, rustig op haar eie tyd mooi netjies om die selfvoerder loop totdat sy van die anderkant af by die teef-ooi uitkom, en toe met mening die orige teef-ooi met die kop in die ribbes stamp tot sy uit die pad is dat moeder-ooi se lammetjie weer kan eet nie. Vir my boekdele gespreek daai dag – as ‘n skaap haar eie beskerm en onaanvaarbare gedrag straf, my genugtig, hoe flippen dom wil ‘n mens wees om nie jou eie te wil beskerm en onaanvaarbare gedrag reg te stel nie, hmm? ‘n Hiëna vra nie verskoning dat hy soos ‘n hiëna optree nie en ‘n slang vra nie verskoning omdat hy pik nie – die bliksem pik net much better as hy bedreigd voel! Nou ja, toe. Seg Ding ook: skop my stoel in die fliek en kyk of ek kyk. Nogal nie – ander mense sal my die KYK gee oor wat ek sal doen. Almiskie!

  8. flippiefanus permalink*
    6 September 2010 6:39 nm

    Scary Pikkie, scary. ;-)

    Roer, ek stem saam, “soort soek soort” of “freedom of association” is ‘n beginsel wat natuurlik is en nie regtig enigiets met rassisme te doen het nie.

    O aarde Vlam, ek hoop darem nie dit gaan 300 jaar vat nie.

    Ja Joh, globalisering is natuurlik nou weer ‘n ander euwel met sy eiesoortige probleme, maar daaroor sal ek ander dag skryf. Dis interessant dat jy voel hierdie assosiasie tussen ras en kultuur is ‘n hedendaagse ding. Ek sou eerder dink dat die assosiasie met kultuur die hele oorsprong van die kwessie is. Dis die verskil in kultuur wat van die vroegste tyd af die probleem gevorm het. Ek dink byvoorbeeld ook aan die situasie wat in Europe geheers het in die verre verlede.

    Ja ekisanna, rassisme is seker maar ‘n vorm van snobisme. Nou wonder ek net, as mens jou eie kinders rmeer lief het as ander mense se kinders, is dit ooksnobbisme?

    Girl, nou wonder ek wat was “ons kultuur” voordat dit verwester het? Ek stem saam met jou, as iemand teen my stoel skop in die teater dan raak ek ook baie ongelukkig.

    Ding jy noem ‘n diep waarheid hier. Dit is noodwendig so dat daar mense is wat nader aan mens is as ander mense. Kultuur dink ek is een van daardie dinge wat die onderskeid tref.

  9. 6 September 2010 7:34 nm

    Dit hang natuurlik daarvan af of jou kinders dieselfde ras as jy is :evil: :mrgreen:

  10. 8 September 2010 2:16 nm

    Hmmm… Ek dink BAAAAAIIIIIEEEEE jare terug het ons se voorouers nie omgegee nie… ek weet nie… ek wonder net hoekom daar so ‘n groot verskil in die kulturele agtergronde is.

    Hoekom is dit aanvaarbaar in een kultuur en ‘n ander nie?

    Ek is kort, so as ek op ‘n fliekbankie lekker nes skrop dan moet ek eers met mening omdraai oor die mense dink hulle kan hulle se voete so agter my ore indruk!

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.