Slaan oor na inhoud

Groen

12 September 2010
tags: , , ,

Groen is die kleur van lente. In die lente kom die blare uit met so sagte liggroen. Eers is daar net so suggestie van ‘n groen skynsel. As mens in die oggend in die straat ry en al die witstinkhoutbome gee daardie ligte groen skynsel dan laat dit mens sommer vars voel.

In die somer kry die bome dan ‘n diep groen kleur. Dit is die kleur van groot bome wat magtig dog rustig en selfversekerd jaar vir jaar op hul plek staan. Dit is die kleur van sekuriteit en beskerming. So op die warm somersdag vorm die groen so kontras met die diepblou van die wolklose hemel.

In die laat some en vroeg herf kry die groen bome so vol ryk kleur. Dit is die kleur wat van rypheid spreek; wat getuig van die opbrengs; die vrug van al die geswoeg van die somer; ‘n kleur wat sê: “dit is volbring.”

Meng groen en blou dan kry jy turkoois, my gunsteling kleur. Dit is die kleur van die see. Die kleur wat jy sien net voor daardie branders breek en die rotse met sy sproei doop.

Groen is ook die kleur van mos en biesies wat rondom mere groei. Dit spreek van die vogtigheid wat voed en laat leef. Dit herhinner mens aan die reën wat water gee en aan die riviere wat die water afvoer.

Let vandag bietjie op na alles om jou wat groen is en sê dankie daarvoor.

6 Kommentaar
  1. 12 September 2010 5:11 nm

    En die maand moet ons almal ‘n boom plant. Myne is ‘n Poinsettia boom :-)

  2. 13 September 2010 11:16 vm

    So lekker dat ek jou raaklees FlippieFanus- jou blog is presies wat ek in gedagte gehad het toe ek begin het: allerhande goeters om op te kliek en nuwe woorde om te ontdek – is ongelukkig net heeltemal te onkundig en het al amper ophou sukkel – groen inspireer my so mooi is die foto, ek gaan weer probeer :)

  3. 14 September 2010 7:37 vm

    Ek is ‘n herfs en winter mens. Maar jy is reg. Daar is iets pragtigs aan ‘n nuwe eik wat begin bot met so n sagte mat van groen aan sy bruin vingers.

  4. Mefri permalink
    14 September 2010 7:46 vm

    Flippiefanus, ek verkyk my aan hierdie prentjie van groen natuurlike skoonheid. Die palms is het dadelik my aandag gesteel – die liggroen op eiende van die blaarpunte links-voor lyk soos liggies- groen silhoeëtte van die bome op die koppie pluk mooi dromerige gedagtes van “ek wens ek kon teken of skilder.” Die mis bring ‘n rustigheid en vrede wat wolkieagtig als bedek , ag, alles getuig van die wonder van die skepping. Die verskillende skakering van groen is so, so mooi. Dankie vir die vreugde.

  5. flippiefanus permalink*
    14 September 2010 6:08 nm

    Hi oggendsonkind/waterkersie (jy’s lief vir naampies ne?) Ja wens ek het plek gehad om nog ‘n boom te kon plant. Net nie ‘n doringboom nie.

    Gardiol, ag hoe lekker is dit dat jy my raakgeloop het. Op ‘n stadium was ek kronies in mense se Spamboksies. Toe kom ek agter dis omdat ek my webadres aan my naam gekoppel het. So nou kuier ek maar rond sonder ‘n stertjie. ;-)

    Skoor, herfs is ook mooi em as mens daar in die sneeu wereld bly is winter ook mooi. Eintlik het elke seisoen sy bekoring.

    Mefri ek is bly jy geniet dit so.

  6. 16 September 2010 2:16 nm

    Ek is MAL oor groen, maar egter nie alle skakerings van groen nie. My slaapkamer is ‘n sage groen (bietjie ligter as ‘n olyfgroen… ) En dit is elke oggend lekker om my ogies in die rustig oop te maak.

    Ek is wel mal oor ALLE skakerings van blou, maar tog dra ek nie blou klere nie. Ek het twee blou kledingstukke in my winter en somer wardrobe. ;)

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.