Slaan oor na inhoud

Dominee glo nie meer nie

16 September 2010

Party keer pla iets jou, maar jy kan nie jou vinger daarop plaas nie. Ag nee wat, dink jy, dis sommer twak, sommer maar vooroordele. So jy probeer daarvan vergeet en met ‘n glimlag saam met die ander die byeenkoms geniet. So was dit met my toe ek die erediens bygewoon het. Baie predikante bid met oop oë, so hoekom sal dit my nou pla? Dan jare later hoor jy van die skandaal. Die gemeente ly aan skok. Daar is selfs van die mense wat nou geloofskrisisse ervaar oor wat gebeur het.

Om ‘n predikant (pastoor, priester, watookal) te wees dink ek nie is aldag maklik nie. Mense dink dis ‘n maklike lewe, ‘n soft job, want al wat jy moet doen is om elke Sondag jou preek te gee en dat die gemeente sal sorg vir jou inkomste. Predikante doen baie meer as om net te preek, maar dit is nie waar die probleem lê nie.

‘n Predikant is ‘n professionele Christen. Die res van ons is Christene bloot omdat ons uit eie dit so gekies het. Vir ‘n predikant is dit ‘n beroepskeuse. Enige Christen word baie maal deur die samelewing fyn dopgehou om te sien of hy nie dalk iets verkeerds gaan doen nie. Indien wel word die vinger na hom gewys. Vir ‘n predikant het so misstap beroeps-implikasies.

Hierdie druk het noodwendig sekere gevolge vir die manier waarop so persoon die lewe benader. Die benadering is nie noodwendig dieselfde vir almal nie, maar mens kry soms dat ‘n predikant ‘n soort dubbel persoonlikheid ontwikkel, een wat vir die gemeente bedoel is en een wat is sy persoonlike lewe gebruik word. By een kerk waar dit die gewoonte is dat die predikant na die diens by die deur gaan staan om die gementete te groet, het dit my getref dat wanneer ek hierdie man groet sy oë altyd toe is. Hy kyk mens nooit in die oë nie. Ek vermoed dat mense hom walg en dat hierdie toe oë sy manier is om afstand te kry tussen hom en die mense in sy gemeente.

Nou het ek ook al opgemerk dat sommige tokkelokke tydens hul teologiese studies hul geloof verloor. (Eintlik beteken dit volgens my dat hulle nooit regtig gelowig was nie.) Wat nou gemaak? Hulle het ‘n beroepskeuse gemaak om ‘n professionele Christen te word en nou ontdek hulle dat hulle nie regtig glo nie. Wel party staak dan maar die studie en gaan doen iets anders.

Party … besluit egter … om die studies … te voltooi. :!:

——————————————-

Waarin anker jy jou geloof? ‘n Vriend, ‘n familielid, of dalk jou predikant? Wees versigtig! Moenie jou vertroue in enige mens plaas nie, nie eers jou predikant nie. Mens kan nie altyd sien wat in mense se diepste gemoed aangaan nie. Plaas jou vertroue op God alleen. Bid en lees jou eie Bybel gereeld. Luister na die Heilige Gees. As jy nie weet hoe nie, onthou elke ware gelowige het die Heilige Gees ontvang. Moenie jou gewete onderdruk nie. Dan sal jy die sensitiwiteit kan ontwikkel om te hoor wat die Heilige Gees vir jou probeer sê.

10 Kommentaar
  1. 17 September 2010 7:37 vm

    Amen. Dis al wat ek kan sê. Ek kry predikante regtig jammer, want ek dink nie hulle het altyd dit maklik nie. En almal weet alles van hulle af! En die gemeente probeer soms help waar hulle eerder afstand mos gee. Nee wat, ek is ook maar bly om net met ‘n gewone mens getroud te wees.

  2. Sonderwoorde permalink
    17 September 2010 4:07 nm

    Pragtige skrywe!

  3. flippiefanus permalink*
    18 September 2010 7:11 vm

    Ja toortsie ek dink nie altyd mense wat predikante wil word weet presies waarvoor hulle hul inlaat nie.

    Dankie Sonderwoorde.

  4. 20 September 2010 3:13 nm

    Ek het jare terug al vred met predikante. Hulle is net mense en feilbaar daarby. Al wat hulle vir my doen, is die storie van die Bybel op verskeie maniere vertel. Doen hulle dit goed, gaan luister ek weer. Doen hulle dit nie goed nie, wel, dan gaan ek nie weer nie. My gellof word nie deur die dominee bepaal nie. Dis vir my half sinneloos. Ek is nie regtig ‘n skaap wat ‘n herder nodig het nie. My “herder” is God. Klaar.

  5. 20 September 2010 3:14 nm

    *vrede :-)

  6. Andrew permalink
    20 September 2010 10:26 nm

    “Ek vermoed dat mense hom walg“

    En as jy in ag neem dit wat hy aan sy gemeente probeer oordra dan ag hy hulle intelligensie ook nie baie hoog nie.

  7. 22 September 2010 9:49 vm

    Jou geloof moet nie op ‘n ander persoon se sien wyse, kerk se preekstyl of denominasie gebou word nie. Ek dink daar is ‘n groot verskil tussen ‘n christen en ‘n follower of Christ.

  8. Mefri permalink
    23 September 2010 10:41 nm

    Flippiefanus, ek het al myself keer op keer bevraagteken; my optredes, keuses en gedagtes ens maar nooit ooit die bestaan van die Allerhoogste nie, want Hy wat Homself “EK IS WAT EK IS” noem; IS. As mens dit eenmaal werklik ervaar het, veral die werking van die Heilige Gees (Rauch) beleef het, dan kan jy nooit twyfel in Sy bestaan nie. Sy Woord is waar en dit spreek; soms kan dit jou tot stilstand ruk.

    Ek kan verstaan hoekom ongelowiges twyfel, want sonder die inwoning van die Gees… dis soos ‘n kraan sonder water – net ‘n voorwerp sonder doel of betekenis.

    Wat is die kern van geloof – die begeerte om te wil? Die uitvloeisel of gevolg daarvan is ‘n keuse wat reageer op ‘onbewustelike wete’ dat iets of iemand jou roep na ‘n waarheid wat jou brein soms ontken, maar jou siel of dieperself herken of onthou.

    Daar is diegene, ek inkluis, wat glo aan ‘n sielsgenoot. Hoekom weet ons van sy of haar bestaan en wanneer ons paaie die dag kruis weet ons dat dit rib van jou rib is. Vir sommiges is dit onverstaanbaar, maar vir diegene wat dit ken en ervaar het is dit eenvoudig. Geloof werk ook vir my so. Gits, ek hoop dit maak vir jou sin.

  9. Andrew permalink
    24 September 2010 3:30 nm

    The God that holds you over the pit of hell, much as one holds a spider, or some loathsome insect over the fire, abhors you, and is dreadfully provoked, his wrath towards you burns like fire; he is of purer eyes than to bear to have you in his sight; you are ten thousand times more abominable in his eyes than the most hateful venomous serpent is in ours.
    “Sinners in the Hands of an Angry God,” preached July 8, 1741

  10. flippiefanus permalink*
    25 September 2010 7:31 vm

    Mens moenie God probeer verstaan in terme van dit wat Christene aanvang nie. Christene is mense. God is God. Partykeer kan Christene op wonderbaarlike wyse die beeld van God uitstraal danksy die inwoning van die Helige Gees, maar ander kere kan hulle die vreeslikste dinge aanvang. Dis jammer, want dit is ongelukkig hierdie goed waarop die ongelowiges (soos Andrew) sal fokus.

    Andrew, God is inderdaad ‘n almagtige soewereine God wat met reg gevrees moet word as jy aan sy verkeerde kant kom. As ongelowige sien jy slegs daardie kant raak, maar gelowiges weet ook van die liefde en die genade.

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.