Slaan oor na inhoud

Skinner

25 September 2010

“Buurvrou! het jy gesien wat daai nuwe vrou van die skoolhoof vanoggend kerk toe aangetrek het? Wonder wat sy dink watse plek hierdie dorpie van ons is. Mens kan mos nie so iets duld nie, he?”

Wat is dit wat maak dat mense tog so geneigdheid het om te skinner? Moet seker bieg dat ek myself ook al in gespekke gevang het dat ek rustig besig is om lekker te skinner. Sein, daar is net daardie een sappige storie wat mens darem so graag vir ‘n vriend wil vertel. Hoekom is dit so lekker?

Daar is seker verskeie redes daarvoor. Wel ek kan aan een moontlike redes dink hoekom die mensdom so van skinner hou. Dit is ingebou in enige samelewing — ‘n manier om te bepaal wat in die samelewing aanvaar is en wat nie aanvaarbaar is nie. So skinner-skinner word die moraliteit van die samelewing gekommunikeer. Die een vertel vir die ander een iets wat iemand anders gedoen het en doen dit op so manier dat die ander een kan sien wat hierdie een as aanvaarbaar beskou. Die manier wat die ander een reageer op hierdie sappige storie wys dan vir hierdie een wat die ander een as aanvaarbaar beskou. En so met die heen en weer geskinner en oo’s en die aa’s word die moraliteit van die samelewing oorgedra en aangepas.

Gestel nou maar daar is ‘n nuwe neiging wat die ronte doen. Saartjie vertel vir Annie dat Hester se man ‘n vreeslik duur groot 4×4 kar gekoop het. Sy vertel dit so dat Annie kan sien Saartjie dink dat die kar ‘n vreeslik groot koolstofvoetspoor laat. Vir Annie is dit ‘n nuwe een. Hulle het ook ‘n groot petrolhonger 4×4 kar. Sy stem dan heelhartig saam met Annie oor die kar van Hester-hulle en so “terloops” noem sy dat haar man hulle groot kar gekoop het om die tieners se sport toerusting te kan vervoer. Annie besef nou dat sy haar man sal moet inlig dat hulle nie teveel kere met die groot 4×4 kar sal moet ry nie. So word die idee versprei dat 4×4 karre nie meer so goeie idee is nie. Die spogwaarde word nou onderdruk deur die negatiewe effek wat dit het op die omgewing.

Elke samelewing het skinner nodig. Dit is waarskynlik die belangrikste meganisme waardeur die moraliteit van die kultuur in die samelewing oorgedra en aangepas word. Wel dit is wat ek dink.

4 Kommentaar
  1. 25 September 2010 9:41 nm

    Nee nee nee! Skinder is ‘n ding wat stertjies kry en meer kere as nie maak dit mense seer. Dieselfde inligting van daai 4 x 4 koolstofvoetspoor kon oorgedra word sonder om enige ander mens by te sleep. “A truth told with bad intent is worse than any lie you can invent.”

  2. flippiefanus permalink*
    26 September 2010 4:44 nm

    Inderdaad Son. Dit is so dat skinner kan seermaak. Tog is skinner ‘n realiteit wat mens in alle vlakke van ‘n samelewing kry. So nou wonder ek maar net hoekom daar so iets is.

  3. Andrew permalink
    30 September 2010 8:27 nm

    Enige vraag oor die mens se geaardheid kan net beantwoord word as jy evolusionere beginsels in ag neem. Evolusie is nie beperk tot fisiologiese verskille nie.

  4. flippiefanus permalink*
    2 Oktober 2010 6:43 vm

    Praat jy nou van biologiese evolusie? Dan stem ek nie met jou saam nie, want kulturele ontwikkeling het niks te doen met biologiese evolusie nie.

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.