Slaan oor na inhoud

Wel dog niet herverbruiker

26 September 2010

Kry ek nou so lag vir myself.

Ek lees daar by Cobus dat hy homself nou as ‘n verbruiker geklassifiseer het. Dis nou oor al die advertensies wat hy so in die plaaslike koerante lees voordat hy homself sover kan kry om die koerante te loop weggooi … in die asdrom.

Onwillekeurig dink ek nou terug aan my tyd in Kanada en ek wonder wat my Kanadese vriende sou dink as hulle dit sou lees. Ons Suid-Afrikaners het nie ‘n saak nie. Die koerant gaan asdrom toe en ons sal nie eers twee keer daaroor dink nie. Hier is herwinningsprogramme ‘n luukse. As jy iets wil recycle moet jy moeite doen. Daar is nie so iets soos ‘n spesiale vullis-lorrie vir papier of bottels of plastiek nie.

Hoe gemaak as jy nou ‘n gekonformeerde herwinnaar (klink soos ‘n nuwe kerk denominasie) geword het in Kanada en jy kom terug SA toe? Wel as jy soos ek is dan gaar jy op. My motorhuis loop oor van al wat ‘n glasbottel is en daar is ‘n hele hoop kartonboksies van alle vorms en groottes. Eendag, beloof ek myself, sal ek dit alles in my kar laai en loop soek na ‘n plek waar ek dit kan vat vir herwinning. En dan gaan ek myself op die skouer klop en so by myself dink, flippiefanus jy’s nogsteeds ‘n goeie en getroue Kanadees.

Tot daardie dag hoop ek dat my motorhuis nie dalk op ‘n stadium totaal vertop gaan word nie.

6 Kommentaar
  1. 26 September 2010 8:53 nm

    FF, dalk nie by jou nie, maar hier waar ek bly is hulle nogal strerk op herwinning. Ons kry elke week ‘n deurskynende sak vir al ons papier en die moet dan LANGS ons swart asblik gelos word. Die herwinningswa kom dan ook voor die asblik wa om en tel al die deurskynende sakke op. En elke woonbuurt het ook ‘n strategies geplaasde houer vir bottels. Jy kan net jou bottels mooi netjies daar gaan ingooi en die WASTE mense doen die res :-)

  2. 28 September 2010 8:36 vm

    Ek stem saam, Flippie. Herwinning is moeite. (Behalwe nou vir ‘n paar plekke, soos waar Son bly) Dis eintlik ‘n skreiende skande. Ek wil graag herwin, en het gebel en uitgevind oor al die hoe’s en moenies, maar ek moet self al my koerante, bottels, plastiek, ens. in my karretjie laai en by hulle gaan dump. Seker ‘n goeie 30 km se ry. En jammer, ek het nog nie tyd of lus gehad om dit te doen nie. So, nou hoop ek ook maar alles op.

    BTW, weet jy wat breek my spoed as dit kom by herwinning? Chocolate Eclair papiertjies. Daai wat so blink aan die onderkant. Ek weet rerig nie in watter boks hulle moet kom nie. :lol:

  3. 30 September 2010 9:36 vm

    Ons kan darem nou in Jhb verskillende kleure wheelie-bins kry om die vullis apart te sorteer. Nou moet ons nog net vir WW kry om minder verpakkingsmateriaal te gebruik!

  4. flippiefanus permalink*
    2 Oktober 2010 7:45 vm

    Son dis goed dat julle daar in dieKaap wel sulke programme het. Ek wens hulle wil hier by ons ook wakker skrik.

    Ek sien darem dat die Pick n Pay hier sulke plekke het waar mens goed kan herwin. Ek is net bevrees dat my versameling nou al te groot is om daar in te pas. Wat wel goed is, is dat hulle onder ander mens die geleentheid gee om van ou batterye ontslae te kan raak. Batterye is van die gevaarlikste goed om in die gewone vullis weg te gooi. Die kadmium in nickelkadmium batterye is byvoorbeeld verskriklik giftig en kan die grondwater vergiftig.
    :lol: Vlam, ja die choc eclairs. Mens moet maar party goed in die gewone vullis gooi. Hoe herwin mens vuil baba nappies?

    WW=Woolworth? Wel dis nou maar eenmaal ‘n prbleem om die goed te verpak. Solan hulle dit net so maak dat mens dit kan herwin.

  5. 4 Oktober 2010 11:37 vm

    Jeepers creepers! Ek het nog nooit aan nappies gedink nie! Dit sommer gaan Google. Trust die flippen Aussies om eerste met ‘n ding te kom… :evil:

    http://www.femail.com.au/nappy_recycling.htm

  6. flippiefanus permalink*
    5 Oktober 2010 6:24 nm

    Wil jy nou meer. :-)

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.