Slaan oor na inhoud

‘n Tuin wat stil geword het

14 Oktober 2010

Daar in die hoek staan die groot boom met sy groot sagte blare. Aan hierdie kant groei die struik met sy rooierige blare en langs hom is die een met die blink groen blaartjies en die wit blommetjies wat so lekker reuk dwarsdeur die hele tuin kan gee. Die prinsie ken al die plante en bome en selfs die blommetjies wat partykeer sommer so vanself tussen die struike opslaan.

Die wind ritsel saggies deur die tuin en roer hier en daar ‘n takkie. Die middag son hang laag en lug begin so amper ‘n oranje kleur kry. Dat laat die plante en struike so vol ryp kleur kry. Afgesien van die wind is daar amper geen klank nie.

Waar die prinsie op die grootklip sit kan hy die hele gunsteling hoekie van die tuin sien. Daar is die stomp waarop die veldmuis gesit het toe Prinsie hom die eerste keer gesien het. Hier langs die klip is die stomp waarop die eekhorinkie altyd sy neute sit en eet. Daar in die mik van die tak was die nessie waar die mossie hulle kleintjie kos gegee het. Mens kan nou nog die hopie grond in die middel van die gras sien waar die mol sy huisie gemaak het.

Maar nou is dit stil. Die veldmuis het verkas na die rustigheid van die grasvlaktes. Die eekhorinkie het ‘n ander boom loop soek. Die mossies se kleintjies het groot geword en weggevlieg. Self die slangetjie wat die prinsie so laat skrik het, het sy vertrek geneem. Nou is daar niemand meer nie. Die tuin het stil geword en die klein prinsie het niemand om mee te gesels nie.

Dan staan hy op en begin traag terugstap kasteel toe. Terwyl hy so stap besef hy dat hy waarskyn nooit weer hierdie hoekie van die tuin wat altyd sy gunsteling deel van die kasteeltuine was sal besoek nie.

6 Kommentaar
  1. 14 Oktober 2010 7:31 nm

    Agge NEE!

  2. 15 Oktober 2010 1:31 nm

    :-(

  3. Mefri permalink
    15 Oktober 2010 5:26 nm

    Dankie liewe Flippiefanus dat ek mag.

    Daar in die hoek staan die groot boom met sy groot sagte blare.—- (Mefri neem sy handjie (in haar geestesoog) stewig tog teer in hare vas en kyk met dieselfde traangevulde glimlag as die Prinskindjie sin na sy sterk stam wat soveel snerpendekoue winters deurstaan het, maar sy sien ook die somers, lentes en herf raak in sy bas….)

    Aan hierdie kant groei die struik met sy rooierige blare,—- (‘n vetplant wat onder sy spesiaal toegerustevel vog opgaar om reënlose seisoene te oorleef, nes die groot boom wie se wortelstel diep onder die aarde ingegrawe het om by die lewegewende vloeistof uit te kom.)
    en langs hom is die een met die blink groen blaartjies en die wit blommetjies wat so lekker reuk dwarsdeur die hele tuin kan gee. — (veral wanneer die briesie haar geur opgeraap en uitgestort het in onsigbare klein geskulptehandjies wat dit knielend met uitgestrekte armpies dit na hom uitgehou het, sodat hy behaaglik daaraan kon teug.)

    Die prinsie ken al die plante en bome en selfs die blommetjies wat partykeer sommer so
    vanself tussen die struike opslaan.—- (want hy is deel van die Skeppingshand en hy ken die ASEM van lewe wat in hulle plant-aartjies bruis)

    Die wind ritsel saggies deur die tuin en roer hier en daar ‘n takkie. … (…ten spyte van die gewydestilte, draai die natuur se wiel steeds onverstoord op sy as; seisoene sal kom en gaan…. die lewe gaan voort…)

    Die middag son hang laag en lug begin so amper ‘n oranje kleur kry. Dit laat die plante en struike so vol ryp kleur kry. Afgesien van die wind is daar amper geen klank nie. ….( net herinneringe van lewe wat voor sy oë afgespeel het)

    Waar die prinsie op die groot klip (geanker) sit kan hy die hele gunsteling hoekie van die tuin sien. Daar is die stomp waarop die veldmuis gesit het toe Prinsie hom die eerste keer gesien het. Hier langs die klip is die stomp waarop die eekhorinkie altyd sy neute sit en eet. Daar in die mik van die tak was die nessie waar die mossie hulle kleintjie kos gegee het. Mens kan nou nog die hopie grond in die middel van die gras sien waar die mol sy huisie gemaak het.

    Maar nou is dit stil. Die veldmuis het verkas na die rustigheid van die grasvlaktes. Die eekhorinkie het ‘n ander boom loop soek. Die mossies se kleintjies het groot geword en weggevlieg. Self die slangetjie wat die prinsie so laat skrik het, het sy vertrek geneem. Nou is daar niemand meer nie. Die tuin het stil geword en die klein prinsie het niemand om mee te gesels nie.

    Dan staan hy op en begin traag terugstap kasteel toe. Terwyl hy so stap besef hy dat hy waarskynlik nie ooit weer hierdie hoekie van die tuin wat altyd sy gunsteling deel van die kasteeltuine was sal besoek nie…

    Tensy….. ja, ek wil dat glo my geliefde Prinsie is net besig om sy kinderskoentjies te ontgroei en kennis te maak met die onvermydelike; ‘verandering’ . ‘n Nuwe seisoen is dalk besig om aan te breek op die leer van volwassenheid wat hom voorberei vir die taak waarvoor hy gebore was; om te heers. Maar vir nou is die kindjie bedroef, want hy ervaar die aakligheid van ‘vaarwel’ waaraan ontelbare draaitjies van onthou vasklou om nie vergete in voortsnellende tyd en komende verantwoordelikhede verlore te raak nie.

    Hy drink alles om hom in; die geure, klank, smaak, teksture en gebeurtenisse, terwyl hy sy gedagtes vrylik toestemming gee om terug te draai na die soetigheid van onthou, dalk omdat hy dit koesterend opgaar, sodat dit behoue kan bly, en dit sal, want dit staan geskrywe; liefde vergaan nimmermeer.

    Flippiefanus, jou Prinskindjie is manna uit die hemel vir my.

  4. 21 Oktober 2010 10:27 vm

    :)

  5. 8 November 2010 3:42 nm

    hallo flippie! hoe gaan dit met jou?

  6. aegjung permalink
    16 November 2010 4:15 nm

    Kyk na ‘n boom, ‘n blom, ‘n plant. Laat jou gewaarwordinge op hulle rus. Hoe stil is hulle nie, hoe diepgewortel in Wees.

    Ek laat die natuur toe om my van stilte te leer. Wanneer ek deesdae na ‘n boom kyk en sy stilte gewaar, word ek self baie stil. Ek verbind op ‘n baie diep vlak met die boom en voel ‘n soort een-heid met wat ek waarneem.

    Dankie vir jou hulp deur die geraas, flippiefanus :-)

Comments are closed.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.