Bly om terug te wees
Dis die eerste keer in ‘n baie lang tyd wat ek dit met eerlikheid kon sê. Die shuttle was skaars oppad Pretoria toe van OR Tambo af toe ek die bestruuder vertel dat ek bly is om terug te wees in SA. Dis ook nie sommer net daardie OOs-Wes-Tuis-Bes-bly-om-terug-te-wees nie. Nee, dis nader aan die spesifieke wete dat ek terug is in Suid Afrika, die land wat ek nou my tuiste gemaak het.
Moenie ‘n fout maak nie, ek dink nogsteeds nie Suid Afrika is ‘n wonderlike land nie. Mens kannie eerlik met jouself wees as jy beweer dat SA nie probleme het nie. Maar ek dink met hierdie reis, het ek ‘n sekere waterskeiding oorgesteek. Ek het by die punt gekom dat ek vrede gemaak het met die feit dat ek nou weer terug is in my geboorteland.
Op hierdie reis was ek onder andere in Ottawa, waar ek vir lank in Kanada gebly het. Ek het weer ingeloer by ou vriende en weer die herhinneringe gekry aan hoe dit is om daar te lewe. Weer onthou hoe lastig die muskiete kan wees in die Lente, maar ook weer ervaar hoe lekker dit is om daar te gaan shop. Daar is net soveel winkels met soveel dinge wat ek graag sou wou kon koop.
Maar ek bly nie meer daar nie en al dink ek dat ek heel maklik weer daar sal kan aanpas, muskiete en al, is daar nie meer daardie sterk hunkering om terug te gaan soontoe nie.
Ek het uiteindelik, na amper 7 jaar terug in SA, weer hier aangepas.
Comments are closed.
Welkom terug, Flippie! Gewonder wat van jou geword het.
Ek het ook lank geween en geworstel oor bly of gly, maar het net eendag besef daar is geen vraag meer in my hart daaroor nie. Come hell or high water, (en ek verwag heeltemal dat dit sal kom!) ek’s hier om te bly.
Welkom terug.
So bly jy het vrede in jou hart hieroor.
Ek lig my hoed vir jou!
Vandag het iemand my wyse woorde gesê – something must make your heart sing, else it is not worth it. Daar is net een plek wat my hart laat sing en dis my land, en meer spesifiek – die Boland
BLY jy is terug om te bly!
Dankie almal
Moet bieg dat ek nou nog nie heeltemal ‘n singende hart het oor SA nie. Daarvoor is daar nog teveel probleme hier. Maar eendag miskien.
♫ Welkom terug Flippiefanus ♫ Ek sien baie uit na wat jy oor gaan gesels. Ek het onlangs vir ‘n vriend gesê dat ons, ons die hartseer en die vreugde soos ‘n bytjie in ‘n stuifmeelsakkie opgaar en dit orals saam met ons dra en ook dat ons ‘n keuse het wat ons daarmee gaan maak; mens kan of verbitterd raak of heuning daarvan maak, ek kies laasgenoemde, wetende dat dit ‘n proses is en nie ‘n kits oplossing nie.
Dit is ‘n pluspunt as jy ‘n gevoel van tuiskoms ervaar, ten spyte van……