In die tuine rondom die paleis vind mens soms struike en bome wat so dig opmekaar groei dat dit ‘n digte bos vorm. As mens op hierdie dag langs een van hierdie bosse sou verbystap sou jy ‘n sagte gesnik hoor, soos iemand wat huil. As jy dan versigtig tussen die takke sou deurklim sou jy in hierdie betrokke bos op ‘n opening afkom. In die middel van die opening sou jy ‘n klein droewig prinsie op ‘n klip sien sit met sy kop wat op sy hande rus.
Die prinsie sit nog so droewig en dink aan sy verlore steentjie toe hoor hy ‘n geritsel in die takke. Hy kyk op en daar sien hy iemand in snaakse klere wat op ‘n tak sit en na hom kyk. Die prinsie herken die knapie in die boom want al wat hy sê is: “O dis jy”. Dan verberg hy weer sy gesig in sy hande en snik verder.
Die knapie is ‘n elf en die prinsie ken hierdie spesifieke elfie baie goed want hy het al baie maal vantevore saam met hom hier in die bos gespeel.
“Hoekom huil jy prinsie?”
“Ek het my steentjie verloor?”
“Watse steentjie, en hoe het dit gebeur?”
So tussen die snikke deur vertel die prinsie vir die vers-elf (want dis wat die elf homself noem) die hele droewige verhaal.
“Wel”, sê die vers-elf, “daar is iets wat aan die probleem gedoen kan word. Vanaand net na sononder moet jy ons net buite die poort van paleis gronde kry.”
Daardie aand, net na ete, glip die prinsie uit die paleis en gaan na die poort. Daar buite kry hy ‘n hele groepie van die elwe. Die vers-elf stel eers al die elwe aan die prinsie voor: “Dis lied-elf, hierdie is hop-elf, daar is fluit-elf, daar staan dans-elf, langs hom is harp-elf en …” so word almal voorgestel.
Hulle lei die prinsie deur die stad tot by ‘n deur in ‘n stegie. langs die deur is daar ‘n venter op ‘n skrefie oop. Die elwe maak die venster oop en beduie vir die prinsie om in te klim.
Die prinsie huiwer egter, want hy is nie gewoond daaraan om geboue deur ‘n venster binne te gaan nie. Dan verduidelik die vers-elf: “Dit is die perseel van die koninklike juweelsmede. As daar ‘n plek is waar die verlore steentjie sal wees dan is dit hierbinne.” Die prinsie klim deur die venter, gevolg deur die elwe. Hulle bevind hulle in ‘n werkswinkel waar die smede hul aambag beoefen. Dit is vol werksbanke, kaste, kabinete, trommels, en sommer ‘n klomp rommel wat rondlê.
Die prinsie kyk moedverlore rond. Dit gaan jare vat om hierdie plek deur te soek. Hy draai na die vers-elf. Laasgenoemde staan met ‘n selfvoldane glimlag op sy gesig. Dan steek hy sy hand in sy broeksak en haal ‘n sakke uit wat met ‘n toutjie toegebind is. Nadat hy die toutjie losgemaak het, keer hy die sakkie in die palm van sy hand om.
Die prinsie kom nader om te kyk wat in die elf se handpalm lê. Hy sien daar spierwit stof wat so effens glinster. “Wat is dit?”, vra hy.
“Dit is soekstof?” antwood die vers-elf en knipoog vir die prinsie.
Dan hou hy sy hand met die stof omhoog en begin hoogdrawend praat:
Soekstof, soekstof in my hand,
waar o waar dan heen
in die land van sand
is die prinsie se kosbare steen?
Is dit dalk in die sand
of dalk in die poel
of aan die onderkant
van die rystoel …
… en so gaan hy aan.
Terwyl hy so met sy rymelary besig is begin die hop-elf al rondom hom huppel. Dan haal die fluit-elf sy fluit uit en begin daarop speel en die harp-elf begin harp speel. Die lied-elf begin sing en die dans-elf begin dans. Al die elwe begin doen wat hulle name beskryf. Dit raak heel uitbundig en vrolik.
Die prinsie staan die hele petalje met verbasing en aanlyk. Dit lyk nie vir hom of dit gaan end kry nie. Hy moet sy stem verhef om bo die lawaai gehoor te word: “Verskoon my, maar het julle gekom om partyjie te hou of om my te help om my steentjie te vind?”
Die elwe kom dan weer tot bedaring en die vers-elf kyk verleë na die prinsie, “O gits, jammer prinsie, maar ons hou nogal van ons vermaaklikheid en as ons eers begin het dan vergeet ons skoon waarmee ons eintlik besig was.”
Die vers-elf blaas dan liggies oor die stof. Die stof verrys in ‘n glinsterende stofwolkie en beweeg deur die vertrek. Dit maak sulke kolke in die lug terwyl dit van werksbank tot kas beweeg. Partykeer verdwyn die hele wolkie deur ‘n sleutelgat van ‘n kas, om dan weer kort daarna daar uit te peul en met krulle en draai verder te beweeg. Die prinsie en die elwe kyk met afwagting na die wolkie soos dit deur die hele werkswinkel beweeg, maar dit lyk nie asof die wolkie enigiets vind nie.
Dan beweeg dit skielik deur die sleutelgat van ‘n glasdeur na ‘n naburige vertrek toe. Die elwe hardloop na die glasdeur met die prinsie agterna. Dit lyk asof die vertrek een of ander kantoor is. Daar is ‘n groot lessenaar met ‘n klomp klein laaitjies. Die wolkie is egter nêrens sigbaar nie.
Terwyl almal rondkyk om te probeer sien waar die stofwolkie heen is, begin daar skielik ‘n sterk lig deur ‘n sleutelgaatjie van een van die laaitjies skyn. “Daar is dit!” roep die vers-elf, “die soekstof het die steentjie gevind!”
Die prinsie begin eers baie benoud raak omdat die glasdeur gesluit is, maar die elwe laat hulle nie sommer deur ‘n geslote deur stuit nie. Nadat hulle so bietjie by die deur se slot met iets gevroetel het, is die deur oop en almal peul oormekaar om by die laaitjie te kom. Dit is ook gesluit, maar weereens met so bietjie gevroetel is diè ook oop. Ewe triomfantlik styg die stofwolkie uit die oopgetrekde laaitjie op. Dit gloei nou so helder soos ‘n vlam. In die laaitjie is daar ‘n hele klomp edelsteentjies, maar die prinsie herken onmiddelik sy pragtige blou-groen steentjie.
Hy tel dit op en begin spontaan rondhuppel en sing. Die elwe laat natuurlik nie op hulle wag nie. Elkeen begin sing of dans of fluitspeel of wat ookal die tipe ding is wat hy altyd doen.
Almal behalwe die vers-elf. Met ‘n selfvoldane glimlag haal hy die sakkie uit sy broeksak en hou dit oop onder die gloeiende stofwolkie. Laasgenoemde val dan stadig terug in die sakkie. Hy bind die sakkie toe en plaas dit terug in sy broeksak. Dan volg hy die vrolik groepie terug na die venster toe, terwyl hy rympies maak oor die suksesvolle onderneming. natuurlik sorg hy ook dt alles weer geslote gelaat word soos wat dit was.
As mens iewers in ‘n huis in daardie stad sou probeer slaap het daardie aand, sou jy dalk ‘n vrolike gesingery gehoor het, maar die sang is van so ‘n meesleurende aard dat jy sommer so sou omgedraai het en verder geslaap het.
Bygedra deur flippiefanus 

Bygedra deur flippiefanus 






Ierse Gealic is saam met Engels die amptelike landstale van Ierland. Oral sien mens naamborde met beide die Engelse en die Gealic name vir plekke. Dit is egter ‘n moeilike taal en baie min Iere praat Gealic as moedertaal. In Gealic is daar blykbaar nie woorde vir “ja” en “nee” nie.
Bygedra deur flippiefanus
Die Meester van Formaliteite gaan dan voort om versigtig die kosbare doek binne die juweelkissie oop te vou. Die prinsie kan nie meer wag nie, maar wat sal hy sien? ‘n Groen eier met goue patroontjies op. Nou raak die Meester eers weer in vervoering oor die eier. Die prinsie sit rustig terug en onderdruk ‘n sug.